Die ATKV-kampeerterrein in Hartenbos het sy vuurdoop om 4 300 vurige Buffalo Rally-ryers te huisves, blykbaar met vlieënde vaandels geslaag . . . en die Buffers is gek oor die plek!  

Dit was die naweek die 14de agtereenvolgende jaar wat die gewilde Buffalo Rally in Mosselbaai plaasgevind het, maar die eerste keer dat die Buffers op Hartenbos tuisgaan sedert die Santos/De Bakke-kampeerterrein onder private bestuur is en nie meer die ryers kan huisves nie

Die aanvanklike kommer en besware het Saterdag egter letterlik soos die vorige aand se mis en reënwolke voor die son verdwyn toe die ysterperdryers eers hul voete gevind en die omgewing verken het.  Die weer het boonop saamgespeel en die duisende baaikers van regoor die land met tipiese Mosselbaaise son, see en saffier begroet . . . 

Buff2019 Advertiser

Die Buffalo-ryers het gou hul voete gevind in die ATKV-kampeerterrein op Hartenbos. Foto: MB Advertiser. 

"Ons was aanvanklik vies en baie teleurgesteld dat ons nie meer in De Bakke sou tuisgaan nie omdat ons die plek al so goed leer ken het, maar ná die eerste dag se rondvallery om ons "bearings" by die nuwe kampplek te kry, verkies baie van ons eintlik die Hartenbos-terrein omdat alles daar bymekaar is en loopafstand is van winkels en ander geriewe," het 'n groep Kaapse Buffers gesê. 

buff2019 Hein Boshoff

Hoewel die roete van die pretrit vanjaar ietwat verander is, was die tradisionele rit om die Punt weer 'n hoogtepunt. Foto: Hein Boshoff

 Die organiseerders, die Nomads Motorfietsklub, het weer gesorg vir puik organisasie in samewerking met plaaslike owerhede om verkeersveiligheid en orde te handhaaf. Van die hoogtepunte was die kroning van Mej. Buffalo 2019 wat vanjaar deur 'n besoeker van Finland, die pragtige Sara Kauranen, gewen is. 'n Plaaslike Buffer, Bernard Claassen, was die gelukkige wenner van die reuse-kontantprys van R135 000 wat vanjaar op die  spel was.

Buff2019 2

Hoe gelukkig kan een man wees? Bernard Claassen van Mosselbaai word hier deur die beeldskone Mej. Buffalo 2019, Sara Kauranen, geluk gewens met sy droom-kontantprys van R135 000. Abigail Andreas en Shanley van der Merwe was onderskeidelik die eerste en tweede Mej. Buffalo-prinsesse. Grey Stopforth het die foto geneem.

buff2019 18

Die Buffalo-ryers is trots op hul onderskeie motorfietsklubs - soos dié Buffers van die Ulysses-klub in Upington hier wys.

buff2019 12

Die Buffers het heerlik gekuier en opnuut ou baaiker-bande hernu en nuwes gesmee . . . 

buff2019 29

'n Heerlike feesgees het deurentyd geheers en by die biertuin op die ATKV-terrein was dit heeltyd speeltyd . . . 

Só het ons op ons Facebad-blad berig: 

Die 14de Buffalo Rally in Mosselbaai wat vanjaar die eerste keer by die ATKV-oord in Hartenbos gehou is, was volgens alle aanduidings weer 'n DAWERENDE sukses met sowat 4 300 brulperdryers wat vanaf alle uithoeke in die land tot Namibië op Mosselbaai toegesak het vir dié jaarlikse hoogtepunt op die baaiker-kalender . . .

buff2019 6

Brulperde RAAS en hul ryers REV daai masjiene en inwoners van die rustige Hartenbos-kusdorpie het met gemengde gevoelens die vrolike, kleurryke klomp Buffers gade geslaan wat die naweek hul rustige bestaan kom binneval het . . .

Die Buffalo "padbuffels" het egter hul nuwe kampeerterrein in Hartenbos baie geniet en die meeste ryers met wie mosselbayontheline gesels het, het laat blyk hulle verkies eintlik die nuwe oord bo De Bakke omdat "alles so gerieflik bymekaar is" en boonop naby winkels en ander geriewe is . . . 
Mornay Beukes, Hartenbos ATKV se oordbestuurder, het gister 'n dankbare sug van verligting geslaag dat die eerste Rally by dié oord "bo verwagting goed en sonder enige ernstige voorvalle" afgeloop het.

"Ons was maar bekommerd . . . Dit is 'n groot uitdaging om so 'n klomp uitbundige motorfietsryers 'n naweek lank te huisves, maar benewens die geraas-faktor waaraan ons vorentoe beslis aandag sal moet skenk, het alles besonder goed afgeloop en ons is baie dankbaar", het hy gesê.

En wat sê die baaikers? "Dit was uitsonderlik lekker en al was ons bekommerd oor die reënweer wat voorspel is, het Mosselbaai weer sy reputasie gestand gedoen as die dorp met van die lekkerste klimaat en mense in die wêreld!"

Mooi so, Mosselbaai/Hartenbos/Buffers! 
Ons wens al die Buffers 'n veilige terugreis huis toe - en kom weer volgende jaar!

Kyk ook die videos onder die kommentare. Klik op die skakels vir nog foto's en videos. 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2379330828964837?

Hartenbossers het die naweek die "voorreg" gehad om eerste die "magtige dreuning" van sowat 4 300 kragtige ysterperde te beleef . . .

Die buffers het van van alle uithoeke in die land gekom en soos gewoonlik, het Mosselbaai sy dreigende reën- en wolkekombers weer oopgetrek om die besoekers met tipiese Mosselbaaise gasvryheid, sonskynweer en wêreldberoemde natuurskoon te verwelkom vir 'n baie geslaagde Buffalo Rally 2019 by die ATKV-oord in Hartenbos . . .

Mense soek deesdae nie lang stories nie, so ons plaas soos gebruiklik weer die nuus stuk-stuk in beeld vir dié wat dit misgeloop het . . . 
Só het dit gister gelyk by die wegspringpunt vir die massa-rit vanaf Hartenbos na die Punt . . . en Hartenbos sal glo NOOIT weer dieselfde wees nie 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2379311158966804?

 
 
  • Baie Hartenbossers weet glo nie WAT hulle die naweek getref het nie . . . maar die baaikers glo die klakouse gaan nog baie lief raak vir hulle namate hulle die Buffers leer ken . . . 
Andé Lombard het 'n paar lukrake videotjies van die Buffer-brigade geneem vir dié wat dit misgeloop het:

https://web.facebook.com/…/pcb.10212033…/10212033211620435/…

https://web.facebook.com/…/pcb.10212033…/10212033213260476/…

https://web.facebook.com/…/pcb.10212033…/10212033212260451/…

Related Articles: