Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand . . . ?

bay4

C. Louis Leipoldt het destyds in sy gedig na die ontwaking van die lente/somer ná die koue winter verwys en natuurgewys stem ons saam met hom . . . maar ons wonder wat hy sou gesê het as hy vandag nog geleef het oor die bloedige geweld wat dié mooi maand tot dusver in dié mooie land oplewer . . .

bay14

Die grootste brandstofprysverhoging nóg is vandag ingestel en as dit nie treine is wat aan die brand gesteek word nie, is dit kinders wat verkrag en vermoor word of weerlose bejaardes wat wreed aangeval word vir 'n selfoon of beursie . . . 


Ook Mosselbaai spring nie die stygende misdaad vry nie . . . deesdae sommer helder oordag. Op sosiale media gons dit soos die onderskeie buurtwaggroepe hul lede waarsku en op hoogte hou van ongewenste en verdagte karakters in woonbuurtes . . . en 'n beroep op inwoners doen om aan te sluit om hul woonbuurt te help beveilig - dag en nag. Op een groep is vandag gewaarsku dat daar in een week meer voorvalle van gewapende huisroof was as op die SAPD se hele maandelikse voorvallys . . . 

inbrakeinbrake1

Handwapens soos dié mes en byl word deesdae gereeld op huisbraak-tonele in Mosselbaai aangetref . . . 

 

En dit raak net erger

Terwyl almal ekonomiese groei en ontwikkeling voorstaan, kan 'n mens nie help om bekommerd te raak oor die implikasies van sulke ontwikkelings op Mosselbaai se infrastruktuur, padverkeer en natuur nie . . . veral die feit dat Mosselbaai nou oral as die nuwe brandpunt van ekonomiese groei in die Suid-Kaap bemark word en dus werksoekers van regoor die Suid-Kaap (en res van land) hierheen gaan lok . . .

Saterdag is 'n seremoniële sooispit-seremonie langs die PetroSA-aanleg gehou waar 'n massiewe chemiese aanleg van R1 miljard nou gebou gaan word om verskeie chemiese stowwe te vervaardig . . . Dié aanleg gaan glo werk aan minstens 3 000 mense verskaf.

sooisoit

Tydens die seremoniële sooispit-seremonie vir 'n R1 miljard chemiese aanleg wat glo volgende jaar al langs PetroSA gebou gaan word. Van links is Lee Norman, voorsitter van Ikusasa Process Engineering Consultants, André Theunissen, ’n direkteur van Ikusasa, Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, Harry Levendal, Mosselbaai se uitvoerende burgemeester en Shadrack Tshikalange, bestuurder van die Transnet-Mosselbaai-hawe.

      Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en wat is die implikasies?

Twee weke gelede is 'n afvaardiging van die omstrede departement van landbou, bosbou en seevissery (DAFF) wéér deur die Mosselbaai munisipaliteit genooi om plaaslike vissers in te lig oor die moontlikhede van akwaboerdery en gevra om hulle solank te posisioneer ingeval akwaboerdery 'n werklikheid in Mosselbaai word . . . 
Opvallend en uiters ontstellend van albei beplande ontwikkelings is die algehele gebrek aan deursigtigheid en die spoed waarmee dit oënskynlik deurgestoomroller word.

fish farms sea cages Japan

1. Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en aan wie gaan werk verskaf word by so 'n aanleg wat ooglopend kundige, opgeleide personeel noodsaak? Waar is die publieke deelname-proses en omgewingsimpakstudie vir so 'n chemiese aanleg - en dit nogal reg langs 'n olie-raffinadery en wat is die gevare en impak op nabygeleë inwoners?

chemical plant

2. Ons het reeds in vroeëre berigte beklemtoon dat terwyl ander kusdorpe in hewige hofsake met DAFF gewikkel is oor die onwettige wyse waarop toestemming vir akwaboerdery toegestaan word en die impak wat dit op die see, toerisme en marienelewe het, die einste DAFF na Mosselbaai genóói word om 'n omgewingsimpakstudie te kom doen . . . en hoop en verwagting voortydig by inwoners geskep word.

https://www.change.org/p/daff-save-langebaan-lagoon-from-a-potential-aquaculture-disaster

WIE is die applikant wat veronderstel is om self 'n omgewingsimpakstudie te doen en wie gaan die ONafhanklike studie doen as DAFF sommer alles self doen? Iewers is iets BAIE verkeerd en inwoners het nie 'n idee wat beplan word nie.

Word vinvis-hokke steeds oorweeg, of is dit hoofsaaklik oesters en mossels (skulpvis) wat beplan word? Hoekom word inwoners NOU al ingelig en voorberei as daar nog nie eens sprake van 'n ONafhanklike omgewingsimpakstudie is nie?


Het inwoners werklik géén seggenskap meer oor wat in die dorp beplan word en watter impak dit gaan hê nie?

 Die vrae is legio terwyl die politici al hoe meer swyg . . . en DAFF-amptenare blykbaar sélf agter die grootste sindikaat van perlemoensmokkelary in die Wes-Kaap sit . . . ? 


abalone1

Gestroopte perlemoen ter waarde van dermiljoene rande word feitlik weekliks in die Wes-Kaap gekonfiskeer . . . maar elke keer word dit ook uit die "stoorplek" gesteel . . . ? 


Lees gerus hier meer: 


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

https://www.timeslive.co.za/.../2018-06-13-government.../

https://www.timeslive.co.za/.../2018-08-18-robbery.../

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/143-a-fishy-farce-is-…

 

 Só het Die Burger vandag berig oor die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard . . . en niemand weet watter chemiese prosesse en produkte ter sprake is nie . . . ?

Aanleg van R1 mjd. kom in S-Kaap

As deel van ’n belegging van R1 miljard in die Suid-Kaap gaan ’n chemiese aanleg langs PetroSA se aanleg in Mosselbaai ontwikkel word.
Volgens die Garden Route-distriksmunisipaliteit is die belegging ’n uitvloeisel van die eerste Garden Route Investment-konferensie wat in Maart vanjaar gehou is.
Die belegging van R1 miljard, en 3 000 werkgeleenthede oor die volgende vyf jaar, volg op onderhandelings en ’n memorandum van verstandhouding wat die distriksmunisipaliteit in Augustus vanjaar met Ikusasa Processing Engineering Consultants onderteken het.

Een van die distriksmunisipaliteit se eiendomme langs PetroSA in Mosselbaai gaan op lang termyn aan Ikusasa verhuur word. Ikusasa sal daar ’n chemiese aanleg vir die hout-, water- en tekstielbedryf ontwikkel.

PetroSA aanleg

Die omstrede bankrot staatsbeheerde PetroSA wat glo gaan baat vind by die nuwe chemiese aanleg van R1 miljard wat op die perseel langsaan gebou gaan word . . . maar geen aanduiding word gegee oor presies watter chemiese stowwe vervaardig gaan word en wat die moontlike gevare/impak gaan wees nie? Dit gaan glo werk aan 3 000 mense verskaf, maar is dit vir plaaslike inwoners of gaan deskundiges moet ingebring word? En niemand weet wat by PetroSA aangaan nie.
http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/120-petrosa-olie-op-die-water-van-n-eend-se-rug



Die aanleg sal na verwagting teen die einde van 2019 in bedryf wees, sê die distriksmunisipaliteit in ’n verklaring.
Memory Booysen, burgemeester van die Tuinroete-distrik, het Vrydag op die sooispit-geleentheid gesê die proses sal bespoedig word omdat die distriksmunisipaliteit met die Mosselbaaise munisipaliteit saamwerk.

“Ons het ander ekonomiese ontwikkelings in Kouga, Richardsbaai en Saldanha gesien – nou is dit tyd vir ontwikkeling hier.”
Volgens Booysen sal ’n nuwe stortingsterrein vir die streek op dieselfde grond tot stand gebring word.
Die ligging van die eiendom langs PetroSA hou baie voordele in, sê hy. Daar sal ’n noue samewerking met PetroSA wees en spesifieke produkte sal ook aan PetroSA verskaf word. In- en uitvoer sal deur die Mosselbaaise hawe geskied en dit sal ook die plaaslike ekonomie ’n hupstoot gee. Die hawe is minder as 10
km ver.
Volgens Nicholas Ramkumar, ’n direkteur van Ikusasa, is die langtermynplan om die chemiese aanleg in ’n wêreldklas-produksiemaatskappy te omskep. Daar is groot potensiaal om Mosselbaai in ’n mekka vir in- en uitvoer te verander.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, het ook die ontwikkeling verwelkom. Hy sê hy is baie dankbaar teenoor die distriksmunisipaliteit vir sy pogings om beleggings na die streek te lok.

Kyk ook hier op ons FB-blad na pragfoto's van Mosselbaai . . . vir hoe lank nog?https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2257172001180721?

Verwante artikels - lees ook:


http://www.mosselbayontheline.co.za/…/122-daff-officials-be…

https://www.timeslive.co.za/.../2018-06-13-government.../

https://www.timeslive.co.za/.../2018-08-18-robbery.../

http://www.mosselbayontheline.co.za/…/143-a-fishy-farce-is-…

 
Related Articles: