In 'n meningspeiling wat Maroela Media vandeesweek gedoen het oor wat lesers beskou as die grootste oorsaak van die verval van die land, het verreweg die meeste lesers politici uitgewys as die grootste sondebokke - meer as werkloosheid, misdaad en armoede.

Die rol van party-politiek in plaaslike regering en hoe dit gemeenskappe benadeel, word ook al hoe meer bevraagteken. Die publike soek toenemend groter insae en moniteringsfunksies in munisipale besluite en die aanwending van die begroting omdat "munispale bestuurslui die gemeenskap moet dien en nie hul eie sakke en politieke loopbane moet bevorder nie".

Die streng nuwe maatreëls ten opsigte van munisipale kostebesparing wat die minister van finansies, Tito Mboweni, ingestel het, is wyd verwelkom omdat dit hopelik sal voorkom dat belastingbetalers se geld langer misbruik word. Mboweni het die nuwe kostebeparingsregulasies op 7 Junie in die Staatskoerant gepubliseer. Dit tree op 1 Julie 2019 in werking en hou onder meer verband met die gebruik van ampsmotors, kredietkaarte, reis en verblyf, borgskappe, funksies en spyseniering, asook die aanstel van konsultante. * Berig onderaan. 

Tito Mboweni.1jpg

In die gewilde RSG-radioprogram Praat Saam met die bekroonde radio- en TV-joernalis Lynette Francis op 5 Junie 2019 is die kwessie van wanadministrasie en party-politiek in plaaslike owerhede, asook die rol van raadslede en die publiek se frustrasies kaalvuis bespreek. Gassprekers en inbellers het nie geskroom om te erken dat party-politiek NIE in munisipaliteite hoort nie en meesal ten koste van die belange van die gemeenskap is.

Lynette Francis1

Een inbeller, Steve Dreyer van die Strand, met jare lange ervaring in plaaslike en provinsiale bestuur, het gesê: "Niemand kon my nog oortuig hoekom munisipale raadslede op politieke grondslag verkies moet word nie. Munisipaliteite werk met water, riolering, strate en ligte. Wat maak dit saak aan watter politieke party jy behoort om hierdie goed vir jou gemeenskap te doen? Lede van belastingsbetalersverenigings moet self kandidate benoem, want hulle weet wie die werk doen.  

"Ek dink alle nonsens op plaaslike regeringsvlak het begin sedert raadslede op politieke grondslag gekies word en hemelhoë salarisse betaal word."

In die radioprogram is gefokus op die plaaslike verkiesing van 2021 en wat die rol van raadslede en plaaslike regering is  in die uitvoering van nasionale beleid. Wanadministrasie, korrupsie en munisipaliteite wat onder administrasie geplaas moet word, is besig om die land lam te lê. Dit volg ook ná Woensdag se bloedbad in die munisipale raadsaal in Vryburg, Noordwes, toe oproeriges ingestorm en verskeie raadslede met messe en gordelgespes toegetakel het. Cliffton Groep, speaker van die Naledi-munisipaliteit wat die gebied bedien, en verskeie ander raadslede moes hospitaalbehandeling vir die messteke en oop wonde ontvang. Lede van die vakbond Samwu is glo vir die aanval op raadslede verantwoordelik omdat kontrakwerkers vaste aanstellings by die munisipaliteit geweier is weens geldtekorte. 

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/kyk-chaos-na-mesaanval-op-raadsvergadering-20190613?f

Politieke aanstellings en die verantwoordelikhede van raadslede is bespreek en van die vrae wat na vore gekom het, is: "Het ons hoegenaamd raadslede nodig? Hulle is 'n nul op 'n kontrak."

"Hoe het dit gekom dat burgemeesters soveel geld verdien - vroeër was dit 'n eer om die gemeenskap te dien en het dit niie oor geld gegaan nie." 

"Eers wanneer die hemelhoë salarisse en vergoedingspakkette wat raadslede verdien, weggeneem word, sal die ware leiers wat die gemeenskap WIL dien na vore kom."

 

Herman Bailey1  Harlan Cloete

Herman Bailey (links), voormalige uitvoerende burgemeester van die Drakenstein Munisipaliteit en dr. Harlan Cloete, buitengewone lektor aan die US se skool vir publieke leierskap, was die gassprekers op die Praatsaam-program. 

Van die punte wat bespreek is, is die publiek se frustrasie met raadslede wat nie hulle kant bring nie; ontnugtering oor die hemelhoë salarisse/vergoedingspakkette wat munisipale bestuurslede deesdae verdien ongeag hul prestasie; die gebrekkige kommunikasie, ondeursigtigheid en arrogansie van munisipaliteite om lede van die publiek in die duister te hou oor belangrike aangeleenthede; en die politieke magspeletjies in raadsbesluite sodat die belange van die heersende politieke party bo die belange van die gemeenskap gestel word. Groter deursigtigheid, insae en deelname deur die publiek word onder meer geëis.

Sterk kritiek is ook uitgespreek dat raadsvergaderings voorafgegaan word deur koukusbesluite van die heersende politieke party sodat raadsvergaderings eintlik 'n klug is omdat die besluite reeds geneem is. Alternatiewe standpunte en voorstelle van ander raadslede word dus bloot verwerp, hoewel dit dikwels tot groter voordeel van die gemeenskap is.

"Raadslede glo hulle kan maak en breek soos hulle wil. Hulle het nou belangriker geword as die mense wat hulle dien."

Groter insae en die monitering van die begroting en projekte deur die gemeenskap is ook bepleit. 

Luister gerus hier na twee potgooi-uitsendings waarin die kookwater-joernalis en aanbieder van Fokus op SABC2 en Praat Saam op RSG, Lynette Francis, dié omstrede onderwerp kaalvuis takel. 

Lynette Francis op Praat Saam - Dis die een. 

Lynette Francis 4

 

Potgooi - praat saam met Lynette Francis.

   

Stokkie voor dié soustrein wyd verwelkom

Deur Philda Essop 12 Junie 2019 21:19

Die stokkie wat voor die “munisipale soustrein” gesteek is, is Woensdag wyd verwelkom omdat dit ’n einde kan bring aan die misbruik van belastingbetalersgeld wat in sommige gevalle “verregaande en totaal ongeregverdig” is.

Stemme het ook opgeklink dat die munisipale kostebesparingsregulasies wat op 1 Julie van krag word na álle regeringsvlakke uitgebrei moet word.

Tito Mboweni, minister van finansies, het die streng nuwe regulasies vir kostebeparing op 7 Junie in die Staatskoerant gepubliseer. Dit hou onder meer verband met die gebruik van ampsmotors, kredietkaarte, reis en verblyf, borgskappe, funksies en spyseniering en konsultante.

Tito Mboweni minister van finansies

Die regulasies bepaal onder meer dat:

  • ’n Amptenaar of politieke ampsdraer van ’n munisipaliteit gebruik moet maak van die munisipale vlootmotors
    voordat uitgawes aangegaan word om ’n motor te huur; dat daar van openbare vervoer of pendeldiens gebruik gemaak moet word as die koste van só ’n diens goedkoper is as om ’n motor te huur, die koste van die kilometers wat geëis kan word deur ’n amptenaar of politieke ampsdraer en die koste van parkering.
  • Die perk vir die aankoop van motors vir gebruik deur politieke ampsdraers nie R700 000 of 70% van hul totale
    jaarlikse vergoedingspakket vir eie verskillende grade van munisipaliteite oorskry nie;
  • Geen kredietkaarte sal voortaan deur munisipaliteite aan enige amptenaar, politieke ampsdraer of direksielede van munisipale entiteite uitgereik word nie;
  • Vliegkaartjies in ekonomiese klas sal vir alle vlugte van vyf ure en minder gekoop word;
  • Spysenieringskoste mag aangegaan word vir vergaderings, konferensies, werksessies, kursusse ensovoorts, mits dit langer as vyf ure lank duur.
  • Munisipaliteite mag nie alkohol koop nie tensy die koste van die verkoop daarvan verhaal word.
  • Vermaaklikheidstoelaes vir kwalifiserende amptenare mag nie meer as R2 000 per jaar beloop nie.
  • Die verantwoordbare beampte moet verseker dat toelaes aan amptenare vir private oproepe en datakostes beperk word tot ’n bedrag soos vasgestel is deur die aanspreeklike beampte in die kostebesparingsbeleid van die munisipaliteit of munisipale entiteit; en
  • Die advertering van munisipale verwante aktiwiteite asook die gebruik van konsultante word ook beperk.

Kevin Allan, besturende direkteur van Municipal IQ, het Woensdag by navraag gesê dié regulasies is “tydig en noodsaaklik” omdat daar baie misbruik van geld op munisipale vlak wat soms “verregaande en totaal ongeregverdig” is.
Hy het die baie spesifieke besonderhede in die regulasies verwelkom. “Die besonderhede wat in die regulasies uiteengesit word, is belangrik. Hoe meer besonderhede daar is, hoe beter, want dit beteken daar is minder kans vir mense om te sê daar is ’n grys gebied in die regulasies. Ek hoop dat dit sal werk juis omdat die regulasies so spesifiek is.”

Nóg ’n rede waarom Allan dink die regulasies sal werk, is vanweë die verantwoordelikheid wat dit op die aanspreeklike beampte plaas. “Daar is een spesifieke klousule in die regulasies wat lui dat die aanspreeklike beampte én die
oortreder verantwoordelik gehou sal word as die regulasies oortree word.”

Die ander goeie aspek van die regulasies is volgens Allan dat munisipaliteite verplig word om ’n kostebesparingsbeleid te hê en dat dit op sy webwerf gepubliseer moet word.

“As jy dus sien dat ’n burgemeester van 'n arm dorp met ’n Porche Cayenne rondry, kan jy gaan vasstel wat die kostebeparingsbeleid van daardie spesifieke munisipaliteit bepaal.”

Die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid het ook die vasklamping op die “burgemeesterssoustrein” en
ander verkwistende uitgawes deur munisipaliteite verwelkom. Geoff Jacobs, president van die kamer, het die
regulasies as die “beste nuus in weke” beskryf. “Bykans twee derdes van ons munisipaliteite is wanfunksioneel
of in finansiële nood en dit is hoog tyd vir ferm optrede.”

gravy train

Met verwysing na die R17 miljard wat munisipaliteite aan Eskom skuld, het hy gesê dit lyk asof baie munisipaliteite geld vir elektrisiteit invorder, maar dit word bestee aan ander projekte “wat nie net verkeerd is nie, maar ook oneerlik”.

Mohammed Lorgat, direkteur van ouditondersteuning by die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie (Salga) het gesê die organisasie steun oorhoofs die regulasies en verstaan die rasionaal daaragter. 

“As ons kan koste sny, is dit goed. Dit kan egter nie een grootte wees wat almal pas nie. Die gebruik van openbare vervoer kan in metro’s werk omdat dit stelsels goed ontwikkel is, maar dit kan dalk nie werk in die Gariep-distriksmunisipaliteit waar die afstande groot is en die enigste vorm van openbare vervoer ’n taxi is nie.”

Hy glo egter dat die regulasies ook op sowel provinsiale as nasionale vlak van toepassing moet wees.

Dié standpunt word ook deur die DA gesteun.
Geordin Hill-Lewis, DA-LP, het die nuwe regulasies verwelkom, maar glo dit moet verder as munisipaliteite strek. Hy beplan om aan Mboweni te skryf daaroor.
“Strenger kostebesparingsmaatreëls behoort uitgebrei te word na alle regeringsfere en staatsentiteite en daar behoort werklike gevolge te wees vir mislukking om daaraan te voldoen.

“Met baie nuwe ministers en adjunkministers sal daar ’n spul bestellings vir duur nuwe motors en opknappingswerk by kantore en huise wees. Dit behoort nou stopgesit te word.”

https://www.netwerk24.com/Nuus/Politiek/stokkie-voor-die-soustrein-wyd-verwelkom-20190612

 Verwante artikels:

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/wat-gaan-agter-die-skerms-aan-en-hoekom-die-geheimhouding

 

Related Articles: