Oyster World Property Pointer Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Delfinos.Passion for food-Passion for life Wolwedans Game Farm Skorpios Security Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

Mosselbaai en die Suid-Kaap het vandag wéér gebrand, maar dié keer het niemand die vlamme probeer blus nie - eerder gehelp om dit te stook . . . vlamme van hoop, geloof en liefde wat deur tien rooi trokke aangevuur is.


Burre Arne Muller10
Die Burre Burger-droogtehulpprojek is besig om die land aan die brand te steek en elke dorp ROOI te verf met die Rooi Konvooi-vragmotors wat duisende ton mielies of voer vir moedelose boere aanry . . . 

Burre Arne Muller6

In Mosselbaai het dié vloot van tien vragmotors met hul kosbare vrag van 350 ton mielies mense sedert Dinsdagaand aangegryp en die harte en beursies opnuut laat oopmaak. Die internet het gesuis soos emosionale boodskappe, gebede en dankbetuigings ingestroom het en oral het almal hulp aangebied.

Burre Arne Muller7

Miskien, net miskien, het Burre Burger se geloofsdaad om boere in nood te probeer help, 'n vonk aangesteek in die land wat vuisvoos landsburgers op die regte tyd op die regte plek getref het - KOLSKOOT in die hart!

Burre Arne Muller8





GOOI MIELIES! STROME VAN SEëN VAN BO


Burre Arne Muller1

 Só het dit begin: 

 7 Augustus 9:41 nm

Reën, reënboë en boere wat lag. Gooi Mielies! 

Dit het lekker gereën en wat 'n mooi gesig toe die Rooi Konvooi-droogtehulpspan van Burre Burger vanaand Mosselbaai se sopnat paaie binne-brul met 350 ton mielies vir skaap- en beesboere in die omgewing!

Burre 4

Die tien blinkrooi trokke - geborg deur Blinkwater Meule op Middelburg - en gelaai met sakke mielies wat deur die Fochville-gemeenskap geskenk is, het eers skuins na 21:00 uiteindelik in Mosselbaai aangekom. Die mielies sal môre-oggend onder boere van Vleesbaai, Albertinia, Mosselbaai, Groot-Brakrivier tot in Riversdal uitgedeel word.

Burre laaste

Volgens Frans Jacobs, Burre se vennoot in beheer van die vervoerreëlings, was dit die vierde konvooi veevoer wat tot dusver danksy ruim skenkings en borgskappe aan Suid-Kaapse boere gelewer kon word.

Foto: Mosselbaaiers Renier van Rooyen en Betsie Nieuwoud (hier by Burre Burger afgeneem) was Woensdagoggend vroeg by Cobra Fuel & Transport om hulp en ondersteuning aan te bied. Renier het in 'n gebed sy seën oor die projek en alle betrokkenes uitgespreek en Betsie het spesiaal kospakkies vir die trokbestuurders ingesamel en gebring. 

Burre en RenierBurre laaste1

Altesame 37 trokke is tot dusver goedgunstiglik deur besighede beskibaar gestel en die dieselkoste van dié laaste konvooi alleen beloop sowat R250 000. Mosselbaai UD Nissan, Cobra Fuel & Transport en talle ander besighede dra ook mildelik by met dieselkoste, trokke, huisvesting en ander noodsaaklikhede om hul steun aan dié grootse gemeenskapsprojek ten bate van boere te bewys.


Burre Arne Muller3

Wat 'n wonderlike gemeenskapsprojek en 'n riem onder die hart in dié spanningsvolle tye in die land!

Burre arneBurre arne1

Die internet het behoorlik gegons! Só het Arne Muller van Mosselbaai, van wie se mooi foto's ons ook hier plaas, gister op FB gesê:

 
 
Arne Muller is with Burre Burger and Emile Meyer.
16 hrs
 

Today i am feeling proudly South African. We have one of the worst droughts ever in Mossel Bay area. Farmers from elsewhere in the country send over 300 tons of maize to our town to help. Thank you !!!!!!

 
 
Eerste mielies word oorhandig op Groot-Brakrivier:  Foto's: Arne Muller


Burre Arne Muller

Burre Arne Muller4




 8 Augustus 11:01 nm

Het jy al 'n boer sien lag . . . ?

Die Suid-Kaap BRAND! Tien brandrooi-trokke het gisteraand die dorp ingevaar en vuur gestook sover hulle gaan . . . en die vlamme versprei nou vinnig Weskus toe, terwyl dit plek-plek ook elders in die land brand . . .

Burre Arne Muller5

'n Boer maak 'n plan . . . en as geweldenaars die land begin brandsteek en boere sukkel om te oorleef, tel hy ook 'n fakkel op en stook vure wat helderder brand en almal aansteek - vlamme van hoop, geloof en liefde.


Burre boerevreugde

Die Burre Burger Droogtehulpprojek het vandag behoorlik vlamgevat in die Suid-Kaap en soos 'n veldbrand deur die land versprei en ongekende reaksie van oral ontlok. 

Derduisende mense het op sosiale medianetwerke foto's, gebede en boodskappe van dank en bemoediging aan Burre en sy span gedeel. Ons eie FB-blad het ook ontplof en teen gisteraand het bykans 40 000 mense reeds op dié blad die Rooi Konvooi-span van HOOP leer ken en sterkte toegewens.


Burre5

Burre het met dié nederige geloofsdaad waarmee hy verlede jaar begin het om boere in droogtegeteisterde gebiede te help, 'n vonk van hoop aangesteek - die liggie in die donker waarop sy vuisvoos medelandsburgers gewag het. As daar dan teen vuur en vlamme geveg moet word, is daar mos 'n ander vuur wat sterker brand en vinniger versprei as enige veldbrand . . . en Burre het sy landgenote net weer herinner en gewys hoe dit werk. Boere en mense regoor die land het hul harte en beursies oopgemaak soos selde laas gesien is en die hulp en skenkings bly instroom asof uit 'n onuitputlike bron . . . 


Dié Burre-boereprojek is voorwaar geseën.

Burre arne2

Dit was vandag 'n wonderlike gesig om al die Mosselbaaiers en Suid-Kapenaars se opgewondenheid en die boere se dankbaarheid en nuwe moed te beleef - al was dit net deur foto's, videos en kommentare op sosiale media . . .

Een Mosselbaaier, Betsie Nieuwoud, het soos volg berig: 

 
 

Ek was vanoggend by Cobra Transport om die Rooi Konvooi te ondersteun. Dit was ongelooflik. Daar is soveel mense om voor dankie te sê. Vir Burre en sy span. Blinkwater Meule en die vragmotor bestuurders. Maar vandag wil ek van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê aan al hierdie mense se familie. Ma...pa...boetie...sussie....vrou en kinders elkeen wat agter bly terwyl hulle lang ure op die pad is.... Dankie dat julle hulle vir ons leen om soveel HOOP VIR ONS BOERE TE BRING. Dankie vir julle ondersteuning....liefde.. en geduld.... Dankie dat julle hulle toelaat om hierdie werk te doen. Mag die Heer elkeen seën en veilig toevou in Sy Vaderhand.
Wil ook net vir VREDEBEST dankie sê vir die spesiale prys op die sakkies asook die pak chocolates so ook vir D.I.Y.DEPOT vir die blikkies koeldrank.

 
 

Vandag se tien vragte mielies wat aan Suid-Kaapse boere uitgedeel is, was die 837ste vrag voer aan boere sedert Maart verlede jaar, het Frans Jacobs laat weet wat die projek se vervoerdienste hanteer. 
En môre ry nóg 'n konvooi van tien trokke wat deur Hartswater Tafelronde gereël is, na Gamoep in Namakwaland om daar nóg boere te gaan help.

Burre Arne Muller9


En terwyl Burre en sy spanlede vandag in die Suid-Kaap was, is daar ook 'n vrag voer in Viljoenskroon in die Vrystaat gelaai en môre word 'n vrag mielies in Cedarville in die Oos-Kaap gelaai . . . alles danksy ruimhartige skenkings en steun van boere en mense wat WIL help . . .

 Die vonk het vlamgevat . . . en hoe meer mense se flou vlammetjie van hoop weer brandgesteek word, hoe meer stroom die hulp en skenkings in . . .

Strome van seën van Bo . . . 

En só word 'n land mos gered van ondergang . . . ?

Kyk ook dié video waarin Burre self praat en almal bedank.


 

Wie't nou weer gesê Suid-Afrikaners kan nie saamstaan nie? 

Daar gaan hulle weer - tien trokke van HOOP wat soos 'n veldbrand deur die land versprei . . . 

Nog foto's op ons FB blad: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2216570701907518

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2217793745118547

 

 

 

Related Articles:

Onthou: Kyk hoe verduister die maan

Die langste algehele maansverduistering van die 21ste eeu sal Vrydagaand voorkom en dit sal oor die hele Suid-Afrika te sien wees. So ’n lang en algehele maansverduistering sal nie weer voor 2100 voorkom nie.

Sterrekundiges het uitgewerk presies hoe lank die maansverduistering sal duur: Een uur, 42 minute en 52 sekondes. Die algehele verduistering sal van 21:30 tot 23:13 duur. Die hele gebeurtenis sal egter langer wees.

Die weer gaan ongelukkig nie oral saamspeel nie, luidens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se voorspelling vir 20:00 Vrydagaand. 

Kaapstad, die Boland en die Weskus: Gedeeltelik bewolk met reën. * Pretoria: Geen reën, geen wolke. * Johannesburg: Geen reën, geen wolke. * Polokwane: Geen reën, geen wolke. * Musina: Geen reën, geen wolke. * Mbombela: Geen reën, geen wolke. * George: Bewolk met reën. * Port Elizabeth: Bewolk met reën. * Bloemfontein: Geen reën, moontlik wolke. * Upington: Geen reën, moontlik wolke. 

maansverduistering



In ’n sonsverduistering beweeg die maan tussen die son en die aarde in en blokkeer sonlig op ’n deel van die aarde.

In ’n totale maansverduistering beweeg die aarde tussen die son en die maan in en blokkeer só die maanlig. Wanneer dit gebeur, verander die maan se kleure in oranje tot dieprooi en dit word nie heeltemal donker nie.

Verstrooide straling van die son wat deur die atmosfeer beweeg, baai die maan in dié kleure. Dit is dieselfde straling wat ’n sonsondergang rooi maak. Volgens Space.com sal die maansverduistering so lank duur omdat die maan deur die middel van die umbra (volskaduwee of kernskaduwee) sal beweeg. Meestal is dit so effens meer aan die kant daarvan.

Nog ’n rede waarom dit so lank sal duur, is omdat daar ’n apogee is. Dit beteken dat die maan op dié datum op sy verste van die aarde af is in sy maandelikse wentelbaan. Spesiale geleenthede waarheen mense uitgenooi word, is onder meer:

  • Kaapstad: Die V&A Waterkant en die Assa-tak in Kaapstad nooi mense om na die Waterkant te gaan sodra die son gesak het teen 18:00. Daar sal kenners wees om mee te gesels, asook teleskope om deur te kyk.
  • Johannesburg: Die Astronomiese Vereniging van Suider-Afrika (Assa) se tak in Johannesburg nooi mense om van 18:00 tot ná die verduistering by die ou Observatorium op die koppie by Gillstraat 18 in Observatory byeen te kom. Daar sal teleskope wees en vuur gemaak word.
  • Overberg: Die Suid-Kaapse Astronomieklub nooi mense om op Pearly Beach te kuier.
  • Stellenbosch: Die Orion-observasiegroep se kaartjies is ongelukkig reeds uitverkoop.
  • Magaliesburg: Daar sal ’n praatjie en teleskope wees by die MelonRouge-restaurant. Dit kos R150 per persoon.
  • Pretoria: Rietvlei-natuurreservaat, teen R100 per persoon. Mense kan van 18:00 af by die hek ontmoet.
  • Bloemfontein: Die Vriende van Boyden-observatorium nooi mense om van 18:00 af by die sterrewag langs Maselspoort byeen te kom. Toegang is R50 per motor en verversings sal te koop wees.

    https://www.netwerk24.com/Nuus/Wetenskap/onthou-kyk-hoe-verduister-die-maan-20180726https://www.netwerk24.com/Nuus/Wetenskap/onthou-kyk-hoe-verduister-die-maan-20180726


    Volg dit ook hier: https://weather.com/news/trending/video/watch-longest-total-lunar-eclipse-of-century-live




'Blood moon' eclipse and red planet pair up to dazzle SA skygazers tonight

 
27 July 2018 - 06:00BY AFP AND TIMESLIVE
A "super blue blood moon" is seen over Los Angeles, California on January 31, 2018. The longest "blood moon" eclipse this century will coincide with Mars' closest approach in 15 years to offer skygazers a thrilling astronomical double bill on Friday, astronomers say. For about half the world, the moon will be partly or fully in Earth's shadow for about six hours.
A "super blue blood moon" is seen over Los Angeles, California on January 31, 2018. The longest "blood moon" eclipse this century will coincide with Mars' closest approach in 15 years to offer skygazers a thrilling astronomical double bill on Friday, astronomers say. For about half the world, the m


A "super blue blood moon" is seen over Los Angeles, California on January 31, 2018.
The longest "blood moon" eclipse this century will coincide with Mars' closest approach in 15 years to offer skygazers a thrilling astronomical double bill on Friday, astronomers say. For about half the world, the moon will be partly or fully in Earth's shadow for about six hours. 

Image: Robyn Beck / AFP


The longest "blood moon" eclipse this century will coincide with Mars' closest approach in 15 years to offer skygazers a thrilling astronomical double bill on Friday, astronomers say.

According to the Astronomical Society of Southern Africa (Assa)‚ it will start at around 8.24pm and last until just after midnight the following morning.

The period of complete eclipse - known as "totality", when the moon appears darkest - will last from 9.30pm to 11.13pm.

A timeline of the lunar eclipse that will happen on July 27, 2018.
A timeline of the lunar eclipse that will happen on July 27, 2018. 
Image: Astronomical Society of Southern Africa

 

 

At the same time, Mars will hover near the moon in the night sky, easily visible with the naked eye.

Our neighbouring planet will appear unusually large and bright, a mere 57.7 million kilometres from Earth on its elliptical orbit around the sun.

"We have a rare and interesting conjunction of phenomena," Pascal Descamps, an astronomer with the Paris Observatory, said.

"We should have a coppery red tint on the moon with Mars the 'Red Planet' just next to it, very bright and with a slight orange hue itself."

Amateur astronomers in the southern hemisphere will be best-placed to enjoy the spectacle, especially those in southern Africa, Australia, India and Madagascar, though it will also be partly visible in Europe and South America.

Celestial bodies align

A total lunar eclipse happens when Earth takes position in a straight line between the moon and sun, blotting out the direct sunlight that normally makes our satellite glow whitish-yellow.

The moon travels to a similar position every month, but the tilt of its orbit means it normally passes above or below the Earth's shadow -- so most months we have a full moon without an eclipse.

When the three celestial bodies are perfectly lined up, however, the Earth's atmosphere scatters blue light from the sun while refracting or bending red light onto the moon, usually giving it a rosy blush.




It's not often that we get a chance to see our planet's shadow, but a lunar eclipse gives us a fleeting glimpse.

This is what gives the phenomenon the name "blood moon", though Mark Bailey of the Armagh Observatory in Northern Ireland said the colour can vary greatly.

It depends partly on "how cloudy or transparent those parts of the Earth's atmosphere are which enable sunlight to reach the moon", he said.

"During a very dark eclipse the moon may be almost invisible.

"Less dark eclipses may show the moon as dark grey or brown... as rust-coloured, brick-red, or, if very bright, copper-red or orange."

The long duration of this eclipse is partly due to the fact that the moon will make a near-central passage through Earth's umbra -- the darkest, most central part of the shadow.

'Eerie and beautiful' 

Our constant companion will also be at the farthest point on its orbit from Earth, making its movement across the sky slower from our perspective, thus spending longer in the dark.

NASA, meanwhile, has called out social media hoaxers claiming that Mars will appear as big as the moon during the eclipse.

"If that were true, we'd be in big trouble given the gravitational pulls on Earth, Mars, and our moon!" the NASA website states.

Mars will more likely appear as a very bright star, and viewers will need no protective eye gear.

"All you have to do is dress warmly and go outside!" the Royal Astronomical Society advises.

"If you want a close-up view of the moon as it turns red, a pair of binoculars is helpful."

"All eclipses are spectacular," the society's Robert Massey added.

"In the middle of a lunar eclipse it can look as if a red planet has taken up residence near the Earth - they are both eerie and beautiful and I'll certainly be looking out for it!"

Also read:
https://www.nationalgeographic.com/science/2018/07/news-how-to-see-longest-blood-moon-eclipse-mars-space/

Related Articles:

GO Bokke GO! Die Bok-gees loop hóóg in die land! Vandag se derde en laaste toets in die reeks teen Engeland is dalk ook die einde van 'n era as dit die laaste toets op die legendariese Nuweland Stadion is . . . 

Vir Mosselbaaiers is daar 'n ekstra bonus om een van hul eie boorlinge, Schalk Burger Brits, in die Bok-span in aksie te sien. 
Brits, 'n oud-leerling van Laerskool Park in Mosselbaai wat die afgelope dekade vir die Engelse klub Saracens gespeel het, is deur die bekende Britse rugbyskrywer Stephen Jones beskryf as die ongelooflikste (mees amazing) speler wat hy nóg sien speel het. (Sien ons FB-blad berig):

 https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2168854010012521

Só het Media 24 vandag berig:  

Bokke se "laaste toets op Nuweland" . . . ? 

Deur Stephen Nell 22 Junie 2018

Maak skoonskip!

Dís die pleidooi van elke Springbok-ondersteuner aan die span voor vandag se derde toets teen Engeland op Nuweland.

Suid-Afrika het die eerste twee toetse in Johannesburg en Bloemfontein gewen, maar is oorgehaal om sy aartsvyand ’n derde drag slae in soveel weke te gee. ’n Sege sal ook gepas wees gegewe dat hierdie dalk die laaste toets op Nuweland gaan wees.

Thelo Wakefield, die WP Rugbyunie (WPRU) se president, het reeds in Oktober verlede jaar gesê dat ’n skuif Kaapstad-stadion toe wink. Daar is Sondag in Rapport berig dat dié toets die laaste in die geskiedenisryke stadion sal wees. Dis nog nie amptelik bevestig nie, maar waarskynlik in die kol. Netwerk24 het op goeie gesag verneem dat die WPRU se uitvoerende hoof, Paul Zacks, die unie se klubs Maandag gaan toespreek oor ’n “potensiële skuif” Kaapstad-stadion toe. Dit is ’n sterk aanduiding dat die WPRU en Kaapse metro al nader aan ’n ooreenkoms is.

Einde van 'n ou en tradisieryke geskiedenis? Die eerste toets op Nuweland was in 1891 toe Suid-Afrika teen die Britse Leeus gespeel het. Die Bokke se wenrekord op Nuweland is 66%. Suid-Afrika het 35 gewen, twee was gelykop en die Bokke het 16 verloor.

nuweland stadion

Só het Rapport verlede Sondag berig: "Nuweland sal Saterdag vir die heel laaste keer ’n rugbytoets aanbied. Die Springbokke en Engeland sal die twee laaste toetsspanne wees wat op dié ou en tradisieryke Kaapse veld te speel. Nuweland gaan sy deure sluit en die Kaapstad-stadion sal die nuwe tuiste van toetsrugby in die Wes-Kaap word. Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se onderhandelings met die Kaapstad-metro oor ’n skuif na die Kaapstad-stadion is in ’n finale stadium.
Rapport het by vier onberispelike bronne verneem ’n gesamentlike aankondiging deur die twee partye word voor Saterdag se derde toets in die Kaap beplan. Die WPRU sal die tydsberekening van die skuif verwelkom. Hy skuld die beleggingsmaatskappy Remgro sowat R44 miljoen. As eienaar van Nuweland sal die WPRU met dié skuif die stadion in kantoorruimtes vir verhuring kan omskep of selfs verkoop as ’n laaste uitweg om sy netelige finansiële posisie te verlig. Die geskiedkundige Nuweland-stadion in Kaapstad."

 Nuweland stadion

Vandag se toets word ook gespeel teen die agtergrond van finansiële onstuimigheid, met die beleggingsmaatskappy Remgro wat eis dat dié Kaapse rugbyunie ’n verband op een van sy eiendomme uitneem as sekuriteit vir ’n lening van R44 miljoen wat aan die einde van 2016 aan hom toegestaan is. Die klubs het egter ’n stokkie voor daardie plan gesteek en die WPRU voer glo onderhandelings met ’n moontlike Chinese belegger om die skuld te delg.

Vir diegene wat die Nuweland-toets wil bywoon, is die goeie nuus dat daar nog kaartjies te koop is. Teen Vrydagmiddag is daar sowat 40 000 kaartjies verkoop. Nuweland het plek vir nagenoeg 48 000 toeskouers. ’n Woordvoerder van die WP sê daar is ook nog kaartjies vir skoliere beskikbaar teen slegs R100. “Ons wil mense aanmoedig om só vroeg moontlik te kom, want almal gaan by die hekke deursoek word,” sê die woordvoerder. Toeskouers word ook daarop gewys dat sambrele nie in die stadion toegelaat gaan word nie en dat hulle liefs reënjasse moet saambring.

Die Bokke se truie vir die toets is intussen Vrydag deur die voormalige Bok-flank Rob Louw aan hulle oorhandig. Hy het aan Netwerk24 gesê dat daar ’n “wonderlike gees” onder die spelers heers en ook die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, geloof oor die diversiteit in die span. “Ek het my herinnerings opgeroep van die 1970’s toe dr. Danie Craven oefenkampe gereël het waar spelers oor die kleurgrens heen saam geoefen het, en ons Barbarians-toer van 1979 toe ons as ’n gemengde span teenstanders in Skotland en Wallis getroef het,” sê hy.

 “Ek het altyd geweet die talent is daar en dat dit eendag sal deurkom. Dis ook baie emosioneel om te sien hoe Siya Kolisi die span lei. Ek ken hom al jare lank en hy dra die nr.6-trui, wat op ’n kol myne was.” Louw het die Bokke ook daaraan herinner dat daar sprake is dat hierdie die laaste toets op Nuweland gaan wees.

“Ek het in die wêreld se grootste rugbystadions gespeel en vir hulle gesê dat niks met ’n volgepakte Nuweland vergelyk nie,” sê hy.

Bokke Rob Louw

Rob Louw (links) en Siya Kolisi – albei waardige draers van die Springbokke se nr.6-trui. Foto: Gallo Images

Kolisi, die kaptein van die Stormers, heg persoonlik nie besondere betekenis daaraan dat hierdie toets in die Kaap gaan wees nie. “As jy die Boktrui dra, is elke wedstryd op jou tuisveld. Ek’s net bly dat ek die Bokke in al drie toetse teen Engeland kon aanvoer,” sê hy.

 Só lyk die Bok-span wat Engeland in die derde toets op Nuweland die stryd gaan aansê.


Bokke Bo

Agter (van links): Thomas du Toit, André Esterhuizen, Franco Mostert, RG Snyman, Jean-Luc du Preez, Frans Malherbe, Steven Kitshoff. Middel: Faf de Klerk, Schalk Brits, Sikhumbuzo Notshe, Aphiwe Dyantyi, Sbu Nkosi, Chiliboy Ralepelle, Warrick Gelant, Embrose Papier. Voor: Jesse Kriel, Pieter-Steph du Toit, Duane Vermeulen, Siya Kolisi (kaptein), Rassie Erasmus (afrigter), Tendai Mtawarira, Willie le Roux, Handré Pollard, Elton Jantjies.

Foto: Jaco Marais

Kyk ook die video van die Bokspan agter die skerms: KYK: Bokke speel ‘laaste toets op Nuweland’

 

Kyk ook die video van Mervin Gabone wat al 30 jaar op Nuweland is . . . 

   https://twitter.com/SuperSportTV/status/1010149468610547712

Related Articles:
 
It's much worse than fishy . . . One cannot help wondering WHAT is going on at the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries - the governmental authority that is supposed to safeguard and protect our coastlines and marine life - if their officials have become the "untouchable" masterminds behind the poaching.
 
Just a week ago we reported on the high speed Police chase along the R44 when abalone worth R5 million was found in a white Toyota Verso after the driver ran away .  . he was never caught . . . and that is no surprise in the light of today's shocking revelation that the DAFF officials who allegedly abused their power to run one of the biggest abalone poaching syndicates in the Western Cape are back in their jobs.


abalone1
 
"Dis so ironies . . . Terwyl akwa-boerdery nou die jongste gier raak om glo in die dreigende "vistekort" te voorsien, kom stropers byna daagliks weg met mijoene rande se perlemoen en diepsee-visspesies vir veral die Oosterse sluikhandelmark? Die SAPD het gister ná 'n jaagtog op die R44 beslag gelê op dié reuse-vonds perlemoen ter waarde van R5 miljoen, maar die verdagte het weggekom . . . die bestuurder van die wit Toyota Verso was vermoedelik op pad na die Kaapstad-hawe en het te voet gevlug. Miskien het die wêreld nie kunsmatige visplase nodig nie, maar bloot strenger kus- en hawebestuur om dié stropery uit te roei wat ook die dwelmbedryf voed?" Foto: Polisie verskaf
 

Officials charged with corruption over abalone poaching are back at work

 
20 June 2018 - 14:53BY ARON HYMAN AND BOBBY JORDAN

Police and Hawks vehicles at the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries building in Gansbaai.


Image: Supplied
 
Government officials alleged to have used their positions to run one of the biggest abalone poaching syndicates in the Western Cape are back in their jobs. This comes less than a week after eight of the nine Department of Agriculture Forestry and Fisheries officials arrested in an undercover operation in February were each released on R20‚000 bail by the Cape Town Regional Court.

S
ources close to the investigation into the officials told TimesLIVE on Wednesday the officials had returned to work.Beverley Schäfer‚ chairwoman of the Western Cape legislature economic opportunities committee‚ was shocked that the officials were allowed back in their posts.“Just this morning I received news that ... Daff officials who were arrested in the Overstrand region in March on charges of racketeering‚ corruption and defeating the ends of justice‚ are back in uniform and on duty after having been granted bail just last week‚” she said.

 

The officials were released on bail despite recorded telephone conversations between some of them allegedly showing intent to acquire firearms to kill another suspect and Daff officials.

The state’s bail evidence included 122 pages of transcribed phone calls in which the officials allegedly discussed everything from their involvement in corruption to stealing abalone from other poachers.

The state argues that the individuals turned the Daff office in Gansbaai‚ which is responsible for stopping gangs of armed abalone poachers from raiding the coastline‚ into a criminal entity.

Daff deputy director-general for fisheries Siphokazi Ndundane told TimesLIVE on Wednesday the individuals were supposed to be suspended shortly after their arrest in February.

She claimed corruption in the department was to blame for them being allowed back at work.

“They can’t be back at work. There was supposed to be a sign-off that those officials are not allowed to be back at work‚” she said‚ adding that after they were arrested she personally signed letters of suspension.

“There is no oversight here. I’m telling you this was orchestrated‚” she said.

Ndudane is working from her home after she was suspended‚ with several other officials‚ by Daff director-general Mike Mlengana on Thursday for her alleged involvement in corruption.

On Tuesday‚ however‚ Daff minister Senzeni Zokwana “stripped” Mlengana of his authority‚ apparently in response to this‚ and reversed the officials’ suspensions.

The series of suspensions form part of a larger war within the department over the country’s R1-trillion fishing industry which has pitted Zokwana and Ndudane against Mlengana.

They have both also brought in allies‚ with Mlengana being backed by the National Education‚ Health and Allied Workers' Union‚ and the uMkhonto We Sizwe Veterans Association throwing its weight behind the minister.

Both sides have alleged corruption by the other and they have both accused each other of colluding with Chinese fishing stakeholders‚ the criminal underworld and corrupt law enforcement officials.

Ndudane said although her suspension had been lifted‚ she could not enter her office because the locks had been changed.

 

Police and Hawks vehicles at the Department of Agriculture, Forestry and Fisheries building in Gansbaai.


An abalone-poaching syndicate smashed by police this week had its own office and tax-funded vehicles, which were used to prey on the Western Cape coast for almost a decade.
 
 
Related Articles:

Die staatsbeheerde oliemaatskappy PetroSA se duiselingwekkende val en verliese kom nie juis as 'n skok nie nadat die gevaarligte oor die regering se gewraakte Projek Ikhwezi van die begin af geflikker het. 'n Jaar gelede is reeds berig dat dié maatskappy, wat toe deur die destydse minster van energie, Mmamoloko Kubayi , as 'n "probleemkind" beskryf is, weens "onbevoegdheid" ten gronde gaan.

Dit het gevolg nadat twee konstruksiewerkers verlede jaar op die aanleg in Mosselbaai gesterf het en daar vertikaal pleks van horisontaal geboor is en die gasteiken dus misgeboor is.

Só is daar die afgelope tyd in die hoofstroommedia oor dié beleërde maatskappy berig wat eens Mosselbaai se trots was. 

PetroSA se gas en geld oor 4 jaar op

Deur  Francois Williams 12 Junie 2018 

PetroSA sal teen vroeg in 2022 nie meer gasbronne en kontant oor hê nie. Sy kontantbronne krimp vinnig.


Luvo Makasi, voorsitter van die Sentrale Energiefonds (SEF) onder wie se toesig PetroSA val, het erken Projek Ikhwezi, wat gepoog het om nuwe gasbronne te vind, was ’n volslae mislukking en R14 miljard is daarop vermors.


Makasi was egter versigtig om Dinsdag PetroSA se omkeerstrategie met die parlement se gekose komitee
oor ekonomiese en sake-ontwikkeling te deel, omdat hy bang is dis kommersieel sensitiewe inligting.


PetroSA het boonop R9,6 miljard se omgewingsaanspreeklikheid aangegaan deur die loop van sy eksplorasie as deel van Projek Ikhwezi. Dit is koste wat aangegaan moet word om die omgewing tot sy oorspronklike toestand te herstel. Die departement van omgewingsake het wel vir PetroSA vyf jaar kans gegee voordat hy die geld hoef te betaal, en daar is nie tans kommer oor PetroSA se status as lopende saak nie.
Die energiemark het so verander dat die SEF se huidige groot uitdaging die finansiële volhoubaarheid van
PetroSA is, sê Makasi.
Hy erken die SEF het agtergeraak met veranderings in die oliemark.


PetroSA aanleg


PetroSA is die SEF se grootste filiaal en het voorheen tot 90% van die kontantvloei en dividende vir die
groep opgelewer. Die laaste ses jaar het PetroSA egter uitdagings beleef, soos die gasbronne in die SuidKaap
wat uitgeput raak en kontantbronne wat opraak.

Dit het ’n probleem geskep want nou moet PetroSA gaskondensaat invoer en dit laai nuwe koste op sy
balansstaat.
Die SEF se korttermynfokus is dus tans om PetroSA om te keer. Tans het PetroSA net 6% van SuidAfrika
se raffineringsvermoë.
Makasi sê die SEF debatteer tans of Suid-Afrika strategiese olievoorraad moet aanhou of om sy eie
belange in olieproduserende bates in ander lande te besit.


Hy sê die SEF moet saam met die regering kyk na die groep se bedryfsmodel. Tot dusver het elke filiaal
sy eie direksies gehad, maar herstrukturering moet oorweeg word. Makasi beklemtoon die SEF wil nie
na die staatskas kom om geld te vra nie, maar wil probeer om sy bedryfsmodel aan te pas om self sy kontantbronne aan te vul.

Volgens Makasi het hulle al die hersieningsproses voltooi, maar wag nou vir die aandeelhouer (regering) om daaroor te besluit.

Op mediumtermyn wil die SEF fokus op aardgas en hernieubare energie, en op lang termyn wil hy gereed wees vir die skuif na elektriese voertuie.
Die SEF kyk steeds of hy ’n voet in die deur van die kleinhandelbrandstofbedryf kan kry, d.w.s. sy eie
vulstasies.
Makasi sê die SEF wil sy belang in die groenkragbedryf vergroot.

https://www.netwerk24.com/Sake/Energie/petrosa-se-gas-en-geld-oor-4-jaar-op-20180612


Vrae oor PetroSA se omkeerplan


Deur  Francois Williams 12 Junie 2018 

 

Die Sentrale Energiefonds (SEF) moet so gou moontlik ná sy volgende direksievergadering sy omdraaiplanne aan die parlement voorlê.

Eddie Makue, voorsitter van die nasionale raad van provinsies se gekose komitee oor ekonomiese en sakeontwikkeling, het Dinsdag gesê die SEF het erken sy filiaal PetroSA is in hoësorg, maar die SEF moet dan ’n duidelike tydrooster uitspel oor hoe hy PetroSA gaan regruk.

PetroSA aanleg1

Die direksie van die SEF het Dinsdag aan die komitee ’n voorlegging gegee, maar sonder vaste spertye oor sy planne met PetroSA. Daar was ook nie eens ’n verteenwoordiger van PetroSA as lid van die SEFafvaardiging nie.

Willem Faber, komiteelid van die DA, het gevra wat gebeur het van die Ibhubesi-gasveldontwikkeling aan die Weskus, hoe die ondersoek vorder oor die strategiese olievoorraad wat onwettig verkoop is in 2015, en of brandstof nie goedkoper gemaak kan word deur voorraad op te bou nie.


Hy het genoem hoe vragmotors wat staal en ander produkte na Mosambiek vervoer in Mosambiek brandstof ingooi eerder as in Suid-Afrika omdat dit heelwat goedkoper is daar.


Leon Magwebu van die DA het aangevoer die SEF moenie die veranderende dinamika van die oliemark die skuld gee vir die SEF en PetroSA se probleme nie.



“Die probleme is selftoegedien. Projek Ikhwezi (waar PetroSA na nuwe gasbronnne aan die Suid-Kaapse kus gesoek het) was nooit goed deurdink nie en daar is nie deeglike noulettendheidstudies gedoen nie. Tot R17,3 miljoen se bonusse is betaal aan die topbestuurders wat daarvoor verantwoordelik was.”


Volgens Magwebu behoort die SEF-direksie te bedank.


Luvo Makasi voorsitter van die SEF, het toegegee die strategiese olievoorraad wat in 2015 in ’n omstrede transaksie verkoop is, is verkoop en nie geroteer soos die destydse minister van energie, Tina JoematPettersson, beweer het nie. By voorraadrotasie word olie vervang, wat nie in dié geval gebeur het nie.


Volgens Makasi word die strafregtelike vervolgingsprosesse nog gevolg en hy wou nie kommentaar lewer of Joemat-Pettersson daaroor vervolg sal word nie.


Makasi sê die huidige direksie by SEF het in Februarie 2017 begin en die gebeure waarvan Magwebu hulle beskuldig het al vyf jaar gelede begin.
Hy erken die SEF kon Projek Ikhwezi anders hanteer het.
Hy het PetroSA se voortbestaan verdedig weens die rol wat dit in die Suid-Kaapse ekonomie speel.

https://www.netwerk24.com/Sake/Energie/vrae-oor-petrosa-se-omkeerplan-20180612

 

PetroSA-werkers van bedrog beskuldig


Deur  Khulekani Magubane,  01 Junie 2018 

Die Valke gaan van PetroSA se senior werknemers ondersoek wat daarvan beskuldig word dat hulle by bedrog en korrupsie betrokke is.


Die Valke het aan Fin24 bevestig hulle het met die ondersoek begin.


Volgens een bron wat verkies om anoniem te bly, is die klag teen die werknemers reeds in Maart deur ’n
“gemeenskapsleier” by die Kwanonqaba-polisiekantoor in Mosselbaai ingedien.

PetroSA


Die bron sê die saak onthul wangedrag en korrupsie met betrekking tot verkryging wat nepotisme en
omkopery insluit.
“Daar word verder beweer dat PetroSA die owerheid vir chemiese nywerheidsopvoeding en -opleiding gekul
het deur ‘spookleerlinge’ te skep om só toegang tot geld te bekom,” sê die bron.


Die bewerings kom nadat die maatskappy ’n verlies van R1,4 miljard vir die boekjaar tot einde Maart gely het.


Jeff Radebe, minister van energie, het belowe daar sal beslissende optrede wees wat betref die maatskappy se
verliese.
Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het bevestig werknemers van
PetroSA word vir bedrog en korrupsie ondersoek.
Hy sê hy mag nie hul identiteit bekend maak totdat die ondersoek afgehandel is nie. Die ondersoek is pas
begin en niemand kan nog in hegtenis geneem word nie.

“Ons sal die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nader oor of klagte aanhangig gemaak gaan word wanneer
die ondersoek gefinaliseer is.

“Sou die NVG besluit om klagte aanhangig te maak en individue te vervolg, sal ons hulle in hegtenis neem
en sal daar op ’n hofdatum besluit word,” sê Nkwalase.
Tumoetsile Mogamisi, woordvoerder van PetroSA, het bevestig hulle is bewus daarvan dat ’n klag ingedien
is.


“PetroSA duld nie enige vorm van korrupsie deur sy werknemers en kontrakteurs nie en sal dus sy volle
samewerking aan die polisie gee.” – Fin24, verwerk

Related Articles: