Top Up Service Station Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Oyster World Reflexions Professional Hair Property Pointer Beach House Restaurant Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

PA du Plessis se brief hieronder verwys na die uiters omstrede chemiese aanleg van R1 miljard wat langs PetroSA beplan word - op dieselfde erf waar die nuwe streekafvalstortingsterrein gebou moes word . . . en waaroor ons al sedert die "aankondiging" daarvan in Oktober 2018 waarsku . . . 

Drie maande ná die onverwagse "aankondiging en sooispitseremonie" om dié chemiese aanleg van R1 miljard in te wy om "Mosselbaai op die wêreldkaart van in- en uitvoere te vestig", kom dit aan die lig dat geen hersoneringsaansoek vir dié aanleg ooit ingedien is nie. Boonop verklaar Mosselbaai Munisipaliteit nou 'n dispuut teen die Tuinroete Distriksmunisipaliteit oor die beplande streeksafvalbestuursterrein wat op dieselfde erf ontwikkel moet word . . . 

Só het die storie ontvou . . .   

sooisoit

Tydens die seremoniële sooispit-seremonie (in Oktober 2018) vir 'n R1 miljard chemiese aanleg wat glo volgende jaar al langs PetroSA gebou gaan word. Van links is Lee Norman, voorsitter van Ikusasa Process Engineering Consultants, André Theunissen, ’n direkteur van Ikusasa, Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route-distriksmunisipaliteit, Harry Levendal, Mosselbaai se uitvoerende burgemeester en Shadrack Tshikalange, bestuurder van die Transnet-Mosselbaai-hawe.

      Watter chemiese stowwe gaan vervaardig word en wat is die implikasies?

Die aanleg sal na verwagting teen die einde van 2019 in bedryf wees, sê die distriksmunisipaliteit in ’n verklaring.

Memory Booysen, burgemeester van die Tuinroete-distrik, het op die sooispit-geleentheid gesê die proses sal bespoedig word omdat die distriksmunisipaliteit met die Mosselbaaise munisipaliteit saamwerk.

“Ons het ander ekonomiese ontwikkelings in Kouga, Richardsbaai en Saldanha gesien – nou is dit tyd vir ontwikkeling hier.”
Volgens Booysen sal ’n nuwe stortingsterrein vir die streek op dieselfde grond tot stand gebring word.
Die ligging van die eiendom langs PetroSA hou baie voordele in, sê hy. Daar sal ’n noue samewerking met PetroSA wees en spesifieke produkte sal ook aan PetroSA verskaf word. In- en uitvoer sal deur die Mosselbaaise hawe geskied en dit sal ook die plaaslike ekonomie ’n hupstoot gee. Die hawe is minder as 10 km ver.
Volgens Nicholas Ramkumar, ’n direkteur van Ikusasa, is die langtermynplan om die chemiese aanleg in ’n wêreldklas-produksiemaatskappy te omskep. Daar is groot potensiaal om Mosselbaai in ’n mekka vir in- en uitvoer te verander.

Harry Levendal, Mosselbaai se burgemeester, het ook die ontwikkeling verwelkom. Hy sê hy is baie dankbaar teenoor die distriksmunisipaliteit vir sy pogings om beleggings na die streek te lok.

 

chemiese aanleg brief

Inwoners moes voor 7 Desember 2018 skriftelike kommentaar/besware lewer oor die langtermyn-verhuring van die perseel langs PetroSA aan IKUSASA Processing Engineering Consultant vir die bou van 'n veeldoelige chemiese aanleg van R1 miljard - sonder dat enige inligting daaroor bekend gemaak is en terwyl dit op dieselfde perseel is wat geoormerk is vir die streeksafvalbestuursaanleg.

munisipale kennisgewing oor chemiese aanleg

 

Terwyl almal nog wonder watter kommentaar hulle moet lewer oor só 'n groot chemiese aanleg reg langs 'n olieraffinadery waaroor géén verdere inligting bekend is nie en waaroor Mosselbaai se burgemeester Harry Levendal ewe ingenome was, verklaar die Mosselbaai Munisipaliteit 'n interregeringsdispuut teen die Tuinroete Distriksmunisipaliteit oor die einste streeksafvalbestuursterrein op dieselfde dag (7 Desember 2018) wat die Tuinroete Distriksmunisipaliteit in 'n kennisgewing vennote soek vir die ontwikkeling van die streekafvalbestuursterrein. 

 

munisipale dispuut

 

FORMAL DISPUTE DECLARED

Formal intergovernmental dispute declared against Garden Route District Municipality
Friday, 07 December 2018, 11:30
Formal dispute declared 

GARDEN ROUTE NEWS - In order to resolve the dispute regarding the application of the District Waste Management By-Law, promulgated by the Garden Route District Municipality, council approved the recommendation that the Mossel Bay Municipality declares a formal intergovernmental dispute against the Garden Route District Municipality regarding the application of the District Waste Management By-Law to Mossel Bay Municipality.

The Mossel Bay Municipality will request assistance in the settlement of the dispute from the MEC of local government, Minister Anton Bredell.

Also, the George Municipality will be informed that the Mossel Bay Municipality has declared the dispute.

The executive deputy mayor, councillor Dirk Kotzé said the declaration was the start of a formal process to safeguard and benefit Mossel Bay ratepayers.

 

Nou wat nou? 

En waar laat dit Mosselbaai se 130 000 inwoners wat kommentaar hieroor moet lewer as nie eens die munisipaliteit blykbaar meer weet wat aangaan nie? Al wat die Mosselbaai Munsipaliteit tot dusver hieroor gesê het, is dat hulle nog geen aansoek ontvang het vir die hersonering van die betrokke erf om dit geskik te maak vir 'n chemiese aanleg nie . . . 

Tog het burgemeester Harry Levendal dit geweet toe hy die aanleg in Oktober 2018 tydens die sooispitseremonie verwelkom het? Hoekom 'n openbare aankondiging maak as daar nog geen hersoneringsaansoek, omgewingsimpakstudies of openbare deelnameprosesse was nie? 

Gevaarligte flikker lankal 

En wat presies het Memory Booysen, die Tuinroete Distriksmunisipaliteit se burgemeester, bedoel met dié woorde tydens die voortydige "sooispitseremonie"? 

"Ons is egter hier om te sê as die Garden Route distriksmunisipaliteit, in vennootskap met die Mosselbaai-munisipaliteit, gaan ons nie langer die wette gebruik om ontwikkelingsvoorstelle te belemmer nie. Ons gaan die wette gebruik om dinge te maak gebeur en om hierdie soort ontwikkelings te ontsluit.

"Dié is net die begin. In samewerking met die hawe op Mosselbaai, sal ons verseker dat dit die volgende spesiale ekonomiese sone word. Ons sien dinge gebeur op Saldanna, Richardsbaai, Kouga... Dit is tyd vir Mosselbaai om te volg."

Booysen het bygevoeg dat wetgewing deurgehaas sal word ter wille van die aanleg . . . 
* Gevaarlike woorde wat die gevaarligte moet laat flikker?

Ons waarsku al lankal teen dié ongerymdhede wat toenemend plaasvind - dalk is dit tyd dat meer mense vrae begin vra en optree voor dit te laat is . . . dis immers inwoners se geld, dorp en lewensgehalte wat in gedrang is? 

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/165-moselbaai-se-mooi-vir-hoe-lank-nog-as-politici-doen-net-wat-hulle-wil

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/167-gevaarligte-flikker-as-wette-gebruik-word-om-dinge-te-laat-gebeur

http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/174-mosselbaai-munisipaliteit-al-lank-onder-beleg

 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 naltrexone hcl 50mg 2020-07-18 01:04
naltrexone hcl 50mg: https://naltrexoneonline.confrancisyalgomas.com/
Quote