Wolwedans Game Farm Ponto Grille and Carvery Oyster World Beach House Restaurant Property Pointer Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Top Up Service Station Reflexions Professional Hair

 

MosselbayonTheline | First With The News

A tot Z van die NGV-wet

Deur Nellie Brand-Jonker 29 Junie 2018 

Kragtens die Wetsontwerp op Nasionale Gesondheidsversekering sal mediese fondse nog bestaan vir aanvullende dienste wat nie deur Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gedek word nie. Belanghebbendes het nou drie maande om kommentaar te lewer.

Van die belangrikste kwessies vir verbruikers wat die wet uiteensit, volg hier onder.

Wie kan lid van die fonds wees?

Benewens alle Suid-Afrikaanse burgers (insluitende gevangenes) sal mense met permanente verblyfreg ook lid van die fonds kan wees. Vlugtelinge en asielsoekers wat nie vlugtelingstatus het nie sal die NGV se nooddienste en dienste vir aanmeldbare toestande kan benut.

Hulle sal ook toegang kry tot pediatriese dienste en dienste vir swanger vroue op primêre gesondheidsvlak. ’n Tydelike inwoner sal verpligte reisversekering moet uitneem om toegang tot noodbehandeling en ander dienste te kry ingevolge die versekeringskontrak.

Registrasie

’n Pasiënt kan net deur ’n geakkrediteerde en gesertifiseerde diensverskaffer behandel word as hy as lid van die NGV-fonds geregistreer is. ’n Lid moet ook sy afhanklikes registreer. ’n Persoon tussen 12 en 18 jaar kan aansoek doen om te registreer as hy nie reeds as ’n afhanklike geregistreer is nie. ’n Geakkrediteerde instelling sal die nommers uitreik en moet ’n register van begunstigdes en hul afhanklikes byhou. Die wetsontwerp lys talle regte van die lede van die fonds, soos om “gehalte gesondheidsdienste gratis by gesertifiseerde en geakkrediteerde gesondheidsdiensverskaffers te kry. Dit sluit ook in om toegang tot die dienste (soos operasies) te kry binne ’n redelike tyd”.

Die regte sluit in om “aanvullende gesondheidsvoordele te koop wat nie deur die fonds gedek word nie op ’n vrywillige basis van ’n mediese fonds” of enige ander gesondheidsversekering, of dit self te betaal.

Betaling

’n Gebruiker sal ’n spesifieke verwysingsroete moet volg, anders gaan die fonds nie vir die dienste opdok nie. Daar is ook sekere omstandighede waaronder nie betaal gaan word nie, soos onder meer as ’n dokter redelikerwys kan toon daar was geen mediese rede vir die diens nie. 

Lede sal by ’n dokter (of ’n verskaffer van primêre gesondheidsorg) van sy keuse geregistreer moet wees wat eers besoek moet word om die voordele van die fonds te benut. ’n Lid sal nie ’n spesialis of hospitaal mag besoek sonder ’n verwysing van dié dokter nie, behalwe in ’n noodgeval. Die advieskomitee oor voordele sal saam met die minister en die NGV-raad bepaal watter dienste of voordele aangebied gaan word. Die komitee sal onder meer die finansies van die NGV-fonds in ag moet neem wanneer bepaal word watter voordele aangebied word.

Dekking Vir die verbruiker beteken hy gaan gesondheidsdienste ontvang van ’n gesertifiseerde en geakkrediteerde diensverskaffer teen geen koste by die punt van verskaffing nie.

Inligtingstelsel

Die NGV-fonds moet help met die ontwikkeling en instandhouding van ’n nasionale bewaarplek en datastelsel vir gesondheidsinligting.

Verskaffers sal vir die doeleindes van betaling inligting moet verskaf wat insluit:

 *  ID-nommers; visumbesonderhede; aankope-kodes volgens ’n voorgeskrewe kodestelsel;

 *  Besonderhede van die behandeling; diagnostiese toetse wat aangevra is; hoe lank ’n persoon in die hospitaal gebly het; en waarheen ’n persoon verwys is.

Die fonds kan dié inligting gebruik om sy prestasie te monitor en sy werksaamhede te verfyn. Daar sal bepalings en voorwaardes wees ten opsigte van die openbaarmaking van dié inligting.

Klagtes

Die wetsontwerp sit uiteen hoe klagtes gehanteer sal word. Appèl sal by ’n appèltribunaal aangeteken kan word teen ’n besluit van die fonds. Die magte van die tribunaal is dieselfde as dié van die hooggeregshof en mense sal gedagvaar kan word om te getuig.

Oortredings

Die wetsontwerp maak voorsiening vir boetes as iemand byvoorbeeld vals inligting aan die fonds gee of die geld gebruik vir ’n doel waarvoor dit nie bedoel is nie. ’n Boete van tot R100 000 en tronkstraf van vyf jaar of albei kan opgelê word. 


https://www.netwerk24.com/Sake/Muntslim/Mediese-Fondse/ngv-van-a-tot-z-uiteengesit-20180628

NGV ‘gaan nie lede hê, maar slagoffers’


Deur Hanlie Stadler 25 Junie 2018 12:36

Die voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gaan nie “lede hê nie, maar slagoffers”, sê Piet le Roux, uitvoerende hoof van AfriSake.

Le Roux sê in ’n verklaring dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, “stel openbare gesondheid in gevaar
met sy toenemende nasionalisering van die gesondheidsorgbedryf”.

Dit kom nadat Motsoaledi verlede week die Wetsontwerp op NGV en die Wysigingswetsontwerp op Mediese Skemas vir kommentaar uitgereik het.

“Dit stuur af op ’n ramp. Motsoaledi laat slegs nominale ruimte vir die private sektor – in wese nasionaliseer hy die
gesondheidsorgbedryf. Die gevolg sal dieselfde wees as met alle ander nasionaliserings: Verlaging van gehalte, 
rantsoenering van dienste, korrupsie en burokratisering.”

Motsoaledi het Donderdag bevestig dat alle Suid-Afrikaners tot NGV sal moet bydra.

NGV gaan ramp wees, glo AfriSake


“AfriSake is bekommerd die gedwonge betaling van alle gesondheidsorggeld in een massiewe, burokratiese, staatsbeheerde stelsel gaan net nog ’n belasting wees in ’n land wat reeds onder korrupsie en staatskaping ly.”

Le Roux sê Motsoaledi hou aan fokus op die “goeie bedoelings” van NGV sonder om die “moeiliker vrae” te beantwoord.

“Die moeiliker vrae sluit in die enorme finansieringskoste van die NGV en die nadelige uitwerking wat dit waarskynlik op die marklewering van mediese dienste sal hê.”

"Die klein en reeds oorbelaste poel belastingbetalers sal ten volle verantwoordelik wees vir die finansiering van die NGV, en dit is onbegryplik dat die minister eerlik glo so ’n plan kan werk. ” – Piet le Roux van AfriSake


Motsoaledi het toegegee daar is geen finale besluit oor hoe NGV gefinansier gaan word nie.

In die witskrif oor die NGV wat in 2016 vir kommentaar uitgereik is, was die geprojekteerde koste vir die 2026-boekjaar ongeveer R256 miljard (bereken teen N2010-pryse), oftewel 6,2% van die geprojekteerde bruto binnelandse produk (BBP) vir die 2026-boekjaar, sê Le Roux.

“Die 2010-projeksies was egter gegrond op ’n ekonomiese groeikoers van minstens 3,5% per jaar, wat tans onbereikbaar lyk. Daarom sal die werklike finansieringskoste waarskynlik die projeksie van 6,2% BBP in die 2026-boekjaar ver oorskry.
“As gevolg van Suid-Afrika se byna stagnante ekonomiese groei en laer belastinginkomste is die NGV nou selfs minder bekostigbaar as voorheen.”

Le Roux reken die koste gaan nader aan 12% van die BBP wees.


Le Roux sê ook: “Die minister bly sy kleuterrympie herhaal dat die rykes die armes moet subsidieer, en dat die gesondes die siekes moet subsidieer, en stedelinge die platteland, en hy steur hom glad nie aan die moontlike markverwringing en ontmoediging van so ’n stelsel nie.

“Die klein en reeds oorbelaste poel belastingbetalers sal ten volle verantwoordelik wees vir die finansiering van die NGV, en dit is onbegryplik dat die minister eerlik glo so ’n plan kan werk.”


Le Roux lewer ’n pleidooi dat die openbare gesondheidsorgstelsel eers “dramaties verbeter moet word” voordat die NGV in werking gestel word.


“Dis chaoties as gevolg van rompslomp en onbevoegdheid wat onlangs daartoe gelei het dat mediese poste vakant bly terwyl pas afgestudeerde dokters wag om geplaas te word.
“Die Gautengse departement van gesondheid se hantering van die Life Esidimenitragedie wek ook ernstige kommer oor die wysheid daarvan om gesondheidsorg in ’n massiewe, duur staatsburokrasie te sentraliseer.”

Motsoaledi het Donderdag gesê hy is bewus van dié argument en dat swak staatshospitale ’n “groot stok” geword het om NGV mee te slaan. Die minister het gesê openbare gesondheidsorg sal nooit perfek wees nie en hulle kan nie langer wag met die inwerkingstelling van NGV nie.

Le Roux sê Motsoaledi se voorneme is duidelik: “Hy wil die hele gesondheidsorgsektor verander in ’n enorme staatsbeheerde onderneming, maar in teenstelling met Eskom, die Suid-Afrikaanse Lugdiens en ander wanbestuurde staatsentiteite sal dit lewens regstreeks op die spel plaas.”

NETWERK24.COM
Die voorgestelde NGV gaan ’n ramp wees, glo die Afrikaanse sakeliggaam AfriSake.

Lees ook: https://newcastleadvertiser.co.za/84517/theres-more-to-nhi-than-meets-the-eye/

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 ohuhiksaev 2021-04-05 16:45
Oaxiroro: http://slkjfdf.net/ Iufuabo zkj.biql.mosselbayontheline.co.za.liw.do http://slkjfdf.net/
Quote