Ponto Grille and Carvery Skorpios Security Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair Property Pointer Top Up Service Station Oyster World Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News



PetroSA ly onder onbevoegdheid

Deur Sipho Masondo

25 Junie 2017 

Een van die redes waarom die staatsbeheerde maatskappy PetroSA ’n duiselingwekkende verlies van R14,5 miljard gely het, is omdat ’n kontrakteur vertikaal in plaas van horisontaal geboor het.


’n Vertroulike evaluasieverslag van die abortiewe projek Ikhwezi onthul dat dié projek gedoem was deur
growwe onbevoegdheid.
Dit dateer van Februarie 2015, amper vier jaar nadat Ikhwezi begin het.
Tog het LP’s in Maart gehoor niemand kan verantwoordelik gehou word vir die gemors nie.
PetroSA kon nog nie herstel ná sy totale verlies van R15 miljard se belastinggeld in 2016 nie.

Hoewel PetroSA een van die kleiner staatsondernemings is, laat sy onlangse boeke ander sukkelende staatsondernemings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens na florerende maatskappye lyk.

Ikhwezi was veronderstel om deur boorgate aardgas aan die Mosselbaai-gasaanleg te verskaf. In ’n desperate poging om dit te laat werk, lui die verslag, het senior maatskappyamptenare van die een konstruksiemaatskappy na
die volgende gespring en die projek se raamwerk verander.

PetroSA

Daar was ’n hoë arbeidsomset van sleutelpersoneellede, insluitende drie      uitvoerende hoofde, twee bedryfshoofde en vier projekbestuurders by PetroSA,  lui die verslag.
Sommige kontrakte is toegeken sonder tenders en ander kontrakteurs het gewerk sonder kontrakte.

Die “aansienlike” bestuursveranderinge het veroorsaak dat PetroSA te laat besef het die skrif is aan die muur.

’n Senior amptenaar van die Sentrale Energiefonds (SEF), die beheermaatskappy van PetroSA, het aan City Press, susterskoerant van Rapport, gesê: “Een van die kontrakteurs het besluit om vertikaal te boor terwyl hulle veronderstel was om horisontaal te boor, wat veroorsaak het dat hulle die gas misgeboor het. Dit was ’n groot gemors.”
Die gasprojek was veronderstel om 242 miljard kubieke voet gas vanuit vyf gasbronne teen ’n koste van
R17,3 miljard te lewer, maar het uiteindelik nege keer minder gas gelewer van drie bronne af.

Thabo Mabaso, woordvoerder van PetroSA, sê Ikhwezi lewer tans 30% van die totale daaglikse
gasproduksie by die Mosselbaai-aanleg. Volgens hom het die maatskappy verskeie lesse geleer wat toegepas
word “om soortgelyke foute te voorkom”.

Die ineenstorting van Ikhwezi maak finansierders ook paniekerig.

Hulle het ’n reeks vergadering met die SEF en PetroSA gehou om versekerings te kry. E-posse wys dat hulle
in die laaste drie maande samesprekings gehad het met Absa, Standard Bank en Sanlam. Luidens die
dokumente het Absa in Maart gevra om te vergader oor regrukstrategieë.

’n Senior SEF-amptenaar met kennis van die vergaderings sê: “Net verlede week was daar ’n telekonferensie tussen ons en Sanlam-mense in Londen.
“Hulle het bekommernisse gehad oor leierskap. Hulle is nie gelukkig met die aantal mense wat in
sleutelposte waarneem nie. Maar ons het hulle vrese besweer en hulle was gelukkig.”

PetroSA het ook uitdagings in die raadsaal. Luvo Makasi, voorsitter van die SEF, het vir PetroSA se direksie

gevra om te bedank of om redes te verskaf waarom hulle moet bly.


Makasi beskuldig die direksie van finansiële wanbestuur en ’n versuim om ’n uitvoerende hoof aan te stel.
Die direksie het laat weet dit is nie hul skuld nie. Hulle het glo probeer om ’n uitvoerende hoof en ander
sleutelpersone aan te stel, maar die SEF en Makasi het die proses al twee keer gekniehalter.
Hulle het verder gesê hulle kan nie die skuld vir die Ikhwezi-gemors kry nie omdat hulle in 2014 aangestel is toe die projek amper klaar was.
Vier PetroSA-direksielede het intussen bedank, maar een het aan City Press gesê: “Ons het bedank, maar dis belangrik dat die publiek verstaan dat ons nie verantwoordelik was vir die gemors by PetroSA nie.

https://www.netwerk24.com/…/petrosa-ly-onder-onbevoegdheid-…

NETWERK24.COM
 
Een van die redes waarom die staatsbeheerde maatskappy ­PetroSA ’n duiselingwekkende verlies van R14,5 miljard gely het, is omdat ’n kontrakteur vertikaal in plaas van horisontaal geboor het.
 




PetroSA begin met afleggings

Deur Johan Eybers 07 Mei 2017 

PetroSA het die afgelope maand met ’n proses begin om 15% van sy werkers af te lê in ’n poging om die sukkelende staatsoliemaatskappy van ondergang te red.

Vakbonde is veral ontsteld dat PetroSA van ingenieurs en ander kundiges ontslae wil raak. PetroSA het glo in Januarie sy beheermaatskappy gevra om hom in sakeredding te laat plaas omdat die maatskappy glo onder meer nie kan bekostig om sy Oryx- en Oribi-olievelde uit diens te stel nie.

Dit is Vrydagaand in ’n verklaring ontken. Volgens ’n vertroulike, hersiene weergawe van sy regrukstrategie, sal dit PetroSA R3 miljard kos om dié olievelde uit diens te stel. PetroSA se produksielisensie het in 2015 tot ’n einde gekom.

Volgens die regrukstrategie is die maatskappy se grootste risiko dat sy buitelandse bedrywighede ook gestaak moet word, wat beteken hy moet nóg meer geld beskikbaar maak om dit uit diens te stel.

petrosa1

PetroSA moes reeds ’n belegging van R2,2 miljard in ’n olieveld in Ghana afskryf. PetroSA is in diep geldknyp ná sy rekordverlies van R14,6 miljard in 2015 weens die Ikhwezi-gasprojek wat nie na verwagting presteer het nie.

Dit het tot ’n reuseafskrywing van byna R15 miljard gelei. PetroSA verwag ’n verlies van R2,2 miljard in die 2017-boekjaar.

Die Ikhwezi-projek was veronderstel om die Mosselbaai-aanleg se leeftyd te verleng, maar het net 10% van die verwagte volumes gelewer.

Business Day het die afgelope week berig hy het inligting dat die Sentrale Energiefonds (SEF) die PetroSAdireksie se versoek om sakeredding van die hand gewys het. 

 

 'n Vertroulike ouditverslag van die internasionale ouditeursmaatskappy EY, wat in Rapport se besit is, toon dat PetroSA nou sy personeel van 1 763 met tot 15% wil besnoei om ’n besparing van 14% (R128,2 miljoen) op sy personeelonkostes te bewerkstellig.

Dít terwyl ’n vertroulike memorandum die afgelope week aan die bestuur uitgereik is wat waarsku dat daar vrese is oor ’n potensiële “veiligheidsvoorval” omdat veiligheidsprosedures nie op peil is nie, permanente poste nie gevul word nie en weens die kwesbaarheid en lae moreel van personeel. Volgens die memorandum het “veiligheidsvoorvalle” hulle die afgelope paar jaar reeds miljoene gekos.

Mmamoloko Kubayi
In die jongste voorval is twee werkers in Februarie by ’n raffinadery in Mosselbaai dood terwyl hulle aan ’n vaartuig gewerk het. Sakeredding behels dat ’n sakereddingspraktisyn aangestel word om toesig te hou oor ’n maatskappy se bestuur in ’n poging om hom van bankrotskap te red.

Dit kan ook direkteure beskerm teen eise weens beskuldigings dat hulle roekeloos handel gedryf het. Die SEF is reeds ’n geruime tyd bekommerd oor die strategiese rigting, finansiële stand en bestuur van ‐ PetroSA.

Die direksie is gevra om te bedank en Luvo Makasi, voorsitter van die SEF, sê die direksielede wat dit nie wil doen nie, moet skriftelik redes verskaf waarom hulle hul poste moet behou.

Foto: Minister van Energie, Mmamoloko Kubayi, het PetroSA in die parlement as 'n "probleemkind" beskryf.

Twee direkteure het reeds bedank. Thabo Mabaso, PetroSA-woordvoerder, wou nie amptelik kommentaar lewer nie. NETWERK24.COM PetroSA begin met afleggings PetroSA het die afgelope maand met ’n proses begin om 15% van sy werkers af te lê in ’n poging om die sukkelende oliemaatskappy van ondergang te red.

 
NETWERK24.COM
 
PetroSA het die afgelope maand met ’n proses begin om 15% van sy werkers af te lê in ’n poging om die sukkelende oliemaatskappy van ondergang te red.
 
 

 

Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh