Top Up Service Station Oyster World Property Pointer Ponto Grille and Carvery Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

GO Bokke GO! Die Bok-gees loop hóóg in die land! Vandag se derde en laaste toets in die reeks teen Engeland is dalk ook die einde van 'n era as dit die laaste toets op die legendariese Nuweland Stadion is . . . 

Vir Mosselbaaiers is daar 'n ekstra bonus om een van hul eie boorlinge, Schalk Burger Brits, in die Bok-span in aksie te sien. 
Brits, 'n oud-leerling van Laerskool Park in Mosselbaai wat die afgelope dekade vir die Engelse klub Saracens gespeel het, is deur die bekende Britse rugbyskrywer Stephen Jones beskryf as die ongelooflikste (mees amazing) speler wat hy nóg sien speel het. (Sien ons FB-blad berig):

 https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2168854010012521

Só het Media 24 vandag berig:  

Bokke se "laaste toets op Nuweland" . . . ? 

Deur Stephen Nell 22 Junie 2018

Maak skoonskip!

Dís die pleidooi van elke Springbok-ondersteuner aan die span voor vandag se derde toets teen Engeland op Nuweland.

Suid-Afrika het die eerste twee toetse in Johannesburg en Bloemfontein gewen, maar is oorgehaal om sy aartsvyand ’n derde drag slae in soveel weke te gee. ’n Sege sal ook gepas wees gegewe dat hierdie dalk die laaste toets op Nuweland gaan wees.

Thelo Wakefield, die WP Rugbyunie (WPRU) se president, het reeds in Oktober verlede jaar gesê dat ’n skuif Kaapstad-stadion toe wink. Daar is Sondag in Rapport berig dat dié toets die laaste in die geskiedenisryke stadion sal wees. Dis nog nie amptelik bevestig nie, maar waarskynlik in die kol. Netwerk24 het op goeie gesag verneem dat die WPRU se uitvoerende hoof, Paul Zacks, die unie se klubs Maandag gaan toespreek oor ’n “potensiële skuif” Kaapstad-stadion toe. Dit is ’n sterk aanduiding dat die WPRU en Kaapse metro al nader aan ’n ooreenkoms is.

Einde van 'n ou en tradisieryke geskiedenis? Die eerste toets op Nuweland was in 1891 toe Suid-Afrika teen die Britse Leeus gespeel het. Die Bokke se wenrekord op Nuweland is 66%. Suid-Afrika het 35 gewen, twee was gelykop en die Bokke het 16 verloor.

nuweland stadion

Só het Rapport verlede Sondag berig: "Nuweland sal Saterdag vir die heel laaste keer ’n rugbytoets aanbied. Die Springbokke en Engeland sal die twee laaste toetsspanne wees wat op dié ou en tradisieryke Kaapse veld te speel. Nuweland gaan sy deure sluit en die Kaapstad-stadion sal die nuwe tuiste van toetsrugby in die Wes-Kaap word. Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se onderhandelings met die Kaapstad-metro oor ’n skuif na die Kaapstad-stadion is in ’n finale stadium.
Rapport het by vier onberispelike bronne verneem ’n gesamentlike aankondiging deur die twee partye word voor Saterdag se derde toets in die Kaap beplan. Die WPRU sal die tydsberekening van die skuif verwelkom. Hy skuld die beleggingsmaatskappy Remgro sowat R44 miljoen. As eienaar van Nuweland sal die WPRU met dié skuif die stadion in kantoorruimtes vir verhuring kan omskep of selfs verkoop as ’n laaste uitweg om sy netelige finansiële posisie te verlig. Die geskiedkundige Nuweland-stadion in Kaapstad."

 Nuweland stadion

Vandag se toets word ook gespeel teen die agtergrond van finansiële onstuimigheid, met die beleggingsmaatskappy Remgro wat eis dat dié Kaapse rugbyunie ’n verband op een van sy eiendomme uitneem as sekuriteit vir ’n lening van R44 miljoen wat aan die einde van 2016 aan hom toegestaan is. Die klubs het egter ’n stokkie voor daardie plan gesteek en die WPRU voer glo onderhandelings met ’n moontlike Chinese belegger om die skuld te delg.

Vir diegene wat die Nuweland-toets wil bywoon, is die goeie nuus dat daar nog kaartjies te koop is. Teen Vrydagmiddag is daar sowat 40 000 kaartjies verkoop. Nuweland het plek vir nagenoeg 48 000 toeskouers. ’n Woordvoerder van die WP sê daar is ook nog kaartjies vir skoliere beskikbaar teen slegs R100. “Ons wil mense aanmoedig om só vroeg moontlik te kom, want almal gaan by die hekke deursoek word,” sê die woordvoerder. Toeskouers word ook daarop gewys dat sambrele nie in die stadion toegelaat gaan word nie en dat hulle liefs reënjasse moet saambring.

Die Bokke se truie vir die toets is intussen Vrydag deur die voormalige Bok-flank Rob Louw aan hulle oorhandig. Hy het aan Netwerk24 gesê dat daar ’n “wonderlike gees” onder die spelers heers en ook die Bok-afrigter, Rassie Erasmus, geloof oor die diversiteit in die span. “Ek het my herinnerings opgeroep van die 1970’s toe dr. Danie Craven oefenkampe gereël het waar spelers oor die kleurgrens heen saam geoefen het, en ons Barbarians-toer van 1979 toe ons as ’n gemengde span teenstanders in Skotland en Wallis getroef het,” sê hy.

 “Ek het altyd geweet die talent is daar en dat dit eendag sal deurkom. Dis ook baie emosioneel om te sien hoe Siya Kolisi die span lei. Ek ken hom al jare lank en hy dra die nr.6-trui, wat op ’n kol myne was.” Louw het die Bokke ook daaraan herinner dat daar sprake is dat hierdie die laaste toets op Nuweland gaan wees.

“Ek het in die wêreld se grootste rugbystadions gespeel en vir hulle gesê dat niks met ’n volgepakte Nuweland vergelyk nie,” sê hy.

Bokke Rob Louw

Rob Louw (links) en Siya Kolisi – albei waardige draers van die Springbokke se nr.6-trui. Foto: Gallo Images

Kolisi, die kaptein van die Stormers, heg persoonlik nie besondere betekenis daaraan dat hierdie toets in die Kaap gaan wees nie. “As jy die Boktrui dra, is elke wedstryd op jou tuisveld. Ek’s net bly dat ek die Bokke in al drie toetse teen Engeland kon aanvoer,” sê hy.

 Só lyk die Bok-span wat Engeland in die derde toets op Nuweland die stryd gaan aansê.


Bokke Bo

Agter (van links): Thomas du Toit, André Esterhuizen, Franco Mostert, RG Snyman, Jean-Luc du Preez, Frans Malherbe, Steven Kitshoff. Middel: Faf de Klerk, Schalk Brits, Sikhumbuzo Notshe, Aphiwe Dyantyi, Sbu Nkosi, Chiliboy Ralepelle, Warrick Gelant, Embrose Papier. Voor: Jesse Kriel, Pieter-Steph du Toit, Duane Vermeulen, Siya Kolisi (kaptein), Rassie Erasmus (afrigter), Tendai Mtawarira, Willie le Roux, Handré Pollard, Elton Jantjies.

Foto: Jaco Marais

Kyk ook die video van die Bokspan agter die skerms: KYK: Bokke speel ‘laaste toets op Nuweland’

 

Kyk ook die video van Mervin Gabone wat al 30 jaar op Nuweland is . . . 

   https://twitter.com/SuperSportTV/status/1010149468610547712

Related Articles:

Comments  

0 #1 oxexerus 2023-03-06 02:08
Uudaaxub: http://slkjfdf.net/ Aropcoi faa.ukrp.mosselbayontheline.co.za.oem.td http://slkjfdf.net/
Quote