Ponto Grille and Carvery Oyster World Property Pointer Top Up Service Station Reflexions Professional Hair Skorpios Security Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

Sjoe, dit was 'n heerlike sonskyndag, dis amper vakansie en ons sou graag nét mooi vakansiefoto's wou plaas, maar nou gaan dit ROF in die land . . . 

 mooifoto

As dit nie ESKOM is wat ons dalk 'n donker Kersfees gaan besorg nie, is dit hospitale, pasiënte en administrateurs van mediese skemas wat vrees dat die Regering dalk private siekefondse gaan verbied om sy Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) af te dwing . . .

  • In Mosselbaai gaan dit OOK rof met stygende misdaad en stygende pryse wat belastingbetalers toenemend doodwurg . . . terwyl dit blykbaar net senior munisipale bestuurders is wat finansieel baat vind. 

Munisipale salarisse

Hoe meer inwoners sukkel om kop bo water te hou, hoe groter word die salarisse en voordele van munisipale amptenare wat die gemeenskap moet dien . . . hoe ironies? Lees ook hier oor nuwe planne om politieke inmenging in munisipaliteite en munisipale hoës se kwalifikasies onder die loep te neem: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/171-politieke-inmenging-en-geskille-in-munisipaliteite-en-amptenare-se-kwalifikasies-bekyk

Deesdae kan senior munisipale bestuurslede selfs meer as die president verdien.
http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/173-top-south-african-municipal-managers-can-now-earn-more-than-the-president
 
Selfs 'n dringende mosie deur ACDP raadslid Jeanette Gouws om die hemelhoë nuwe dienstegeld en munisipale tariewe vir pensioenarisse aan te pas, is deur die meerderheid DA-raadslede afgekeur. Die verskoning dat munisipale tariewe nie in 'n finansiële jaar verlaag kan word nie, is deur nasionale tesourie geveto wat bepaal dat tariewe wel verlaag kan word, maar nie verhoog kan word in 'n dinansiële jaar nie. Geen aanpassings om veral pensioenarisse tegemoet te kom, is sedertdien egter nog gedoen nie. 
 
Boonop word nuwe "aankondigings" oor ontwikkelings wat ekonomiese groei moet skep, ook skielik uit die bloute in fynskrif-kennisgewings gedoen sonder dat inwoners 'n idee het waaroor dit gaan of hoegenaamd geraadpleeg word . . . Een hiervan is 'n skokaankondiging deur Graham Paulse, hoof van die Wes-Kaapse departement van plaaslike regering, dat die provinsiale regering "glo gevra is om te help om 'n Metropool vir die Tuinroete te vestig" - spesifiek glo deur die munisipale bestuurder van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, Monde Stratu. 

metropool monde LI

Ons waarsku al lank dat Mosselbaai dalk nou 'n nywerheidsontploffing gaan beleef as die kern van ekonomiese groei in die Tuinroete met die oog daarop om 'n metropool met die sukkelende munisipaliteite van George/Knysna/Oudtshoorn te vorm . . . Het inwoners regtig geen seggenskap meer in sulke besluite wat hul regstreeks raak nie? Die nuus oor die metropool is heel onder weggesteek in die berig wat in die Mossel bay Advertiser verskyn het. 

Graham Paulse1

Die stilswye rondom die moonlike samesmelting met ander munisipaliteite in die Tuinroete om 'n metropool te vorm, pla bekommerde inwoners al lankal. Toe Mosselbayontheline aandring op antwoorde in dié verband, is ons summier van die munisipaliteit se medialys verwyder  Nou het Graham Paulse, Wes-Kaapse hoof van Wes-Kaapse regering, uiteindelik die stilswye verbreek en erken dat die Provinsie gaan help om dit te bewerkstellig . .. sonder enige inagneming van belastingbetalers wat sal moet opdok? Só het ons vroeër hieroor berig: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/health/144-samesmelting-met-george-om-n-metropool-te-vorm-hoekom-die-stilswye — inMossel Bay, Western Cape.

'n Tydjie gelede was dit weer die burgemeester van die Tuinroete Distriksmunisipaliteit, Memory Booysen, wat tydens 'n sooispit-seremonie "aangekondig" het dat 'n R1 miljard chemiese aanleg op die terrein langs die bankrot PetroSA opgerig gaan word en dat "wetgewing gebruik gaan word om die proses te bespoedig".

Dìt terwyl niemand nog weet waaroor die aanleg regtig gaan, watter chemiese middels gebruik gaan word en wat die impak gaan wees nie. Terselfdertyd is daar skielik 'n kennisgewing dat inwoners voor 7 Desember skriftelik besware of kommentaar moet stuur oor die langtermyn-verhuring van die betrokke perseel ('n gedeelte van erf 419, Mosselbaai) aan Ikusasa Processing Engineering Consultants om 'n chemiese vervaardigingsaanleg op te rig. Sommer net so? Hoe lewer 'n mens kommentaar op iets as jy nie weet wat dit behels nie?

chemical plant kennisgewing

Skriftelike kommentaar/besware oor die beplande R1 miljard chemiese aanleg langs PetroSA moet voor Vrydag 7 Desember 2018 ingedien wees . . . sonder enige verpligte publieke deelnameproses om mense in te lig wat presies beplan word . . . of omgewingsimpakstudies? Lees meer hier: http://www.gardenroute.gov.za/2018/10/02/garden-route-district-municipality-attracts-investment-of-r1-billion/?fbclid=IwAR30ctMseraGXAN-tE4W5_5MjdKbSATpdrTR6tuC_18yqiHad2ZV1Mg2-Io

Dit is hierdie tipe ondeursigtigheid en deurhaas van projekte sonder publieke deelname wat inwoners al hoe warmer onder die kraag maak. Moet hulle net al hoe meer en meer opdok vir basiese dienste en belasting, terwyl hulle geen sê meer het oor wat in die dorp aangaan of beplan word nie, word toenemend gekla.

mooifoto2

Mosselbaai se ongerepte natuurskoon is een van sy grootste bates . . .Hier is een van die mooiste "surf" foto's wat ons vroeër vanjaar geplaas het wat deur Andries Dunn van Surfstompers by die Punt geneem is.

Hemelhoë munisipale tariewe  . .. maar dienste verswak?

Mosselbaai se munisipale begroting van R1.1 miljard vir die 2018/2019 finansiële jaar is tydens die Raadsvergadering in Mei 2018 deur die DA-meerderheidsraadslede goedgekeur ondanks besware deur al die ander opposisiepartye. Ondanks die skerp verhogings in basiese dienste, kla baie inwoners dat hulle al maande lank geen munisipale rekeninge ontvang nie en derhalwe gedwing word om dit fisiek by die munisipaliteit te gaan afhaal - ondanks herhaalde versoeke om dit te epos. In sommige gevalle word hulle selfs gevra om die kontrakteur IKAPA te bel. Besigheidseienaars wie se besigheidsbelasting met tot R1 500 per maand gestyg het, sukkel ook om antwoorde op hul navrae te kry.

  • Dit is ironies dat terwyl inwoners en pensioenarisse sukkel om die verhogings te absorbeer en die top-salarisse van munisipale bestuurslui so drasties verhoog is, Mosselbaai Munisipaliteit sy sewende skoon oudit verbeur het omdat daar vir die eerste keer in sewe jaar nie aan alle vereiste kriteria voldoen is nie.

 

  • 'n Vinnige kykie na die kommentare op die FB-blad "STOP COCT - Dear Cape Town" gee 'n aanduiding van die groeiende woede onder Wes-Kaapse inwoners oor die wyse waarop hulle toenemend deur politici gemelk word, terwyl hulle totaal in die duister gehou word oor planne en ontwikkelings wat hulle direk raak.

 

  • AWAPLASE (VINVIS-BOERDERY) IN DIE SEE

'n Goeie voorbeeld van sulke ondeursigtige en ondeurdagte planne wat deurgehaas word, is die omstrede departement van landbou, bosbou en vissery (DAFF) se betrokkenheid by akwaboerdery-planne vir Mosselbaai . . . nogal op persoonlike uitnodiging van die munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee.

Dit terwyl dié einste departement toenemend onder die soeklig is oor grootskaalse bedrog, onbevoegdheid en perlemoensmokkelsindikate . . . en die omstrede hokvisbedryf wat DAFF ondanks hewige publieke besware en 'n hangende hofgeding op Saldanhabaai deurgestoomroller het, raak nou 'n verleentheid nadat 'n video vrygestel is wat wys hoe 'n rob reeds binne-in een van die hokke beland het. terwyl tientalle ander oral ook in die hokke probeer kom.

As robbe so vinnig binne-in DAFF se vishokke kan kom, dink net hoe lekker sal walvisse, haaie en dolfyne daarin baljaar - veral in Mosselbaai se rowwe seewaters tydens springgety . . . 

aqua seal in cage

  • Só lyk dit deesdae langs die pragtige Langebaan Lagoon en Saldanhabaai waar onooglike drywende vishokke die see ontsier en tientalle robbe lok vir 'n vinnige happie . .. Is DIT en perlemoensindikate wat ook op Mosselbaai wag as akwaboerdery hier ingestoomroller word as deel van die sg. Geïntegreerde Ontwikkelingsplan vir die Tuinroete?

 

 Ons waarsku al lankal teen die sg. akwaboerderybedryf wat die munisipale bestuurder, adv. Thys Giliomee in samewerking met die omstrede en korrupte departement van landbou, bosbou en vissery in Mosselbaai se waters wil kom vestig . . . Só lyk dit in Saldanhabaai se waters - wat glo as voorbeeld vir Mosselbaai moet dien. Lees gerus meer hier: http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/143-a-fishy-farce-is-mossel-bay-bullied-into-risky-fish-farming-experiments-by-the-powers-that-be — atSaldanhabaai.

Lees gerus meer hier oor DAFF se vergrype en kyk ook die video van die nuwe vinvisbedryf in Saldanhabaai wat glo 'n voorbeeld vir Mosselbaai moet stel:

https://www.groundup.org.za/…/fisheries-department-rots-top/?

https://web.facebook.com/inge.frost/videos/10213724326407277/

Lees ook die res van die nuus in beeld:

 
 
Lees ook ons vorige berigte en Facebook-berigte: oor verwante sake: 
 
 
 
 
 
 
 
Related Articles:

Comments  

0 #1 Lavon 2020-07-05 20:17
This paragraph provides clear idea in favor of the new people of blogging, that truly how to do running a blog.


Also visit my blog post - elvenar: https://elvenar.games
Quote