Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Skorpios Security Property Pointer Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Reflexions Professional Hair Oyster World

 

MosselbayonTheline | First With The News

 
♫Kinders moenie in die water speel nie, die oumense het dit opgemors . . . ♫ 

Hartseer maar waar . . . die Hartenbos-rivier is baie siek weens baie jare se onkundige en kortsigtige misbruik en mishandeling . . . en hoewel 'n dapper spanpoging gisteroggend aangewend is om die monding meganies oop te stoot, is dit sterk te betwyfel of die rivier ooit dié Kersseisoen vir die publiek oopgestel sal kan word.

muni Des7 rivier

Baie vingers kan gewys word na baie mense oor die afgelope dekades, maar die "bottom line" bly maar die mens en sy neiging om feitlik bo-op die see of 'n rivier te wil woon (en dus die natuurlike kuslyn en riviervloei verfomfaai) en 'n inwonerstal wat so uitgebrei het dat niemand meer weet waarheen met al die "ablusiewater" nie . . . en rivier toe kan dit ook nie meer veel langer nie.

desember34

Die groot gesukkel om toestemming by Omgewingsake te kry om die monding oop te stoot en 'n toutrekkery oor waar en hoe dit oopgemaak moet word, belemmer voorts die reddingsaksies . . .

Gister se oopmakery was - volgens alle betrokkenes - ietwat van 'n "floppie" en hoewel die seewater met hoogwater redelik hoog in die rivier opgestoot het, was dit met laagwater weer duidelik dat die natuur hom nie laat voorskryf nie . .. die water het weer sy eie roete verby die nuwe "sloot" gevolg en die grasgroen kleur van die besoedelde rivierwater het selfs die vlak branders 'n neongroen skynsel gegee . . .

desember30

Terwyl baie mense meen die sandduine wat aan die ATKV se karavaanpark grens moet weg sodat die water sy oorspronklike roete kan volg, kap die ATKV teë uit vrees dat dit sy infrastruktuur kan beskadig . . . en hoewel dit oorwegend 'n soutwaterrivier is met weinig natuurlike invloei van varswater, word die rivier daagliks gebombardeer met miljoene kubieke liter varswater uit die rioolsuiweringswerke wat die soutbalans versteur . . . want iewers moet almal se "uitskot" heen, maar nou kan dit nie meer see toe loop nie.

desember20

Die slik van dié uitskotwater wat deur die dekades op die rivierbodem en sand opgebou het, het boonop die ekologie só versteur dat net 'n tsoenami dit behoorlik sal kan skoon spoel.

Dis 'n lang en ingewikkelde proses met baie rolspelers en "politieke jurisduksies" en terwyl kundiges en owerhede nou werk aan moontlike en volhoubare langtermyn-oplossings, is die kanse skraal dat veral die bokant van die rivier dié seisoen veilig sal wees vir swem of ontspanningsdoeleindes. Die water sal daagliks getoets word, maar wonderwerke gebeur nie oornag nie.

desember31

In 'n opvolg-aksie het inwoners Donderdagoggend wéér met hande-arbeid probeer om die riviermonding verder behoorlik oop te maak nadat die vorige dag se poging met meganiese toerusting deur die gety onderbreek is.

Hartenbos riviermond oopmaak

Dit was 'n moedige poging en sake is bemoeilik weens die massas sand wat verskuif moes word. Phillip Vermaak, voorsitter van die Hartenbos Rivier-forum, het gesê hoewel die seewater met Donderdagoggend se poging bo verwagting ver ingespoel het, is die rivier steeds nie geskik vir volle rekreasiedoeleindes nie. Die sterk inwaartse vloei van seewater beloof egter om welkome verligting te bring.  

 Luister ook gerus na 'n inwoner se mening oor die riviermonding. (Ons vra om verskoning vir die video wat op sy sy lê!) 

Nog foto's van die riviermonding se oopmaak: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2295071540724100?

 Die goeie nuus is dat die klomp spierwit strande, die Punt-getypoel en die Poort se natuurlike swempoel steeds daar is - en dus hoef die verbode rivier nie vakansiegangers se pret te bederf nie.

1may8

 Lees gerus meer hier ook:

Related Articles:

Comments  

0 #1 iawiliax 2020-09-04 12:12
Buy [censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ [censored] 500mg Capsules ipb.ltdy.mosselbayontheline.co.za.yzq.av http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote