Property Pointer Reflexions Professional Hair Delfinos.Passion for food-Passion for life Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Beach House Restaurant Wolwedans Game Farm Oyster World Skorpios Security

 

MosselbayonTheline | First With The News

Terwyl politieke imenging en magspeletjies toenemend 'n probleem word by munisipaliteite, en inwoners al hoe meer kla hulle word uitgebuit en soos "stout kinders" behandel as hul durf vrae vra of kla, het die minister van samewerkende regering en tradisionele sake nou ingegryp om seker te maak diégene in hoë munisipale poste is wel gekwalifiseerd en bevoeg vir die werk waarvoor hulle sulke hoë salarisse verdien.

“Politieke inmenging en geskille wat munisipaliteite landwyd verlam, kry aandag.”

DrZweliMkhize large

Dié aankondiging deur dr. Zweli Mkhize (foto) op 'n tweedaagse beraad oor munisipale bestuur wat in Bloemfontein gehou is, kom te midde van groeiende misnoeë en klagtes van ontevrede belastingbetalers landwyd dat hul geld deur onbevoegde mense in munisipale leiersposisies gemors word wat om politieke oorwegings en nie op grond van hul kundigheid, ervaring en bevoegdheid aangestel is nie.

Ook in die Wes-Kaap is daar groot ontevredenheid onder inwoners van alle dorpe oor die politieke magspeletjies in plaaslike owerhede en die onbekostigbare tariefverhogings vir basiese dienste, terwyl hul klagtes oor foutiewe rekeninge en ander probleme op dowe ore val. Inwoners pleit toenemend vir 'n verkiesingstelsel wat voorsiening maak daarvoor dat inwoners individue kan aanstel in munisipale leiersposisies op grond van hul kundigheid en ervaring ongeag van hul politieke affiliasies - die beste persoon vir die werk en basta die politiek! 

Munisipale hoës se kwalifikasies bekyk

Deur Marietjie Gericke 06 November 2018 21:05

Ondersoek gaan ingestel word na die kwalifikasies van munisipale, finansiële en tegniese bestuurders in die land. Dié wat nie oor die regte kwalifikasies beskik nie, sal ontslaan word.


Só het dr. Zweli Mkhize, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Dinsdag op ’n tweedaagse beraad oor munisipale bestuur in die Vrystaat in Bloemfontein gesê.


“Die regte mense met die regte vaardighede en kwalifikasies moet in munisipaliteite aangestel word.”
Hy sê ’n klousule in munisipale bestuurders se kontrakte wat bepaal dat hulle ontslaan kan word as hul ouditbevindings ongunstig is, word oorweeg.

“Die nuwe wetsontwerp wat by pres. Cyril Ramaphosa lê om geteken te word wat bepaal dat munisipale bestuurders voortaan persoonlik aanspreeklik gehou sal word vir onreëlmatige uitgawes, word verwelkom,” sê hy.

Odwa Duda van die ouditeur-generaal se kantoor sê Vrystaatse munisipaliteite die onreëlmatige uitgawes beloop R2,5 miljard.
Mkhize sê dit is te betwyfel of buitelandse beleggers in wanfunksionele munisipaliteite sal wil belê waarvan die stabiliteit en volhoubaarheid bevraagteken word. Munisipale gebiede wat vuil is, skrik buitelandse beleggers ook af.

Elf munisipaliteite in die land wat onder administrasie is, word deur die regering ondersteun sodat hulle weer op eie bene kan staan, sê Mkhize.
In die Vrystaat is dit munisipaliteite soos Masilonyana (Theunissen), Mafube (Frankfort) en Maluti-A-Phofung (Harrismith en Qwaqwa).
Mkhize sê grootskaalse beplanning sal gedoen moet word vir 2030, wanneer 70% van alle mense in Suid-Afrika verstedelik sal wees.
Grond sal geïdentifiseer moet word vir behuisingsprojekte in stede, dalk hoë verdiepinggeboue, en voldoende munisipale infrastruktuur vir die grootskaalse instroming sal geskep moet word.

Terselfdertyd sal nywerheids- en mynbou-ontwikkelings op die platteland onderneem moet word om klein dorpe waarheen mense van landelike gebiede gaan verhuis volhoubaar te maak.

“Daar moet vir geïntegreerde-ontwikkelingsprojekte in stede en dorpe voorsiening gemaak word wat die heersende apartheidsontwikkeling ongedaan sal maak.”

Mkhize sê op sy besoek in Junie aan die Vrystaat is nege munisipaliteite waar ingegryp moes word, geïdentifiseer, asook die Mangaung-metro. Hy werk nou saam met Oupa Khoabane, Vrystaatse LUR vir samewerkende regering, om die munisipaliteite reg te ruk.

 “Politieke inmenging en geskille wat munisipaliteite landwyd verlam, kry aandag.”

Hy het ook verwys na die moord op 30 raadslede en munisipale amptenare in KwaZulu-Natal.

Gevegte oor tenders wat oor korrupsie en gierigheid gaan, kan die langer geduld word nie, sê hy.

Kommer bestaan ook omdat sommige munisipaliteite nie hul toelaes vir munisipale infrastruktuur bestee en nuwe infrastruktuur bou nie.
Van die redes is dat munisipaliteite nie die vermoë het om die geld te bestuur en groot infrastruktuurprojekte kan hanteer nie.

“Daarom is 80 ingenieurs en stadsbeplanners na van die sukkelende munisipaliteite gestuur.”
Nog ingenieursposte is geadverteer.
Die departement is voorts besig om ’n invorderingsplan bekend te stel wat munisipaliteite sal help met die invordering van diensgeld.
Mkhize sê die kultuur van wanbetaling moet ernstig aandag kry omdat Vrystaatse inwoners, sakeondernemings en staatsinstellings munisipaliteite R15,6 miljard skuld.

Wat sê die mense? 

'n Blote kykie na die woedende kommentare oor munisipale aangeleenthede op sosialemediagroepe toon duidelik dat  Wes-Kapenaars ewe keelvol as hul landgenote elders is vir ondeursigtige, partydige en outokratiese munisipale bestuurstyle en besluite waaroor hulle, as belastingbetalers, weinig of geen inspraak het nie.

distress

Die aanstel van onbevoegde kontrakteurs en konsultante wat miljoene rande kos vir werk wat munisipale amptenare veronderstel is om te (kan) doen, laat ook al hoe meer die wenkbroue lig. Belastingbetalers en sakelui voel hulle word tot op die been gemelk, terwyl dienste en hul inspraak in belangrike besluite al hoe swakker en minder raak.

Die onlangse swak hantering van die Kaapse waterkrisis waarvoor inwoners nie alleen aan drakoniese beperkings onderwerp is nie, maar boonop beboet is omdat hulle water spaar, was vir baie Kapenaars die laaste spyker in die doodskis. Daarby het die politieke binnegevegte en magspeletjies die meeste landsburgers hul vertroue in politici in die algemeen, en die heersende politieke partye in die land, heeltemal laat verloor.

Water

In Mosselbaai is daar ook groot kommer en ongelukkigheid oor gebrekkige en ondeursigtige kommunikasie oor belangrike sake wat die dorp in sy geheel raak.

Die onlangse aankondiging deur Memory Booysen, burgemeester van die Garden Route distriksmunisipaliteit, dat Mosselbaai die ekonomiese nywerheidsgroeipunt van die Tuinroete gaan word en in die voetspore van hawedorpe soos Saldanhabaai, Kouga en Richardsbaai gaan volg, laat ook vrese ontstaan. Booysen het dié aankondiging tydens 'n sooispit-seremonie gedoen om 'n nuwe "wêreldgehalte chemiese aanleg van R1 miljard" langs die bankrot en beleërde PetroSA in te wy.

Wil wet "gebruik om proses te bespoedig" 

Hy het ook genoem dat die wet dié keer "gebruik gaan word om die proses te bespoedig". Dié aanleg sal glo werk aan minstens 3 000 mense oor die volgende vyf jaar verskaf, maar geen besonderhede is nog bekend gemaak oor watter chemikalieë en prosesse ter sprake is en wat die impak daarvan op inwoners en naasliggende woonbuurtes sal wees nie. Die aankondiging is ook gemaak sonder dat daar enige openbare deelnameprosesse was. 
http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/165-moselbaai-se-mooi-vir-hoe-lank-nog-as-politici-doen-net-wat-hulle-wil

Burokratiese magspeletjies van munisipale kant wat hul gesag en pligte ondermyn, het ook verlede week daartoe gelei dat al vyf senior direksielede van Mosselbaai Toerisme wat die private sektor verteenwoordig, insluitendie die voorsitter en onder-voorsitter van die direksie, eenparig besluit het om hulle nie weer verkiesbaar te stel nie.

toerisme4

Dit het gevolg ná maandelange interne struwelinge en onaangenaamheid wat die situasie later so onhoudbaar gemaak het dat die vyf direksielede besluit het om in 'n gesamentlike protesaksie hul aankondiging in die openbaar op die laaste Algemene Jaarvergadering te doen.

Dit het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur, omdat die oorblywende lede weinig ervaring in dié bedryf het en die toerismehoof, sowel as die munisipale bestuurder, albei van buite kom en betreklik onlangs eers in hul huidige poste aangestel is vergeleke met die dekades lange ervaring van die uittredende direksielede.  http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/news/breaking-news/168-mosselbaai-toerisme-vyf-direkteure-loop-oor-burokrasie?  

Party-politiek in raadsbesluite

Hoewel politiek glo nie in munisipale bestuur hoort nie, speel die meerderheidstem van DA-raadslede toenemend 'n bepalende rol in belangrike raadsbesluite - wat nie altyd in die gemeenskap se belang is nie.

Oorbelaste belastingbetalers kla ook toenemend oor die buitensporige salarisse en voordele wat munisipale amptenare deesdae verdien, wat veroorsaak dat hulle  heeltemal uit voeling is met die swak salarisse en omstandighede van die gewone, werkende man op straat - veral op 'n kusdorp soos Mosselbaai waar werk skaars en dikwels seisoenaal is.

Die salarisse en voordele van Mosselbaai se munisipale amptenare

Munisipale salarisse

Hulp aan pensioenarisse geweier 

Die hemelhoë munisipale tariewe vir basiese dienslewering veroorsaak dat veral pensioenarisse noustrop trek en vrees dat hulle hul huise sal moet verkoop om finansieel te oorleef.

'n Mosie deur Jeanette Gouws van die ACDP wat deur ander opposisiepartye ondersteun is om pensioenarisse tegemoet te kom met afslagtariewe en verhoogde subsidies vir basiese munisipale diensleweringstariewe in ooreenstemming met wat dit voor die verhogings was, is deur die DA afgekeur. Gouws het die DA se argument dat tariewe nie in 'n finansiële jaar verlaag kan word nie, verwerp en verwys na die graf- en begraafplaastariewe wat in Julie vanjaar drasties verlaag is nadat opposisiepartye dit sterk veroordeel het. Die tariefverhogings word sedertdien deur die munisipaliteit gesubsidieer.

Gouws het ook verwys na die verhoging in vullisverwyderingstariewe vir inwoners wat in meenthuiskomplekse woon. Hulle betaal nou meer as dubbel sedert elke individu ook 'n aparte diensfooi moet betaal, hoewel al die rommel na 'n sentrale afhaalpunt geneem word. 

Gouws het gesê dié individuele fooi is strydig met munisipale verordenings wat bepaal dat die bedrae wat individue vir dienslewering betaal, proporsioneel in verhouding moet wees met die verbruik van die diens, en dit is bykomend tot die 15% prysverhoging vir alle inwoners. Lees die volledige verklaring hier:

 https://web.facebook.com/ACDPMosselBay/posts/1968439646782447?  

 

 

Related Articles:

Add comment

No abuse, no discrimination, no foul language


Security code
Refresh