Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair Ponto Grille and Carvery Beach House Restaurant Oyster World Skorpios Security Wolwedans Game Farm Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die kleurryke Diasfees wat Sondag ten einde geloop het, is nie net plek-plek deur wind en reën gekniehalter nie. 'n Storm wat ook wêreldwyd opslae gemaak het, het Saterdagaand losgebars toe die Springbok-skrumskakel Faf de Klerk blykbaar weens " 'n misverstand" summier deur die "feesorganiseerder" Edward Jantjies uit die BBP-tent gejaag is.

Faf de Klerk

Dit het die sanger Arno Jordaan só ontstel dat hy glo gesê het hy sal nooit weer by die Dias & Hawefees optree nie. Faf en sy meisie, Miné van Niekerk, was juis daar op uitnodiging van Jordaan wat vir hul almal goue BBP-bandjies bekom het.

Dié herrie wat glo ook as nuusflitse op internasionale medianetwerke soos CNN, BBC en Al Jezeera gaan draai het, het die feeshoogtepunt op 'n effense vals noot laat eindig. Jantjies het glo nooit 'n rede verstrek hoekom Faf die tent moes verlaat nie en wou nie luister na Faf se verduideliking dat hy wel 'n goue BBP-bandjie het nie.

Dié "ongasvrye, arrogante en ondiplomatiese" optrede deur 'n feesorganiseerder het 'n stortvloed kritiek uit alle oorde ontlok. 

Die Mosselbaai Munisipaliteit sou glo die voorval ondersoek en teen Dinsdag terugvoering gee, maar teen Dinsdagaand is geen woord nog daaroor gerep nie. Die munisipale bestuurder het wel Sondag namens die munisipaliteit om verskoning gevra op die aanlyn-kommentaarblad onder die Rapport-berig.

Die Sondagkoerant Rapport het soos volg oor die voorval berig:

Springbok by fees uit BBP-tent verjaag

Die sanger Arno Jordaan is woedend en sê hy sal nooit weer by Mosselbaai se Diaz & Port Festival in Mosselbaai optree nie nadat ’n munisipale amptenaar die Springbokskrumskakel, Faf de Klerk, glo Saterdag uit die BBP-tent gejaag het.

Jordaan sê hy het vir hom, sy vrou, Lizanie, en De Klerk en dié se vriendin, Miné van Niekerk, goue BBP-bandjies by een van die feesorganiseerders gekry.

Arno Jordaan en Lizanie

Die gewilde sanger Arno Jordaan en sy vrou Lizanie. Arno wil glo nooit weer by die Dias & Hawedees optree nie. 

Jordaan en sy vrou was eerste by die tent en hy het die vier goue bandjies op ’n tafel neergesit en water gedrink.
“Dit was so 'n halfuur voordat ek moes optree.”
Faf en Miné het ook by die tent opgedaag en die volgende oomblik het ’n man na ons gestap.

Hy het met ’n glimlag aan Faf gesê jammer, maar hulle mag nie daar wees nie.
“Ons het eers gedink hy maak ’n grap, maar toe besef hy is ernstig,” sê Jordaan.
Dit het gelyk asof hy iets teen Faf het, sê Jordaan.

Faff en Miné van Niekerk

Faf  de Klerk en sy vriendin Miné van Niekerk. Faf is summier deur die feesorganiseerder Edward Jantjies gevra om die BBP-tent te verlaat omdat "hy nie daar mag wees nie". 

Hy sê die vrou wat die bandjies vir hom gegee het, het tussenbeide probeer tree, maar die man het gesê hy is die organiseerder van die fees en hulle moet uit die tent.
Die vrou het toe in trane uitgebars, sê Jordaan.

“Ek was baie geskok en het gebewe van woede. Ek wou nie verder optree nie.”
“Hoe kan ek my beste gee as so iets gebeur?”
Ek was so kwaad dat ek gesê het ek gaan vir die mense vertel wat nou hier gebeur het, sê hy.

Hy het toe wel opgetree, maar sê dit was vir hom baie sleg.
Intussen het van die ander organiseerders hom om verskoning gevra.

Jordaan sê in sy 16 jaar as kunstenaar het hy nog nie so-iets beleef nie.

Arno Jordaan en Faf de Klerk

Arno Jordaan en Faf de Klerk is groot vriende. Hier is hulle by 'n ander geleentheid saam afgeneem. 

“Ons was vier mense met vier BBP-bandjies, hoekom vra hy vir Faf om te loop?”
Dit is vir my ontstellend dat een man so ’n slegte atmosfeer by ’n lekker fees kan skep, sê Jordaan.
Die fees word aangebied deur die Mosselbaai-munisipaliteit en die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA).

Eduard Hugo, die musiekpromotor wat by die fees betrokke is, het die voorval bevestig het bloot gesê die kwessie is opgelos.

Eduard Hugo

Eduard Hugo is hier aam met die sangeres Charlize Berg wat tydens die fees opgetree het. 

Edward Jantjies, direkteur van korporatiewe dienste van die stadsraad en voorsitter van die feeskomitee, het nie sy selfoon geantwoord of onmiddellik op boodskappe gereageer toe hy om kommentaar genader is nie.

EJantjies

Edward Jantjies wat Faf summier beveel het om die BBP-tent te verlaat. 


Die fees was Saterdag in ’n stadium weens gure weer onderbreek, maar is nog Sondag aan die gang.

https://www.netwerk24.com/…/springbok-by-fees-uit-bbp-tent-…

Lesers het ook in hul kommentare hul ongelukkigheid oor die voorval en die gebrek aan meer besonderhede luidkeels gelug. Dit het Mosselbaai se munisipale bestuurder Thys Giliomee genoop om namens Jantjies en die munisipaliteit om verskoning te vra oor die "ongelukkige gebeurtenis". Hy het ook genoem dat Faf hom deurgaans onberispelik gedra het.

Kommentare: 
Gawie Venter 
Nou wie is die man?Almal se name word genoem behalwe die een wat die oorsaak van die gemors was.

Thys Giliomee, Mosselbaai se munisipale bestuurder:

Thys Giliomee1

Ek het vir beide Arno en Faf om verskoning gevra vir die ongelukkige gebeurtenis namens Mosselbaai Munisipaliteit en die amptenaar. Dit is jammer dat Arno nie die verskoning aanvaar het nie. Na die insident het ons Faf opgespoor en het ek hom persoonlik vergesel na die tent. Ek was gelukkig om 'n foto te kry van Faf saam met ons uitvoerende burgemeester, wat self 'n rugbylegende is. Alhoewel ek om verskoning vra vir die insident, moet Arno verstaan dat die Wes-Kaapse Kabinet ook gaste vir die tent was en dat baie streng sekuriteit toegepas is. 'n Plaaslike kunstenaar, vir wie nie VOORAF gereel is nie, is ook Vrydagaand gevra om die tent te verlaat. Faf se gedrag was ter alle tye onberispelik.

C L Gawie Venter
Kyk na die tweede laaste paragraaf.......

Die Beer 
Hy is seker baie kwaad vir Faf omdat hy die bal so baie wegskop.

Wilma Ferreira 
Sjoe Mosselbaai Munisipaliteit, 3 negatiewe berigte van ons dorp in die Sondag koerant op een naweek!!? Dit proe sleg....

Adriaan Koen Wilma Ferreira 
En dit nogal die dorp van die jaar??????

Johan van Zyl 
Wat bedoel Eduard Hugo met die voorval is opgelos. Bedoel hy Faf is mos nou wegggejaag? Die Diaz & Port Festival moet mooi in die openbaar verduidelik, wat se remediërende optrede geneem is, anders behoort so ‘n fees geboikot word, totdat hulle besef dat daar ander feeste in die land is, waar sulke onvanpaste optrede nie geduld word nie.

Theunis Duminy 
Stem saam!

Deon Strydom 
Maak soos die nuwe Suid Afrika Boikot die Fees hulle is mos vinnig om te boikot as dit nou wit op swart is .

Brenda Carelsen 
Daar is 'n baie toepaslike gesegde:
ARENDE VANG NIE VLIEË NIE!
Die man het geen maniere nie en hoort deur sy werkgewers gedisiplineer te word maar as ek Faf is, mors ek nie my tyd en energie verder aan hierdie onsmaaklike episode nie!

A J Brenda Carelsen 
Ek wed jou hy gaan niks oorkom nie.

j c fourie 
...en wat was Edward se probleem met Faf.....?

Katrien H j c fourie 
Dit is die jackpot vraag? As ons net daardie kan weet.

Rose-Mare Strydom j c fourie 
Wonder mos ook!

Minette van Schalkwyk
Iets klink nie reg nie ...

Chris Hank 
Mnr Jantjies , wat kan jy ons vertel ?....

FJ Pool 
Wat n skande? Seker n Stormer Lekka WP maltrap fan. Ek is seker Faf was die grootste celebrity op die fees.

Johann Fouche 
Baai Mosselbaai... Sien julle nie weer volgende jaar nie.

Pontius Le Roux 
Hierdie berig was hoofnuus op CNN, BBC en Al Jezeera ook.

Rose-Mare Strydom Pontius Le Roux 
Wonder of hulle meer besonderhede gehad het oor waarvoor Faf gevra is om te loop!?

stephanus johannes van den hee 
Asseblief maak die man wat faf verjaag het beroemd plaas a foto en adress en cel no as moontlik FAF plaas sy details asb asb of vertel ons sy werik rede en verskoning jy is dit aan publiek verskulig ons hou facebook fop

Frik De Villiers 
Het die munisipale amptenaar nie ‘n naam nie?

Sien ook ons Faceblad-berig en foto's hieroor: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2335286143369306?

Lees ook ons vorige FB-plasing:

Terwyl Mosselbaai sy vere regskud vir die "koeler" naweek se gesogte Dias & Hawefees wat weer eens 'n lywige feesprogram met top-kunstenaars en hope vermaak insluit, word inwoners en feesgangers ook gemaan teen misdaad en ongerymdhede wat vinnig toeneem namate die mooie dorp uit sy nate bars.

* 'n Gewapende rooftog waartydens twee jong werknemers van Patrick's Pub & Restaurant in Marshstraat gisternag met messe en 'n panga gedreig en vasgebind is voordat die rowers met 'n skootrekenaar en sowat R50 000 uit die kasregister weggekom het, is die jongste in 'n vlaag voorvalle van gewapende roof in die omgewing.
Volgens speur-adj. Erard Briel het die voorval gisternag omstreeks 02:10 kort ná sluitingstyd gebeur terwyl die twee werknemers - 'n jong man en vrou - alleen besig was om op te ruim en geld te tel.
Volgens hul getuienis het drie mans - twee bruin en 'n swart man - die kroeg ingekom. Twee was gewapen met messe en die derde met 'n panga en hulle het Afrikaans gepraat. Hulle het die werknemers gedreig, vasgebind en toe laat spaander met die kasregister se geld, asook 'n skootrekenaar. Voordat hul vort is, het hulle ook die video-beeldmateriaal verwyder.
Die werknemers kon gelukkig daarin slaag om hulleself los te woel en hulp te ontbied.
Enigeen met inligting wat moontlik kan lei tot die opsporing van die rowers, word dringend versoek om speur-adj. Erard Briel te kontak by 060 525 3848.

* Meer voorvalle van gewapende roof op ons vorige plasing.

* Intussen raak inwoners ook toenemend bekommerd, kriewelrig en ongemaklik oor multi-miljardrandprojekte, ontwikkelings en nywerhede wat oral opduik en beplan word - sonder dat enige inligting beskikbaar is.
Mosselbayontheline word oorval deur navrae en klagtes oor onder meer wat presies by die nuwe hawe-ontwikkeling beplan word, asook die klomp dorpsontwikkelings wat oral geadverteer word soos Outeniquabosch, Paradise Coast, Nautilus Bay, Seegenot en Rheebok Village Estate.

"Die dorp se infrastruktuur en padverkeer kan klaar nie die huidige inwonerstal hanteer nie. Is hier genoeg water vir almal en wat van die riool en vullis?"
"Kyk hoe lyk die Hartenbosrivier van al die riool, en bouwerk aan die nuwe distriksstortingsterrein is nog nie eens begin nie."
"Dit help nie om mense - veral afgetrede pensioenarisse - hierheen te lok met idilliese voorstellings van 'n rustige, ongerepte vakansiedorp as die dorp nou in 'n stad en nywerheidsgebied ontaard wat sy hele karakter gaan verander nie. Hoekom hoor ons niks meer van die Metropool-planne nie?"

Bogenoemde is van die vrae en kommer waarmee huidige en toekomstige inwoners sit. Daar word gevrees dat ontwikkeling te vinnig, ondeursigtig en ondeurdag plaasvind en dat inwoners geen sê het in besluite wat hulle regstreeks raak nie.
"Kyk wat het gebeur in Seemeeupark waar tientalle huise ineengestort het omdat die nodige toetse en voorsorgmaatreëls nie getref is nie. Dit help nie om ontwikkelings deur te jaag sodat niksvermoedende inwoners later met die gebakte pere sit nie."

* Intussen het die Garden Route Distriksmunisipaliteit 'n algehele ommeswaai gemaak rakende die beoogde chemiese aanleg langs PetroSA wat verlede jaar voortydig met 'n amptelike sooispit-seremonie "ingehuldig" is voordat enige planne nog in plek was of enige omgewingsimpakstudie gedoen is.
Lees meer hier: 
http://www.mosselbayontheline.co.za/…/206-total-turnabout-r…

* Inwoners van Klein-Brakrivier is ewe ontstig oor die munisipaliteit se "geldverkwistende planne" om Beyersstraat op te gradeer en loopvlakke en parkeerareas langs die rivier aan te bring vir "die vyf tot tien dae van die jaar" wanneer hier 'n klomp vakansiegangers is. "Die vakansiegangers pla ons as inwoners nie en hulle beskadig nie die duine wanneer hulle langs die pad parkeer nie. Hulle hou juis van die ongereptheid, want dis die hele bekoring van die omgewing!"
Inwoners meen die mees logiese, goedkoopste en eenvoudigste oplossing vir die sandprobleem by die bestaande parkeerarea is om inheemse duinplante aan te plant wat die duine bedek en wind-erosie uitskakel.

Meer nuus/inligting onder die foto-onderskrifte.

 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 cvs male enhancement 2020-07-07 05:15
cvs male enhancement: http://www.cialij.com/
Quote