Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life Ponto Grille and Carvery Skorpios Security Wolwedans Game Farm Top Up Service Station Beach House Restaurant Property Pointer Reflexions Professional Hair

 

MosselbayonTheline | First With The News

GESKIEDENIS: POPSY DELBRIDGE

Dalene Nelson

Politieke volwassenheid kom wanneer jy jou volk lief het ten spyte van die vratte en foute. Elke volk het sy verraaiers, sy hensoppers, sy pedofiele en misdadigers.

 

‘n Skokkende episode in ons geskiedenis, veral vir daardie eng Victoriaanse tydperk, het in 1887 in Mosselbaai plaasgevind.

Waar die Klipkerk van Mosselbaai vandag staan in Kerkstraat het Mev Just en Mejuffrou Mills die Mosselbaai Meisies Openbare Skool bedryf. Bouer en klipkapper John Delbridge en sy eggenote Elizabeth het met hulle dogtertjie Louise (Popsy) na Mosselbaai getrek gedurende 1876 en as vakman was John verantwoordelik vir baie van die historiese geboue in Mosselbaai.

Popsy was in Juffrou Mills se klas. Die skool het twee ingange gehad – een vanuit Kerkstraat en een vanaf die pastorie se kant by die Klipkerk. Soos die gewoonte destyds was het dorpskole gedurende etenstyd gesluit sodat die kinders saam met hulle families kon gaan eet.

Op Dinsdag 11 Oktober 1887 het Popsy Delbridge middagete by die huis gehad en kort voor twee weer na die skool gestap. Die sewejarige dogtertjie het nog vriendelik gewaai vir van die bure en haar skoolmaatjies. Soos gewoonlik wou sy by die sy-ingang van die pastorie se kant ingaan, maar die hek was gesluit.

Terwyl Popsy besluiteloos rondgestaan het, het skoenmaker Billy Matifield opgedaag en sy is hand-aan-hand saam met die vriendelike man weg. Dit is die laaste wat Popsy lewend gesien is.

Teen halfagt daardie aand was die Delbridge’s rasend van bekommernis oor hulle kind. John Delbridge hoor tot sy ontsteltenis dat sy kind nie die middagsessie by die skool was nie. Juffrou Mills bevestig dit en die hele dorp begin soek na Popsy. Haar kam en baadjie word naby die skooltjie se trappe gevind. Kort daarna vind ‘n soekgeselskap haar lykie – klere afgeskeur en haar kop inmekaargeslaan.

Mevrou Just en Mejuffrou Mills vertel aan die polisie dat hulle juis die skoolhekke gesluit het omdat ‘n man rondom die skool gedrentel het. Kort daarna arresteer die polisie vir Billy Matfield, die skoenmaker met vier kinders van sy eie. Hy word aangekla van moord en verkragting.

Die hof het geen genade nie en ten spyte van ‘n roerende erkenning en pleit om versagting word hy ter dood veroordeel.

Op die dag van sy teregstelling samel Mosselbaai se inwoners genoeg geld in om al die skoolkinders op ‘n bootreis te neem sodat hulle dit nie moet sien nie. Daarna versamel al die dorpenaars by die tronk op Mosselbaai om te sien hoe Billy Mansfield gehang word vir die moord op Popsy. ‘n Gedenksteen vir Popsy word opgerig by die ou begraafplaas in die Punt nadat 271 Mosselbaaiers bydra tot die koste.

Toe Popsy se ouer boetie John ook sterf aan skarlakenkoors verlaat John en Elizabeth die dorp en vestig hulle in Wynberg.

Related Articles:

Comments  

0 #1 ekepiymom 2021-02-18 15:23
Buy [censored] Online: http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/ [censored] cjh.rffc.mosselbayontheline.co.za.kdp.oa http://mewkid.net/when-is-xuxlya3/
Quote