Beach House Restaurant Property Pointer Ponto Grille and Carvery Reflexions Professional Hair Top Up Service Station Skorpios Security Oyster World Delfinos.Passion for food-Passion for life Wolwedans Game Farm

 

MosselbayonTheline | First With The News

LOVEY se aanvallers loop steeds vry rond; landsburgers ontplof op sosiale media oor booswigte land regeer

 

Niemand was teen Woensdagaand nog aangekeer nie, ondanks ‘n landwye soektog na die wit gesteelde Toyota Hilux-bakkie waarin die vyf rowers ontvlug het en laas op Heidelberg in die Wes-Kaap gesien is.

Derduisende boodskappe van medelye, troos en simpatie aan Heila se naasbestaandes is van regoor die wêreld ontvang en inwoners van Stilbaai, sowel as Heila se tuisdorp, Springs, was gister nog oorstelp van skok, ongeloof en hartseer.  Stilbaaiers het op sosiale media laat weet dat hul geliefde rustige kusdorpie lankal nie meer so rustig en veilig is nie en dat hulle toenemend agter slot en grendel moet lewe weens die stygende misdaad.

Op Facebook het honderde duisende mense – ook expats in die buiteland – hul woede, kommer en frustrasie uitgespreek oor die Regering se oënskynlike onvermoë (of onwilligheid) om die tsoenami van misdaad en geweld in die land kragdadig te beveg. Vrese is ook uitgespreek dat die Wes-, Suid- en Oos-Kaap spesifiek geteiken word om dié provinsies onregeerbaar te maak en dat plaasmoorde toenemend na Kaapse kusgebiede gaan oorspoel.

Volgens Ian Cameron van AfriForum was daar die afgelope week sedert Winnie Madizikela Mandela se afsterwe en begrafnis reeds elf plaasaanvalle in die land en 149 sedert die begin van 2018.

Sosiale mediagebruikers het mekaar aangepor om meer paraat te raak en hulself te beveilig deur by gemeenskapsorganisasies, buurtwagte en beskermingsgroepe aan te sluit en betrokke te raak.

“Dis nie net plaasaanvallers wat ons bedreig nie – ons is almal sagte teikens van misdaad. Kyk hoe lyk dit in die townships waar bendelede elke dag moor en plunder en stedelinge leef klaar in tronke. Dis duidelik dat die Regering ons nie gaan help nie – ons sal moet saamstaan en onsself beskerm en beveilig.”

Só is vandag op verskeie aanlyn-mediaplatforms oor die voorval berig: 

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Heila Kilian van Springs terwyl sy op ’n plaas naby Stilbaai in die Suid-Kaap gekuier het nie. Kilian (63), wat in ’n aanval doodgeskiet is, het by haar suster, Brenda Thomas, gekuier. Die twee vroue en twee vriende is oorval terwyl hulle op die plaas sowat 2 km buite Stilbaai vleisgebraai het.

Daar is ’n kwekery en ’n koffiewinkel op die plaas. Kilian-hulle het agter die huis gesit toe vyf gewapende mans in oranje oorpakke en klapmusse opgedaag en op hulle begin losbrand het. Kilian wat getref is, is op die toneel dood.

Die twee vriende is vasgebind, maar Thomas kon daarin slaag om na ’n buurplaas te vlug en die polisie is gebel. Die aanvallers het die huis geplunder en ’n kluis oopgebreek. Hulle het met ’n onbekende bedrag geld, ’n paar vuurwapens (waaronder ’n haelgeweer, twee ander gewere en ’n handwapen), jagmesse en ’n wit Toyota Hilux-bakkie – met die registrasienommer CCC 12419 – weggekom. Die bakkie is later opgemerk in Heidelberg in die Wes-Kaap waar die verdagtes by ’n vulstasie brandstof ingegooi het.

Die polisie vermoed dat die aanvallers na Kaapstad onderweg is.

* Enigiemand met inligting kan die ondersoekbeampte, speursers. Ludwig Schnetler, by 079 894 1593 of 028 754 6100 bel, of die tolvrye Stop Misdaad-nommer 08600 10111 skakel.
https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/mans-nog-gesoek-na-moord-op-tannie-lovey-20180418

Die ingang na die plaas buite Stilbaai. Foto: Suid-Kaap Forum

AFRIFORUM:  Maak die Regering se stilswye oor plaasmoorde hulle nie aandadig nie?

149 plaasaanvalle sedert begin van 2018

Daar was sedert verlede Donderdag 11 plaasaanvalle oor die land heen en twee plaasmoorde, sê Ian Cameron, AfriForum se nasionale hoof van gemeenskapsveiligheid. Dit bring die getal plaasaanvalle sedert begin vanjaar op 149 te staan.

“Agttien plaasmoorde is gepleeg en aanvalle in die Oos- en Wes-Kaap neem toe.”

In die jongste voorval is ’n boer Dinsdagoggend by die hek van sy plaas, sowat 30 km oos van King William’s Town in die Oos-Kaap, doodgeskiet, berig Cara-Lee Dorfling.

Sy naam sal eers bekend gemaak word sodra al sy familielede in kennis gestel is. Niemand is nog aangekeer nie.

Die tweede plaasmoord was Maandagaand in die Stilbaai-distrik in die Suid-Kaap. Heila Kilian (63) is doodgeskiet toe vyf gewapende mans vier mense oorval het, berig Jackie Kruger. Die aanvallers het in die eienaar van die plaas se bakkie gevlug met ’n groot bedrag kontant en wapens. Hulle was teen Dinsdagmiddag nog op vrye voet.

Cameron sê AfriForum het nog geen terugvoering gekry ná hul skrywe  ’n maand gelede aan genl. Bheki Cele, minister van polisie, nie. Daarin het AfriForum versoek om met hom te vergader oor onder meer geweld op plase. Volgens Cameron kan die vraag gevra word of die regering se “stilswye” oor plaasmoorde hulle nie aandadig maak nie.

“Ons kan egter nie self net terugsit en niks doen nie. Suid-Afrikaners kan die helfte van die stryd wen indien hulle reg voorberei en seker maak hulle doen binne die raamwerk van die wet alles binne hul vermoë om veilig te wees.”

Twee plaasaanvalle het Sondag gebeur. Volgens Cameron het drie aanvallers ’n man op ’n plaas naby Meyerton in Gauteng aangerand voordat hulle met ’n vuurwapen gevlug het. In Limpopo is ’n veiligheidswag op ’n plaas naby die ATKV-oord Eiland Spa met ’n mes gesteek, voordat drie aanvallers met elektroniese toerusting gevlug het.

https://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/149-plaasaanvalle-sedert-begin-van-2018-20180417

Front Nasionaal het só oor die voorval op sy FB-blad berig: 

Front National would like to express our heartfelt sympathy and condolences with the family of 62 year old Heila Killian who was brutally murdered in a farm attack last night.

Mrs Killian, wife of a retired police colonel from the East Rand, was visiting her sister Brenda and brother-in-law, David Thomas – owners of the Gazania Garden Centre near the peaceful Southern Cape coastal resort of Stilbaai. David moved to South Africa from the United Kingdom some years ago.

While preparing supper around the fire, they were surrounded by 5 black men who tied them up, severely assaulted them and shot mrs Killian in cold blood before running into the night.

Mr and mrs Thomas managed to free themselves and ran to a neighbour who called the police.

In South Africa a white person living in a rural area can no longer stand outside his house on a warm evening having a barbeque with family and friends because evil terrorists attack from the dark and murder without a second thought.

On Sunday around noon FN’s national spokesperson was attacked by a black man on a streetcorner less than a street block from his home in a peaceful country town and robbed after an attempt to stab him with a screw driver was fought off. He escaped with minor injuries.

It is therefore even more condemnable that the ANC government and the DA Abroad tries to convince the world that everything in South Africa is going well and that there are no brutal attacks against white people.

The death of Heila Killian proves that it is an infamous and condemnable lie.

Related Articles:

Comments  

0 #1 David 2020-07-25 17:09
Have you ever thought about including a little bit more than just your articles?
I mean, what you say is important and all. But think of if you added some great pictures or video clips to give your posts more, "pop"!
Your content is excellent but with pics and clips, this site could certainly be one of
the most beneficial in its niche. Awesome blog!
pure stasis cbd oil: https://cbdgumcanada.online
Quote