Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Skorpios Security Ponto Grille and Carvery Delfinos.Passion for food-Passion for life Oyster World Reflexions Professional Hair Property Pointer Top Up Service Station

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die staatsbeheerde oliemaatskappy PetroSA se duiselingwekkende val en verliese kom nie juis as 'n skok nie nadat die gevaarligte oor die regering se gewraakte Projek Ikhwezi van die begin af geflikker het. 'n Jaar gelede is reeds berig dat dié maatskappy, wat toe deur die destydse minster van energie, Mmamoloko Kubayi , as 'n "probleemkind" beskryf is, weens "onbevoegdheid" ten gronde gaan.

Dit het gevolg nadat twee konstruksiewerkers verlede jaar op die aanleg in Mosselbaai gesterf het en daar vertikaal pleks van horisontaal geboor is en die gasteiken dus misgeboor is.

Só is daar die afgelope tyd in die hoofstroommedia oor dié beleërde maatskappy berig wat eens Mosselbaai se trots was. 

PetroSA se gas en geld oor 4 jaar op

Deur  Francois Williams 12 Junie 2018 

PetroSA sal teen vroeg in 2022 nie meer gasbronne en kontant oor hê nie. Sy kontantbronne krimp vinnig.


Luvo Makasi, voorsitter van die Sentrale Energiefonds (SEF) onder wie se toesig PetroSA val, het erken Projek Ikhwezi, wat gepoog het om nuwe gasbronne te vind, was ’n volslae mislukking en R14 miljard is daarop vermors.


Makasi was egter versigtig om Dinsdag PetroSA se omkeerstrategie met die parlement se gekose komitee
oor ekonomiese en sake-ontwikkeling te deel, omdat hy bang is dis kommersieel sensitiewe inligting.


PetroSA het boonop R9,6 miljard se omgewingsaanspreeklikheid aangegaan deur die loop van sy eksplorasie as deel van Projek Ikhwezi. Dit is koste wat aangegaan moet word om die omgewing tot sy oorspronklike toestand te herstel. Die departement van omgewingsake het wel vir PetroSA vyf jaar kans gegee voordat hy die geld hoef te betaal, en daar is nie tans kommer oor PetroSA se status as lopende saak nie.
Die energiemark het so verander dat die SEF se huidige groot uitdaging die finansiële volhoubaarheid van
PetroSA is, sê Makasi.
Hy erken die SEF het agtergeraak met veranderings in die oliemark.


PetroSA aanleg


PetroSA is die SEF se grootste filiaal en het voorheen tot 90% van die kontantvloei en dividende vir die
groep opgelewer. Die laaste ses jaar het PetroSA egter uitdagings beleef, soos die gasbronne in die SuidKaap
wat uitgeput raak en kontantbronne wat opraak.

Dit het ’n probleem geskep want nou moet PetroSA gaskondensaat invoer en dit laai nuwe koste op sy
balansstaat.
Die SEF se korttermynfokus is dus tans om PetroSA om te keer. Tans het PetroSA net 6% van SuidAfrika
se raffineringsvermoë.
Makasi sê die SEF debatteer tans of Suid-Afrika strategiese olievoorraad moet aanhou of om sy eie
belange in olieproduserende bates in ander lande te besit.


Hy sê die SEF moet saam met die regering kyk na die groep se bedryfsmodel. Tot dusver het elke filiaal
sy eie direksies gehad, maar herstrukturering moet oorweeg word. Makasi beklemtoon die SEF wil nie
na die staatskas kom om geld te vra nie, maar wil probeer om sy bedryfsmodel aan te pas om self sy kontantbronne aan te vul.

Volgens Makasi het hulle al die hersieningsproses voltooi, maar wag nou vir die aandeelhouer (regering) om daaroor te besluit.

Op mediumtermyn wil die SEF fokus op aardgas en hernieubare energie, en op lang termyn wil hy gereed wees vir die skuif na elektriese voertuie.
Die SEF kyk steeds of hy ’n voet in die deur van die kleinhandelbrandstofbedryf kan kry, d.w.s. sy eie
vulstasies.
Makasi sê die SEF wil sy belang in die groenkragbedryf vergroot.

https://www.netwerk24.com/Sake/Energie/petrosa-se-gas-en-geld-oor-4-jaar-op-20180612


Vrae oor PetroSA se omkeerplan


Deur  Francois Williams 12 Junie 2018 

 

Die Sentrale Energiefonds (SEF) moet so gou moontlik ná sy volgende direksievergadering sy omdraaiplanne aan die parlement voorlê.

Eddie Makue, voorsitter van die nasionale raad van provinsies se gekose komitee oor ekonomiese en sakeontwikkeling, het Dinsdag gesê die SEF het erken sy filiaal PetroSA is in hoësorg, maar die SEF moet dan ’n duidelike tydrooster uitspel oor hoe hy PetroSA gaan regruk.

PetroSA aanleg1

Die direksie van die SEF het Dinsdag aan die komitee ’n voorlegging gegee, maar sonder vaste spertye oor sy planne met PetroSA. Daar was ook nie eens ’n verteenwoordiger van PetroSA as lid van die SEFafvaardiging nie.

Willem Faber, komiteelid van die DA, het gevra wat gebeur het van die Ibhubesi-gasveldontwikkeling aan die Weskus, hoe die ondersoek vorder oor die strategiese olievoorraad wat onwettig verkoop is in 2015, en of brandstof nie goedkoper gemaak kan word deur voorraad op te bou nie.


Hy het genoem hoe vragmotors wat staal en ander produkte na Mosambiek vervoer in Mosambiek brandstof ingooi eerder as in Suid-Afrika omdat dit heelwat goedkoper is daar.


Leon Magwebu van die DA het aangevoer die SEF moenie die veranderende dinamika van die oliemark die skuld gee vir die SEF en PetroSA se probleme nie.



“Die probleme is selftoegedien. Projek Ikhwezi (waar PetroSA na nuwe gasbronnne aan die Suid-Kaapse kus gesoek het) was nooit goed deurdink nie en daar is nie deeglike noulettendheidstudies gedoen nie. Tot R17,3 miljoen se bonusse is betaal aan die topbestuurders wat daarvoor verantwoordelik was.”


Volgens Magwebu behoort die SEF-direksie te bedank.


Luvo Makasi voorsitter van die SEF, het toegegee die strategiese olievoorraad wat in 2015 in ’n omstrede transaksie verkoop is, is verkoop en nie geroteer soos die destydse minister van energie, Tina JoematPettersson, beweer het nie. By voorraadrotasie word olie vervang, wat nie in dié geval gebeur het nie.


Volgens Makasi word die strafregtelike vervolgingsprosesse nog gevolg en hy wou nie kommentaar lewer of Joemat-Pettersson daaroor vervolg sal word nie.


Makasi sê die huidige direksie by SEF het in Februarie 2017 begin en die gebeure waarvan Magwebu hulle beskuldig het al vyf jaar gelede begin.
Hy erken die SEF kon Projek Ikhwezi anders hanteer het.
Hy het PetroSA se voortbestaan verdedig weens die rol wat dit in die Suid-Kaapse ekonomie speel.

https://www.netwerk24.com/Sake/Energie/vrae-oor-petrosa-se-omkeerplan-20180612

 

PetroSA-werkers van bedrog beskuldig


Deur  Khulekani Magubane,  01 Junie 2018 

Die Valke gaan van PetroSA se senior werknemers ondersoek wat daarvan beskuldig word dat hulle by bedrog en korrupsie betrokke is.


Die Valke het aan Fin24 bevestig hulle het met die ondersoek begin.


Volgens een bron wat verkies om anoniem te bly, is die klag teen die werknemers reeds in Maart deur ’n
“gemeenskapsleier” by die Kwanonqaba-polisiekantoor in Mosselbaai ingedien.

PetroSA


Die bron sê die saak onthul wangedrag en korrupsie met betrekking tot verkryging wat nepotisme en
omkopery insluit.
“Daar word verder beweer dat PetroSA die owerheid vir chemiese nywerheidsopvoeding en -opleiding gekul
het deur ‘spookleerlinge’ te skep om só toegang tot geld te bekom,” sê die bron.


Die bewerings kom nadat die maatskappy ’n verlies van R1,4 miljard vir die boekjaar tot einde Maart gely het.


Jeff Radebe, minister van energie, het belowe daar sal beslissende optrede wees wat betref die maatskappy se
verliese.
Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het bevestig werknemers van
PetroSA word vir bedrog en korrupsie ondersoek.
Hy sê hy mag nie hul identiteit bekend maak totdat die ondersoek afgehandel is nie. Die ondersoek is pas
begin en niemand kan nog in hegtenis geneem word nie.

“Ons sal die nasionale vervolgingsgesag (NVG) nader oor of klagte aanhangig gemaak gaan word wanneer
die ondersoek gefinaliseer is.

“Sou die NVG besluit om klagte aanhangig te maak en individue te vervolg, sal ons hulle in hegtenis neem
en sal daar op ’n hofdatum besluit word,” sê Nkwalase.
Tumoetsile Mogamisi, woordvoerder van PetroSA, het bevestig hulle is bewus daarvan dat ’n klag ingedien
is.


“PetroSA duld nie enige vorm van korrupsie deur sy werknemers en kontrakteurs nie en sal dus sy volle
samewerking aan die polisie gee.” – Fin24, verwerk

Related Articles:

Comments  

0 #1 amoxycillin1st.com 2020-11-03 04:36
amoxycillin1st.com: https://amoxycillin1st.com/
Quote