Wolwedans Game Farm Oyster World Ponto Grille and Carvery Property Pointer Reflexions Professional Hair Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Top Up Service Station

 

MosselbayonTheline | First With The News

Gaste wat Woensdagaand dié twee talentvolle kunstenaars se Oermoer vir die Hoed-vertoning in gesellige piekniekstyl by Die Eiland in Groot-Brakrivier bygewoon het, se tone het gekrul van lekkerkry en hul voete het gejeuk om te dans . . . 

Stef en Petronel oermoer vir die hoed

Mosselbaai is bevoorreg om twee sulke formidabele kunstenaars as inwoners te hê . . . wat boonop so spontaan en in sync optree . . .

Bekende liedjieskrywer en sanger Stef Kruger se "Dis die waarheid"-grappies en Bosveldmooi beskrywende liedjies is wondermooi . . . en Diva "Langvrou" Petronel Baard se guitighede en stuitighede so tussendeur haar sielvolle repertoires is altyd 'n treffer.

Wat 'n heerlike buitelug-show . . . vir dié wat dit misgeloop het - hulle tree weer Saterdagaand by die Ornamental Garden in Groot-Brakrivier op.

Moet dit nie misloop nie!

Hieronder is 'n blik op die aand en kort video-grepe uit 'n paar van hul nommers - jammer vir die swak beeld - was donker! 

Stef en Petronel oermoer vir die hoed4

 

Stef en Petronel oermoer vir die hoed5

Stef en Petronel oermoer vir die hoed2

 

 

Stef en Petronel oermoer vir die hoed3

 

Stef en Petronel oermoer vir die hoed7

 

Stef en Petronel oermoer vir die hoed8

 Môre-aand is Petronel en Cornelle Carstens weer te sien in hul gewilde Disnella's-vertoning by die Monroe-teater .

Disnellas

Mosselbaai het hope musiektalent en nog 'n plaaslike sanger met 'n pragtige stem wat dikwels "sommer vir die lekker" optree, is Anton Bouwer. Hy en nog 'n plaaslike sanger, JP, tree Saterdagaand van 18:00 af by dieselfde "amfiteater" agter die tennisbane op Die Eiland in Groot-Brakrivier op.

 

 

 

 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 adavaic 2021-06-25 20:01
generic cialis tadalafil
Quote