Beach House Restaurant Wolwedans Game Farm Reflexions Professional Hair Oyster World Property Pointer Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life

 

MosselbayonTheline | First With The News

“Hulle onderhandel nie met jou nie. Hulle kóm vir jou en steek om dood te steek. Terwyl die een sy hand in my sak gesteek het om my selfoon te kry, het hy aanhoudend vir die ander een gesê: ‘Steek hom! Steek hom!’ As ek nie my nek ingetrek het om my slagaar te beskerm nie, was ek dood . . . en dis hoekom ek soveel kopwonde het.”

Só het Derick van der Merwe (66), ‘n inwoner van The Lofts in Mosselbaai, vanoggend vertel oor sy noue ontkoming gister op die strand by De Bakke. Derick is omstreeks 11:20 naby die eerste rondawel aan Diaz-strand se kant deur twee jong mans (vermoedelik in hul 20’s) met langlem-messe aangeval terwyl hy op die strand gaan visvang het. Hy het verskeie diep meswonde en snye aan sy kop, linkerhand en regterknie opgedoen en erge kneusplekke waar hy geskop is.

Derick van der Merwe 2

“Ek het soos ‘n besetene terugbaklei en geskop en gespartel. Dis juis toe ek na een van die aanvallers geskop het, dat hy my regterknie met die mes oopgekloof het. Die een het my broeksak oopgeskeur en wanneer ek sy hand probeer vasgryp het, het hy net gesteek en gesteek. Daar is verskeie krammetjies en steke in my kop en knie en die gevoel in my linkerduim waar die lem my hand oopgesny het, is steeds weg,” het hy gesê kort nadat hy vanoggend uit die Bayview-hospitaal ontslaan is.

Volgens Derick was daar verskeie mense in die De Bakke-rondawels toe hy aanvanklik op die rotse gaan hengel het. Dit sou om 14h00 laagwater wees en hy het sandstrand toe beweeg om verder daar te hengel toe die eerste man op hom afgestap en hom uit die bloute aangeval het. “Hy het niks gesê nie, my van agter oor die kop geslaan en net begin steek. Toe ek val, het die ander een bygekom. Hulle mik vir die keel – my borskas en lyf was die hele tyd ontbloot, maar hulle mik spesifiek vir die nekslagaar om dood te steek.”

Derick het met sy rug bo-op sy rugsak beland en gelukkig kon hulle dit dus nie bykom nie. Hulle is uiteindelik vort met sy selfoon en nuwe powerbank-selfoonlaaier wat in sy broeksak was.

“Toe ek om hulp skree, was die mans wat kort tevore nog by die rondawels was, net weg. Ek het verskriklik gebloei en weens die kopwonde kon ek skaars sien. Dit het my genoodsaak om deur die bosse tot in Louis Fourieweg te strompel waar ek motoriste probeer voorkeer het. Gelukkig het wonderlike mense my te hulp gesnel en hospitaal toe geneem,” het hy gesê.

de bakke 3

Sy weldoeners, Lianie Janse Van Rensburg en haar man, het die bebloede Derick uit die bosse sien strompel en agteruitgery om hom te help. Lianie het só op ‘n Facebook-blad oor die voorval geskryf:

“Die manne wat so lief is vir visvang tussen Diaz en de Bakke se rotse . . . moenie! Dis uiters gevaarlik en polisie sal daar ‘n dringende plan moet maak – ons het gister so 11:30 in Louis Fourie gery en net duskant Diaz Strand ‘n bebloede oom uit die bosse sien strompel – hy was erg aangerand met verskeie steekwonde aan sy kop, arms en sy knieg tot op die been oopgesny. Hy het verduidelik dat hy gaan visvang het en 2 ouens het hom van agteraf oor die kop gemoker en links en regs begin steek – hy sê dit was die grootste langlem-messe wat hy nog gesien het. Hy het terugbaklei om te probeer verhoed dat hul hom nie in die bors steek nie . . . Gelukkig kon ons stop en met hom jaag hospitaal toe – was 2 ure in teater om wonde skoon te maak en die knieg te heg . . .so wees asb gewaarsku! En dit als nét vir ‘n selfoon! Bly weg van daardie rotse – dis jou lewe nie werd nie ????

Derick se vrou is net dankbaar dat haar man so fiks en gesond is dat hy die aanval kon oorleef. Hy sal nog lank behandeling vir die wonde moet kry en hoop net dat sy knie en duim ten volle sal herstel.

Sover bekend is niemand is nog oor die voorval in hegtenis geneem nie.

Die gebied by De Bakke waar Derick van der Merwe (66) gisteroggend wreed met messe toegetakel is deur twee booswigte. (Foto’s: Sosiale media)

De bakke1 4

De Bakke2 5

De Bakke3 6

Related Articles:

Comments  

0 #1 ecljijoyonuhi 2020-10-05 13:38
Buy [censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ 18 rsw.dvgn.mosselbayontheline.co.za.gyc.ks http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote