Beach House Restaurant Property Pointer Reflexions Professional Hair Ponto Grille and Carvery Wolwedans Game Farm Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life Top Up Service Station Oyster World

 

MosselbayonTheline | First With The News


gas

Deur Francois Williams 07 Februarie 2019 10:39

Die Franse petroleumreus Total het nuwe aardgasbronne aan die Suid-Kaapse kus ontdek. Dit open ’n nuwe gas-en-olieveld van wêreldklas en Total is nou goed geposisioneer om die verdere potensiaal van die gebied te toets, het Total Donderdag in ’n verklaring gesê.

PetroSA, die staatsbeheerde petroleummaatskappy, het bevestig hy reik reeds uit na Total oor die potensiële benutting van die gasbronne.

total

“Die gaskondensaat-fonds deur Total het die potensiaal om Suid-Afrika se energiemengsel te verander. Dit bied moontlikhede vir PetroSA se gas-totbrandstofaanleg by Mosselbaai om teen sy volle vermoë bedryf te word,” het Tumoetsile Mogamisi, kommunikasiebestuurder van PetroSA, gesê.

Die aanleg word tans teen net die helfte van sy vermoë bedryf weens kwynende aardgas- en gaskondensaatbronne, het Mogamisi bevestig.

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne, het die aankondiging verwelkom en gesê dit is opwindend vir Suid-Afrika. Dit het die potensiaal om die ekonomie ’n groot inspuiting te gee. “Dit bevestig ons besluit om die wetgewing vir olie en gas van tradisionele minerale te skei is die korrekte een, sodat ons hierdie sektor kan steun om sy volle potensiaal te bereik,” het Mantashe bygevoeg.

Die regering maak so gou moontlik om die gewysigde wetgewing af te handel sodat dit ingedien kan word sodra die nuwe parlement ná vanjaar se verkiesing in sitting is, het hy belowe.

Total het aangekondig hy het ’n wesenlike ontdekking van gaskondensaat in sy Brulpadda-eksplorasieveld aan die Suid-Kaapse kus ontdek. Dit is sowat 175 km suid van Plettenbergbaai in die sogenaamde Outenikwa-kom, in Blok 11B/12B. Die reserwe van gaskondensaat is 57 m diep, het Total bekend gemaak.

Gaskondensaat is die vloeibare vorm van aardgas in sy natuurlike toestand wanneer dit teen ’n sekere temperatuur kondenseer en kan voorkom in olie- of gasvelde. Dis nog te vroeg om te sê hoe groot die nuwe gasontdekking werklik is, het Adewale Fayemi, hoofbestuurder vir eksplorasie en produksie van Total SuidAfrika, gesê. “Die boorgat is suksesvol geboor en die bestaan van petroleumreserwes is bevestig. Baie data asook boorvloeistofmonsters is verkry wat nou ontleed en geïnterpreteer word. Die bevindings sal ’n beter begrip van die Brulpadda-veld gee en ons in staat stel om te bepaal hoe groot die ontdekking is.

“Ons en ons vennote beplan om vanjaar 3D seismiese data te kry en nog eksplorasieboorgate te sink. Die resultate daarvan sal bepaal of en hoe die veld ontgin kan word.”

Total verlede week gesê die veld kan tussen 500 miljoen en 1 miljard vate olie of ekwivalente fossielbrandstof bevat. Kevin McLachlan, senior visepresident vir eksplorasie by Total, het gesê hulle is baie in hul noppies met die ontdekking, wat in “uitdagende diepsee-toestande” geboor is.

Total beoog om tot vier eksplorasieboorgate in die gebied te sink. McLachlan sê die jongste generasie boorskip is gebruik om die eksplorasieboorgat te sink en sy ervaring in soortgelyke diepsee-omgewings soos aan die weste van die Shetland-eilande aan die Britse kus is benut.

Volgens Mantashe was hy die afgelope naweek genooi om Total se boorskip te besoek en om eerstehands oor die resultate van hul eksplorasiewerk ingelig te word. Total en sy vennote in die Brulpadda-veld sal nou 3D- seismiese data insamel en nog vier toetsboorgate sink. Die Blok 11B/12B dek 19 000 vierkante km in waterdiepte wat wissel van 200 m tot 1  800 m. Total het ’n belang van 45% in die projek, met Qatar Petroleum wat 25% besit, CNR International 20% en ’n Suid-Afrikaanse konsortium genaamd Main Street 10%.

PetroSA se vorige poging om ’n invoerpunt vir vloeibare aardgas by Vleesbaai te bou is skerp deur omgewingsaktiviste en gemeenskappe teengestaan. Total se gasontdekking is die eerste in dekades aan die kus van Suid-Afrika, nadat Soekor (voorloper van PetroSA) in die 1980’s die Ibhubesi-gasveld aan die Weskus ontdek het. In die 1970’s is die Kudu-gasveld aan die kus van Namibië ontdek. Nie een van dié gasvelde is tot dusver nog behoorlik ontwikkel nie. Die belanghebbers in die Ibhubesi-gasveld sukkel al jare om met Eskom te onderhandel oor ’n geskikte prys vir die gas om ’n gaskragstasie op land aan te dryf.

https://www.netwerk24.com/Sake/Energie/pas-bekend-nuwe-gas-aan-sa-kus-ontdek-20190207

 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 afejuxe 2020-11-11 23:51
[censored] 500mg: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ Buy [censored] mnf.cyhz.mosselbayontheline.co.za.hwg.cl http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote