Wolwedans Game Farm Delfinos.Passion for food-Passion for life Beach House Restaurant Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Skorpios Security Oyster World Reflexions Professional Hair Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die rustige Mosselbaai met sy skilderagtige natuurskoon is die afgelope week tot in sy fondamente geruk deur twee koelbloedige moorde binne twee dae op skoolkinders.

Albei was leerders van Hillcrest Sekondêre Skool in D'Almeida. Dit het 'n kruitvat laat ontplof oor die toenemende geweld by skole wat nou ook na Mosselbaai oorgespoel het.

Die 17-jarige Michaela Booysen is Sondag in die vroeë oggendure aangeval toe sy saam met haar 24-jarige kêrel in Dywilistraat in die woonbuurt Aslapark gestap het. Drie aanvallers het haar met 'n skerp voorwerp teen die kop gekap en met haar swart Nike-tekkies laat spaander. Sy het op die toneel aan die kopwond beswyk, terwyl haar kêrel gevlug het.

Michaela

Khuselo Ndanda (17) is Maandagoggend tydens eerste pouse in 'n messtekery met ander leerders noodlottg gewond. Hy het verskeie steekwonde aan die bolyf opgedoen en het 'n tydjie later in 'n plaaslike hospitaal gesterf.

Khuselo Ndanda 3

Die skokkende voorvalle het 'n vloed van protes en kommer in die gemeenskap ontlok en nasionale nuuskanale oorheers.

Die skoolhoof, mnr. Ivan Kronenberg, het op nasionale TV 'n beroep op ouers gedoen om meer betrokke te raak by hul kinders se doen en late.   

 

 

 

 

Só het ons berig: 

Mosselbayontheline

Die dorp is in skok oor twee skoolkinders van Mosselbaai wat onderskeidelik Saterdagnag en vanoggend in twee afsonderlike, sinlose voorvalle wreed vermoor is. Albei was leerders van Hillcrest Sekondêre Skool. Dit plaas opnuut die soeklig op misdaad, dwelms en bendeverwante geweld wat toenemend die dorp en land lamlê.

Die 17-jarige Michaela Booysen is blykbaar net vir 'n paar tekkies vermoor, terwyl 'n ander 17-jarige leerder van Hillcrest Sekondêre Skool in D'Almeida vanmiddag aan sy wonde beswyk het nadat hy vanoggend op die skoolterrein in 'n messtekery betrokke was.
Die polisie volg in albei gevalle nog leidrade op en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Michaela en haar 24-jarige vriend was blykbaar Saterdag laatnag op pad huis toe, toe hulle omstreeks 03:20 in Dywilistraat in Aslapark deur drie vreemde mans aangeval is.

Michaela is met 'n skerp voorwerp in die kop gesteek en van haar swart Nike-tekkies beroof voordat die aanvallers weggehardloop het. Haar vriend kon daarin slaag om te ontvlug, maar Michaela het op die toneel aan haar wonde beswyk.
Die polisie het 'n dringende beroep op die gemeenskap gedoen om na vore te kom met inligting wat hulle kan help om die skuldiges aan te keer. Die ondersoek-beampte is sersant Deuster (044 606 5600 of 606 5611.

Die skoolseun van Hillcrest SS het later vanmiddag in 'n plaaslike hospitaal weens verskeie messteekwonde aan sy bolyf beswyk wat hy in vanoggend se messtekery by die skool opgedoen het. Die oorsaak van die bakleiery word nog ondersoek.

Dié hartseer dood van twee van Mosselbaai se jongmense binne 2 dae het die gemeenskap verslae.

Op sosiale media is talle boodskappe van medelye, meelewing en troos aan die naasbestaandes gerig, maar vrae en vrese is ook uitgespreek oor die geweld by skole en die toename in misdaad wat die dorp toenemend teister.

Indwe messe

Dìt is waarmee sommige skoolkinders vandag skool toe kom. Van die messe en wapens wat die polisie vroeër vanjaar by 'n ander Mosselbaaise skool, Indwe Sekondëre Skool, gekonfiskeer het.  

Inwoners wil weet hoekom soveel lisensies vir drankhandelaars in hul gebied toegelaat word waar dit snags 'n dwelm- en dronknes word en skoolkinders toenemend geteiken word.

Burgemeester Harry Levendal het die moorde skerp veroordeel - veral boosdoeners wat jong, hulpelose meisies teiken - en 'n beroep op die polisie gedoen om die skuldiges op te spoor en aan die pen te laat ry.

Hy het die gemeenskap uitgenooi na die volgende Biddag wat eerskomende Sondag van 14:30 tot 17:00 spesiaal vir jongmense by Indwe Sekondêre Skool gehou word.

* Die geweld en messtekery by skole weens vermoedelik bende-betrokkenheid raak 'n erge landwye probleem. Elders in die land is 'n leerder ook vandag deur 'n mede-leerder met 'n skêr doodgesteek. By Indwe Sekondêre Skool in Mosselbaai was vanjaar reeds verskeie voorvalle van messtekery waarin leerders ernstig beseer is.

Image may contain: 1 person, smiling, selfie
No photo description available.
Image may contain: 2 people, people standing and outdoor
Image may contain: one or more people and people standing
 
 
 
Indwe
 
Mosselbaaise polisielede ondersoek leerders by Inwe Sekondêre Skool vir wapens en dwelms ná voorvalle van messtekery en geweld vroeër vanjaar waarin leerders ernstig beseer is. 
 
Bendeverwante geweld, wapens en rassespanning tussen bruin en swart leerders kom al geruime tyd by van Mosselbaai se skole voor en het gister uiteindelik tot die tragiese mesdood van 'n 17-jarige leerder by Hillcrest Sekondêre Skool gelei.

Drie mede-leerders van vermoedelik graad 10 -12 is teen 20:00 gisterand in hegtenis geneem nadat die polisie onverpoos gewerk het aan die saak. Die drietal sal na verwagting later vandeesweek in die Mosselbaaise landdroshof verskyn op aanklag van moord.

Die 17-jarige oorledene se naam is nog nie amptelik deur die polisie bekend gemaak nie. * Hy is intussen gedentifiseer as Khuselo Ndanda.

Die omstandighede rondom die gru-aanval word nog ondersoek.
Die seun het in 'n plaaslike hospitaal aan sy wonde beswyk nadat hy gisteroggend op die skoolterrein herhaaldelik met messe en skerp voorwerpe in die bolyf gesteek is.

Luister na die stemboodskap van Polisie-woordvoerder, kapt.Malcolm Pojie, oor die ondersoek: 

Malcolm Pojie

Intussen word siekundige berading deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement aan leerders en onderwysers by die skool voorsien. Die polisie en buurtwaglede van Civic Park en Highway Park patrolleer ook tans die skoolterrein en omgewing om die veiligheid van die leerlinge te verseker.

'n Video waarop duidelik gesien kan word hoe 'n leerder met 'n mes op die skoolterrein van Indwe Sekondêre Skool rondloop, is vroeër op die gemeenskapsblad Extension 13 gedeel. Verskeie voorvalle van messtekery het ook die afgelope jaar by dié skool plaasgevind.

Die gemeenskap reël nou verskeie vergaderings met betrokke partye en owerhede om die onaanvaarbare vlak van misdaad, dwelms en geweld in die KwaNonqaba-omgewing hok te slaan.

* Die sinlose moord op die 17-jarige Michaela Booysen Sondag in die vroeë oggendure het eweneens die gemeenskap met skok en afgryse vervul. Kaptein Malcolm Pojie het vroeër bevestig dat die polisie mense vir ondervraging aangekeer het,maar dit kon nog nie bevestig word of iemand al amptelik in hegtenis geneem is nie.

Michaela, ook 'n leerder van Hillcrest Sekondêre Skool, is met 'n skerp voorwerp teen die kop gekap toe sy en haar vriend in die middernagtelike ure in Dywilisstraat in Aslapark deur drie mans aangeval is. Michaela is op die toneel dood verklaar.

Kyk ook dié video wat vroeër by 'n ander Mosselbaaise skool - Indwe Sekondêre Skool - geneem is waar leerders vlug van 'n leerder wat met 'n groot mes rondloop op die skoolterrein. 

 

Related Articles:

Comments  

0 #1 awverbef 2020-09-02 00:51
[censored] 500mg Capsules: http://mewkid.net/when-is-xuxlya/ Buy Amoxil zxk.zzlb.mosselbayontheline.co.za.lri.be http://mewkid.net/when-is-xuxlya/
Quote