Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Property Pointer Oyster World Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Skorpios Security Delfinos.Passion for food-Passion for life Reflexions Professional Hair

 

MosselbayonTheline | First With The News

 
'n Groot groep gemeenskapslede en vroue van die aksiegroep Besorgde Vroue van Mosselbaai het vandag met plakkate in en buite die Mosselbaaise landdroshof geregtigheid geëis vir Michaela Booysen (17) wat verlede Sondag wreed vermoor is.

hof Michaela7

Dit het aan die lig gekom dat die 21-jarige beskuldigde, Vusumzi Mafuduka van KwaNonqaba, ook 'n mede-beskuldigde is in 'n ander moordsaak in 2017 toe 'n 19-jarige met 'n mes doodgesteek is.

hof Michaela1

Mafuduka was ten tye van dié voorval ook 19 jaar oud. Een van die vier verdagtes in dié voortslepende saak is intussen vermoor en die saak is glo steeds hangende in die streekhof.

hof Michaela2

Die gemeenskapslede het vanoggend 'n petisielys met meer as 3 000 handtekeninge by die hof ingedien om borgtog aan die beskuldigde teen te staan. Mafuduka het verskyn om aansoek te doen vir regshulp en 'n moontlike borgaansoek.

hof Michaela8

Mej. Tashleen Kadir van die regshulpraad is as sy regsverteenwoordiger aangestel en sy borgaansoek is laat vaar. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 30 Oktober 2019.

Mafuduka is een van drie verdagtes wat kort ná Michaela se dood aangekeer is vir ondervraging. Die tiener is met 'n piksteel oor die kop geslaan toe sy en haar 24-jarige kêrel, Kealin Michaels, glo in die vroeë oggendure in Dywilistraat geloop en gesels het. Net Michaela se swart tekkies is gesteel.

Michaela1

Volgens die ondersoek-beampte, adj. Geoffrey Moos, is die ander twee verdagtes, wat albei maar 17 jaar oud is, intussen vrygelaat weens gebrek aan bewyse en sal hulle as staatsgetuies optree.
Buite die hof het ontstoke gemeenskapslede gesê hulle is keelvol dat daar niks aan die dwelm-, misdaad- en bendeprobleme in Aslapark en omliggende woongebiede gedoen word nie ondanks hul noodkrete.

hof Michaela4

Michaela se dood, asook dié van 'n mede-leerder van Hillcrest Sekondêre Skool, Khuselo Ndanda (17), wat verlede Maandag deur mede-leerders op die skoolterrein met messe doodgesteek is, het 'n kruitvat in die gemeenskap laat ontplof wat al lank prut.

Khuselo Ndanda 4

Vrees is ook uitgespreek dat Michaela se moordverdagte al twee jaar lank vry in die gemeenskap rondloop terwyl hy verhoorafwagtend is in 'n ander moordsaak.

"Ons en ons kinders lewe in vrees terwyl die dwelmbase ons kinders se lewens vernietig. Twaalf laerskoolkinders van 'n plaaslike laerskool is verlede week huis toe gestuur omdat hulle dagga gerook het. Nou vra ek jou - waar kry 12-jariges dagga en tik in die hande en hoekom word die tikhuise en sjebeens waar gesteelde eiendom verkoop of geruil word vir dwelms nie toegemaak nie?

"Ons wys die owerhede waar die tikhuise is en ons word vertel om nie reg in eie hande te neem nie, maar die polisie en owerhede doen niks om die probleem op te los nie!", het 'n ontstoke ouma en een van die vrouegroeplede gesê.

'n Deurnag-biduur (wake) vir Michaela Booysen (17) word eerskomende Woensdagaand 16 Oktober 2019 om 19:00 in die St Blaize Rooms-Katolieke Kerk in Sampsonstraat, Uitbreiding 23, gehou.

 

Lees ook meer hier: http://www.mosselbayontheline.co.za/…/gemeenskap-staan-borg…

Image may contain: 27 people, people smiling
Image may contain: 1 person
Image may contain: 1 person, smiling, closeup and outdoor
Image may contain: one or more people and indoor
 
 
 
 
 
Geweldsmisaad in Mosselbaai ruk nou handuit
14 Oktober 2019 

Ná 'n heerlike sportfeesnaweek in sonnige weer het die Maandag in Mosselbaai wéér met 'n donker wolk van geweldsmisdaad aangebreek . . .

In twee gevalle is mense met vuurwapens deur rowers aangehou en beroof, terwyl 'n man en 'n 14-jarige ook in een van die voorvalle raakgeskiet is.

In die eerste geval gisteraand omstreeks 20:30 is werknemers by 'n taverne in Civic Park - bekend as Hemo se Tavern - deur drie gewapende mans oorval en gyselaar gehou terwyl die rowers die kassier kort voor toemaaktyd gedwing het om die kluis oop te sluit.

Die rowers het met 'n onbekende bedrag geld gevlug. 'n Skoot wat blindelings afgevuur is, het blykbaar 'n man en 'n 14-jarige skrams getref.

In 'n ander voorval is 'n egpaar van Mosselstraat in Glentana vanoggend omstreeks 03:00 deur vier gewapende mans wat met klapmusse vermom was, oorval, vasgebind en gevange gehou terwyl die rowers die huis leeggedra het.

Die vrou het na bewering iemand deur die badkamervenster op die onderste verdieping gesien en haar man op die boonste verdieping geroep.

Toe hy haar te hulp snel, het hy hom vasgeloop in drie mans by die voordeur. Een van die rowers het 'n vuurwapen op die slagoffer gerig en hom beveel om terug te staan, waarop hy die ruit langs die voordeur stukkend geskiet het.

Die vier rowers het die egpaar op stoele laat sit en hul hande en voete vasgebind voordat hulle die huis deursoek het.
Hulle het weggekom met goedere ter waarde van sowat R72 000, waaronder 'n TV-stel, selfone, 'n kamera, skootrekenaars en juwele.
Sover bekend is die egpaar nie ernstig beseer nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem in enige van die twee voorvalle nie en mense met inligting wat dalk in die ondersoek kan help, word versoek om die polisie in KwaNonqaba en Groot-Brakrivier onderskeidelik te bel.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2515767918654460?

Image may contain: one or more people
 
 
 
 
 
 
Related Articles:

Comments  

0 #1 ububanuqewuk 2020-12-16 09:39
[censored]: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ [censored] htv.rmdt.mosselbayontheline.co.za.ddg.hx http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote