Beach House Restaurant Property Pointer Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Delfinos.Passion for food-Passion for life Oyster World Reflexions Professional Hair Skorpios Security Wolwedans Game Farm

 

MosselbayonTheline | First With The News

Foefieslaaid-vreugde tydens gister se amptelike opening van die veelbesproke Mossel Bay Zipline by die Poort - die langste foefieslaaid ter wêreld oor die see.

Image may contain: sky, mountain, outdoor, nature and water

Die weer het gelukkig saamgespeel om dié luisterryke geleentheid behóórlik te vier en tientalle mense het van 10:00 af met kameras en selfone by die Poort saamgedrom om die gebeure gade te slaan.

Image may contain: one or more people, ocean, outdoor and nature

Die teenwoordigheid van die SAUK EN Mosselbaai se noodreddingspanne het tegelyk opgewonde afwagting en senuagtige gekorswel veroorsaak en toe burgemeester Harry Levendal boonop mik om die kabel pleks van die seremoniële rooi lint te knip, was die giggellaggies éérs aansteeklik.

Image may contain: 4 people, people standing, sky, ocean and outdoor

Toe munisipale bestuurder Thys Giliomee die verantwoordelikheid aanvaar om eerste die 1,1 km glykabel aan te durf en dit oënskynlik ongeskonde en vrolik oorleef, was die ys gebreek en het die ander munisipale amptenare en genooides feesdriftig (sic) hul beurte afgewag om geharnas en gehelmet die sprong te waag.

Image may contain: 2 people, people standing and outdoor

(Snaaks dat die omstanders Saterdag nooit die glykabelryers hoor GIL het nie . . . was hulle dalk te skaam, te ordentlik, te bang of voorgesê om nie te raas tydens die amptelike bekendstelling nie?  )   

 * Die Foefieslaaid-rit oor 1,1 km kos R450 per persoon. Ritte kan aanlyn hier https://mosselbayzipline.co.za/ of op die perseel bespreek word, en is soos enige ander adrenalien-gedrewe buitelug-aktiwiteit onderhewig aan matige weersomstandighede.

 * Vereistes: Nie swaarder as 120 kg nie, nie langer as 2m nie, nie swanger nie en nie jonger as 8 jaar nie. 

 * Ná vele terugslae en duur tegniese oponthoude kon die foefieslaaid gelukkig betyds open vir volgende naweek se DIASFEES 2020 by Santosstrand. Alle vertonings is boonop GRATIS en gewilde sangers soos Demi Lee Moore, Juanita du Plessis, Vernon Barnard en ander sal vanjaar vir die eerste keer hier optree. Kyk onder foto's hieronder vir die volledige Dias 2020 verhoogprogram.

Image may contain: one or more people, ocean, sky, outdoor and water
Image may contain: 5 people, people standing, sky, child, outdoor and nature
Image may contain: 2 people, people standing and outdoor
Image may contain: 4 people, people standing, sky, ocean and outdoor
 
Lees en kyk meer hier oor die geleentheid:

 
 
Albert Wiffen, mede-eienaar van Mosselbaai se langste foefieslaaid ter wêreld oor die see wat Saterdag amptelik geopen is, is self te lank om te kwalfiseer vir dié bloedstol-blitsrit van 1,1 km oor die rotsagtige kuslyn by die Poort . . . hoekom lyk dit so asof hy verlig is daaroor? ;-)
 
 
 
 
 
 
Clinton Lerm, eienaar van SA Forest Adventures en mede-eienaar van Mossel Bay Zipline, spreek die gaste toe tydens die amptelike opening van Mosselbaai se langste foefieslaaid oor die see (1,1 km). 
 
 
 
 
Eerste rit! Dis NIE so maklik om 'n foefieslaaid-ryer oor 'n afstand van 1,1 km op 'n kamera te probeer vasvang nie - veral as jy nie kan sien WAAR hy is wanneer jy probeer inzoom nie! 😊
 
 
 
 
Woeste branders . . . Vier dae ná die amptelike opening het André du Plessis van Mosselbaai dié video geneem van 'n Chinese toeris wat tydens hoogwater en rowwe seetoestande 'n tandem-rit met 'n instrukteur waag . . . SJOE! 
 
 
 
 
 
 
 
Related Articles:

Comments  

0 #1 eweriyiqayo 2020-11-08 13:08
18: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ [censored] bsk.qkea.mosselbayontheline.co.za.uue.eo http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote