Delfinos.Passion for food-Passion for life Oyster World Beach House Restaurant Reflexions Professional Hair Property Pointer Ponto Grille and Carvery Skorpios Security Wolwedans Game Farm Top Up Service Station

 

MosselbayonTheline | First With The News

Mosselbaaiers - en veral die internasionale rolbalwêreld- is geruk deur die onverwagse en tragiese skietdood gister (Sondag 14 April 2019) van Trevor en Elma Davis in hul huis in Fijnboschpark in 17de Laan in Mosselbaai.

Dave en Elma Davis

Trevor (67) en Elma (52), albei geliefde en bekende presteerders in rolbalkringe, is albei met noodlottige skietwonde aan die kop deur 'n swaarkaliber-haelgeweer in hul slaapkamer aangetref. Die 12-boor haelgeweer wat op die toneel gevind is, is in Trevor se naam geregistreer.

Hy het blykbaar eers sy vrou in die been en daarna van agter in die kop geskiet voordat hy homself in die kop geskiet het. Hulle het blykbaar pas teruggekeer van die All Cape-rolbaltoernooi in Port Elizabeth.

Volgens Mosselbaaise polisiewoordvoerder, adj.offisier Pieter Koekemoer, is die polisie, buurtwag en brandweer gister kort ná 17:00 na die woonkompleks ontbied nadat 'n buurman die skote gehoor en hulp ontbied het.

Al die deure en die veiligheidshek van die huis was egter gesluit en hulle moes die deur oopdwing. Die brandweer moes ook help om die veiligheidshek oop te sny.

Die huis is deursoek en die egpaar se lewelose liggame is op die vloer van hul slaapkamer aangetref. Albei is op die toneel dood verklaar.

Daar was geen opsigtelike wanorde of tekens van gedwonge toegang tot die huis wat dui op misdaad of roof nie.

'n Geregtelike doodsondersoek word deur Mosselbaai se speuders uitgevoer.

Die vriendelike en gewilde egpaar se dood het skokgolwe deur die rolbalgemeenskap gestuur. 
Trevor was 'n lid van die uitvoerende bestuur van Rolbal SA, en het ook op verskeie komitees van Wêreld Rolbal gedien. Hy was ook 'n voormalige president van Eden-rolbal.

Elma, 'n bekroonde Protea-speler wat Suid-Afrika onder meer by die Statebondspele verteenwoordig het, sou ook aanstaande maand aan 'n wêreldrolbaltoernooi in Wallis deelneem.

Dave en Elma Davis1

Albei is ook verlede jaar vereer by 'n byeenkoms wat deur Eden-rolbalklub aangebied is.

Die president van Eden-rolbal, Jenny Sinclair, het die egpaar se dood as 'n tragiese verlies vir hul families sowel as die rolbalwêreld beskryf.

Sy en ander vriende in die rolbalwêreld is ewe verslae oor die gebeure en weet nie wat verkeerd geloop het nie.

Elma het nog Vrydag op haar Facebook-blad 'n foto geplaas waar sy en ander spanlede die semi-finale van die All Cape-toernooi in Port-Elizabeth sit en kyk nadat hul span verloor het.

Dave en Elma Davis2

"Watching the semi finals of All Cape after we lost yesterday afternoon! Thank you for a wonderful tournament with great team!!!"

Sover bekend, het die egpaar nie kinders gehad nie. Dit was glo Trevor se tweede huwelik en die egpaar het ’n paar jaar gelede van Bloemfontein af na die Tuinroete verhuis. Geen begrafnisreëlings is nog bekend nie.

Nog foto's op ons Facebook-blad: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2380204385544148?

Opvolg: 16 April 2019

’n Gedenkdiens word Saterdag om 11:00 in die NG kerk Mosselbaai-Suid gehou vir Trevor (67) en Elma (52) Davis wat Sondagmiddag albei met skietwonde aan die kop in hul huis in Mosselbaai aangetref is. 

Geen nuwe leidrade of briewe is gevind wat meer lig op die tragedie kan werp nie. 
Die egpaar het nie kinders gehad nie en volgens 'n familielid word hul drie honde versorg, maar wil die familie nie oor die voorval praat nie.
Die Burger het berig Jenny Sinclair, president van Eden-rolbal, het gesê die twee sal onthou word vir die geesdrif wat hulle vir die sport gehad het. “Niks was ooit te veel moeite vir hulle nie. Elma was plat op die aarde. So ook Trevor, wat waarskynlik 23 uur van die dag aan rolbal gewy het. Hulle sal altyd in ons gedagtes wees.”
Elma sou binnekort aan ’n wêreld-rolbaltoernooi in Wallis deelneem en het sy en Trevor het na verneem word nog ’n paar dae voor hulle dood vir die toernooi voorberei.
Die polisie doen ’n geregtelike doodsondersoek. Die uitslag van die lykskouing was Woensdag nog nie bekend nie. 


 * 'n Soortgelyke voorval waarin 'n 62-jarige man van Brackenfell blykbaar ook eers sy vrou en daarna homself met sy haelgeweer geskiet het, het hom gister afgespeel. Die skokdood van Izak en Gertruida Nieuwoudt, ook 'n oënskynlik gelukkige egpaar wat al jare getroud was, herinner sterk aan die Davisse s'n en laat vrae ontstaan oor die impak van die land se politieke, ekonomiese en misdaadsituasie op die psige van die gewone landsburger.

Man kom af op ouers se lyke in Brackenfell

Izak en Gertruida Niewoudt

Wyle Izak en Gertruida Nieuwoudt

Die seun van ’n egpaar van Brackenfell het Woensdag op hul bebloede lyke afgekom toe hy vroegoggend
by hul huis aangekom het om sy gereedskap te kry.

“Dit is iets waarop jy jouself nooit kan voorberei nie,” het ’n erg getraumatiseerde Izak Nieuwoudt (33) aan
Netwerk24 gesê. Hy het omstreeks 07:00 op die lyke van Izak en Gertruide Nieuwoudt, albei 62, afgekom.
Die egpaar het ook twee dogters, Marlise Snyman en Carla de Kok.

“Ek vermoed my pa het my ma geskiet en toe homself. Hulle was baie jare getroud. Ek kan nie glo wat
gebeur het nie,” het Nieuwoudt gesê.

“My pa se haelgeweer, wat hy al jare besit, is op die toneel gevind. My ma was in die slaapkamer en my pa
in die gang. Ons sou nog die naweek saam Langebaan toe gegaan het.”
Nieuwoudt is ’n loodgieter en gaan haal elke oggend sy gereedskap by sy ouers se huis in Amanda-straat.
Hy het dadelik die polisie ontbied.

“Toe ek gister hul huis verlaat het, het ek nog ouers gehad. Nou is hulle nie meer daar nie. Ek word
volgende Dinsdag 34 jaar oud. Hoe gaan ek dit vier?”
Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê dat dossiere vir ’n moordsaak en
’n geregtelike ondersoek geopen is.

“Niks word uit die huis vermis nie en daar is geen tekens van ’n inbraak nie,” het Van Wyk gesê.
Volgens Kobus Kotze, woordvoerder by Titanium Securitas, ’n sekerheids-en-nooddienstemaatskappy, het
die lyke van die egpaar albei op hul mae gelê. “Daar was oral bloed.”

https://www.netwerk24.com/…/man-kom-af-op-ouers-se-lyke-in-…

Lees meer hier:

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2380204385544148?https://web.facebook.com/mosselbayontheline/photos/pcb.2380929582138295/2381712915393295/?

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2380929582138295?

 

Maar omdat daar sekere goed gebeur het, is jou finansies in die knyp hier op jou oudag, want jy moes jou pensioen elke keer inboet om kop bo water te hou. 

 

'n Leser se eerlike mening oor dié gesinstragedies waarby "oënskynlik gelukkige" pensioenaris-egpare betrokke is, gee 'n indringende kykie in die werklikheid:

* Leser skryf:
"Sterkte Izak en ook aan jou susters. Ek wil jou net gerusstel. Dit is niks wat iemand verkeerd gedoen het nie.

Ek dink dis die tekens van die tyd. Ek en my man is ook jou ouers se ouderdom en ons is ook afgetree. Meeste van
ons kinders is oorsee en ons gun hulle die vrede en beter toekoms wat hulle in ander lande kan geniet.

Die lewe hier het baie duur geword en die oumense sukkel om te oorleef. Ek en my man het hard gewerk en al ons kinders deur Universiteit gekry sonder beurse en dinge. Ons het ook albei ons werke verloor en moes elke keer van vooraf begin. 
Ons blameer niemand nie, life happens, maar omdat daar sekere goed gebeur het is jou finansies in die knyp hier op jou oudag, want jy moes jou pensioen elke keer inboet om kop bo water te hou. 
Die pensioen van jou laaste werkgewer is te klein. Die staat voorsien jou van 'n pensioen, maar dis moeilik om daarmee te oorleef. Jy moet bly afskaal. Jy begin by jou medies, dan jou polisse, dan assuransie en dan jou lewens
standaard. As jou kar breek dan kan jy dit nie regmaak nie en so gaan dit aan.

Jy voel in almal se pad en dan eendag kry jy dit nie meer reg om die masker aan te sit nie. Ek sê nie dit is wat in hierdie mense se geval gebeur het nie en ek veralgemeen nie, so moenie my kruisig nie, maar glo my ek het ook al so gevoel.

Miskien was hulle tydsberekening net uit en moes hulle vir oulaas saam met die kinders gaan vakansie hou het."

Related Articles:

Comments  

0 #2 Marlise 2022-12-23 14:21
Dankie vir die wense dit is reeds jare later.

Wees verseker finansies was nie 'n probleem, maar die gevolg van die swart hond naamlik DEPRESSIE, JARE SE TRAUMA as gevolg van werks omstandighede en moeilike kinderjare.
Quote
0 #1 ufaticuwuvo 2020-11-06 11:49
[censored] Online: http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/ Buy Amoxil vxw.mzll.mosselbayontheline.co.za.uhe.za http://mewkid.net/when-is-xuxlya2/
Quote