Indien dit slaag, sal ’n regsproses wat al die afgelope 18 maande aan die gang is, Suid-Afrika se politieke landskap ingrypend verander. Want dit sal mense toelaat om as individue en nie as lede van ’n politieke party nie vir openbare ampte verkies te word, skryf Michael Louis.
Michael Louis
Die tyd is ryp om eienaarskap van die land en ons mag terug te vat. Daarom het ek en andere verlede jaar ’n aansoek voor die konstitusionele hof gebring wat onafhanklike kandidate sal toelaat om hulle vir openbare ampte verkiesbaar te stel. Uit die bakleiery tussen politieke partye in van die land se metrorade is dit duidelik dat sulke vetes die politieke narratief oorheers.
Dit is net ons, die kiesers, wat dit kan keer en kiesers se belange voorop kan stel. Ons aansoek voor die konstitusionele hof gaan eerstens om grondwetlike en menseregte. Art. 19(3)(b) van die Grondwet lui:
“Elke volwasse burger het die reg om ’n kandidaat vir ’n openbare amp te wees, en, indien verkies, die amp te beklee.”
Die Kieswet maak tans voorsiening vir verteenwoordiging in die Nasionale Vergadering en provinsiale wetgewers slegs deur middel van politieke partylyste. In ons aansoek voer ons aan dit is strydig met die Grondwet.
Dié wet skend die fundamentele reg van elke burger om tot ’n openbare amp verkies te word, soos wat in die Grondwet bepaal word. Dit strook ook nie met die grondwetlike reg tot vryheid van assosiasie (art.18) nie deurdat dit kandidate vir ’n openbare amp dwing om op ’n partylys te verskyn om verkiesbaar vir so ’n amp te wees.
Ek is verbaas dat niemand nog sedert die totstandkoming van ons demokrasie die waarde van dié klousule in ons Grondwet besef het nie. In Julie vanjaar het die konstitusionele hof in ’n uitspraak oor ’n saak, waarby My Vote Counts betrokke was, dié siening gestaaf.
Hoofregter Mogoeng Mogoeng het daarin bevestig dat “elke burger ingevolge die Grondwet as ’n onafhanklike kandidaat mag staan om tot munisipale rade, provinsiale wetgewers of die Nasionale Vergadering verkies te word.
“Die uitoefening van dié reg word in die Grondwet vasgelê, maar word nog net nie deur wetgewing ondersteun nie.
“Dié reg behoort tot die beskikking te wees van wie ook al vertroue in politieke partye verloor het. Ons meen dit behoort uitgeoefen te kan word wanneer ook al die behoefte blyk, ongeag die logistieke perke wat mag bestaan.”
Tans word net plaaslike verkiesings ingevolge ’n stelsel gehou waarvolgens onafhanklike kandidate wyke in hul onderskeie gemeenskappe kan verteenwoordig. Daar is tans ’n appèl deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) voor die konstitusionele hof ná die uitspraak oor die Tlokwe-munisipaliteit wat lui dat die kieserslys nie strook met die Kieswet nie en dat dit opgeskort kan word indien die OVK nie ’n adres vir elke kieser kan verskaf nie.
Die OVK vra weer eens uitstel, dié keer tot November 2019, om die taak af te handel. Wat dié aansoek wil bereik, strook met die My Vote Counts-uitspraak en berei die ideale omgewing voor waarin die Kieswet gewysig kan word om ’n kiesafdelinggebaseerde kiesstelsel te vestig.
Aanspreeklikheid teenoor wie?
Tweedens stel ons aansoek dit dat ons land ’n disfunksionele kiesstelsel het met geen aanspreeklikheid deur die verkose amptenare teenoor die mense wat hulle verteenwoordig nie. Ons mening word gesteun deur die sogenaamde Van Zyl Slabbert-verslag wat in 2003 uitgereik is, asook die parlement se hoëvlakpaneelverslag onder voorsitterskap van oudpres. Kgalema Motlanthe wat verlede jaar verskyn het.
Die Slabbert-verslag, wat die kabinet in 2002 gelas het, beveel aan dat hervorming van die kiesstelsel nodig sou wees om kiesafdelings met meer as een verteenwoordiger te verseker. Daar word voorgestel dat 69 kiesafdelings met meer as een verteenwoordiger geskep word. Altesaam 300 van die 400 lede van die Nasionale Vergadering sou dan uit oop kiesafdelingslyste kom. Die oorblywende 100 verteenwoordigers kan aangestel word uit geslote nasionale (landwye) partylyste sodat proporsionele verteenwoordiging herstel word.
Die Motlanthe-verslag steun dié voorstelle en sê dat gemengde verteenwoordiging die beste kiesersmodel bied wat individuele aanspreeklikheid sal verseker. Dit lui: “Parlementslede word nie regstreeks deur kiesers aangewys nie, maar eerder deur hul party en is gebaseer op kandidatelyste wat voor die verkiesings aan die Verkiesingskommissie voorgelê word.
“Dit plaas hulle onder ’n verpligting teenoor die party en sy leierskap, eerder as aan kiesers, en plaas partypolitiek en -lojaliteite voor doeltreffendheid en lewering.
“Daarteenoor sal ’n kiesfadeling-stelsel politici meer regstreeks aanspreeklik teenoor die kiesers maak en verseker dat verkiesingsbeloftes nagekom word uit vrees dat hulle uitgestem sal word.
“So ’n stelsel sal help om die mag van individuele partyleiers te beperk en LP’s aanmoedig om te stem in ooreenstemming met die behoeftes en begeertes van hul kiesafdelings, eerder as die blote navolging van partybeginsels.”
’n Gemengde stelsel van regstreekse verteenwoordiging en proporsionele verteenwoordiging sal die gaping oorbrug deur te verseker dat mense die verteenwoordigers wat hulle wil hê, regstreeks verkies. Ook die meerderheidsiening van die Slabbert-verslag is dat oop lyste nie net die verantwoordbaarheid van die individuele kandidate sal verhoog nie, maar dat dit ook kiesersdeelname in die demokratiese proses aansienlik sal laat toeneem.
Gaan dit plaasvind?
Kan dié wysigings aan die Kieswet voor die 2019-verkiesing gedoen word? ’n Verkiesing moet gehou word binne 90 dae ná die einde van parlementslede en lede van provinsiale wetgewers se ampstermyn. Siende dat die 2014-verkiesing op 7 Mei gehou is, eindig die vyfjaartermyn op 6 Mei 2019. Die volgende verkiesing moet dus tussen 6 Mei en 6 Augustus 2019 plaasvind.
Maar die OVK het in sy aansoek tot die konstitusionele hof gevra dat hy tot 29 November aanstaande jaar uitstel kry om die adresse van die meer as 5 miljoen geregistreerde kiesers te bevestig – wat ver buite die vensterperiode van 90 dae is.
Nie anti-party nie
Ons regstappe is deur die een vertraging ná die ander gefrustreer, maar ons sal nie ophou om geregtigheid te eis nie. Ons aansoek is nie in opposisie teen politieke partye nie. Dit is in hul beste belang om volhoubare demokrasie op lang termyn vir die mense te verseker sodat dié hul leiers kan kies en ’n meer verantwoordbare stelsel kan hê.
Soos met die sakewêreld het ons nuwe denke nodig in ’n erg desperate en plofbare politieke klimaat. Daar is talle baie bekwame en ervare leiers wat hul bydrae tot die welstand van die land wil maak, maar wat nie deel van ’n politieke party wil wees nie. Amptenare moet die ruimheid van gees hê om nuwe leiers te verwelkom, veral uit die jonger geslag.
’n Meningspeiling in Augustus ná die jongste beslissing van die konstitusionele hof toon dat 90% van die deelnemers ten gunste van onafhanklike verteenwoordigers is, en 80% is ontevrede met die huidige partypolitieke kiesstelsel.
Ons is by ’n kritieke punt wat betref die tydsberekening van dié aansoek, want 2019 se kiesdatum kom al nader. Dit is die plig van die OVK om in terme van die Wet op Verkiesingskommissies enige wetgewende wysigings by die parlement aan te beveel. Afdeling 5(1)(j) bepaal hulle (die OVK) moet “kieswetgewing voortdurend hersien en aanbevelings in verband hiermee doen”.
Ons glo vas dat tensy dié saak aangepak word, ons volgende algemene verkiesing in 2019 dalk ongrondwetlik kan wees. Tydsberekening is eenvoudig alles in die politiek.
Louis is ’n voormalige Wes-Kaapse LPR en minister van openbare werke en ontwikkelingsbeplanning.
Plans, preparations and jubilations for the second MosJazz Music Festival in Mossel Bay are well under way and the fever is slowly building up for what sounds like a star-studded 3-day intercontinental event like the South Cape has never seen before . . .
The 2018 event will take place from 17 - 20 January at the same venue at the De Bakke/Santos resort where jazz fans can look forward to another literal experience of Jazz on the Rocks.
Some of the crème de la crème in the global jazz fraternity who will be performing at the event include Judy Boucher from the Caribbean, Andrew Young, the British saxophonist and Choko from Trinidad and Tobaco . . .
The power team behind the annual jazz festival, Clarence Ford and Lovetta Bolters of Camissa Solutions, reckon the second time around will be even bigger and better - especially the food experience! - and by the year 2020 Mossel Bay jazz fans should be able to develop the event themselves . . . and to help keep the hills and shores alive with the soothing sound of jazz music.
Ford was speaking at the official launch of the 2019 MosJazz Festival that was recently held in the Bravo Lounge of the Garden Route Casino where the media and invited guests were treated to a preview of what can be expected . . . and by the reaction of the enthusiastic crowd, jazz is well and alive in the Bay.
Clarence Ford and Lovetta Bolters (at the back, right) of Camissa Solutions in jazzy spirit at the official launch of the 2019 MossJazz Festival in Mossel Bay. Tickets are already available at the Fork and Train in Mossel Bay.
A weekend pass costs R460, a day pass R175, a weekend pass for minors (12 – 18) R230 and kids younger than 12 get in for free.
Jazz in sync - double fun! Jazz lovers are already getting into the groove for next year's MosJazz Festival . . .
Guests enjoying the vibe at last weekend's official launch for the 2nd MosJazz Festival in Mossel Bay
Some talented performers gave a preview of what can be expected at the 2019 MosJazz Festival
INTERNATIONAL STARS FOR MOSJAZZ
THE launch for the 2nd annual MosJazz Music Festival in Mossel Bay took place at the Garden Route Casino on Saturday and judging by the lineup, it is destined to be an international affair seldom experienced on the Garden Route.
The lineup has a distinct international flavour, with Phil Fearon from the UK, Judy Boucher from the Caribbean, Andrew Young, the British saxophonist, Afro-Fiesta with an infectious mix of kwassa kwaasa from the DRC and Angola, and Choko from Trinidad and Tobago, bringing an eclectic mix of sounds to the Southern Cape.
Judy Boucher
Some of the country’s hottest talent will also be performing, including Emo Adams, Garth Taylor, Allou April and the Ghoema Project, Virtual Jazz Reality and Ernie Smith.
Special performances include Brent Krus, a guitar virtuoso from Cape Town celebrating the music of Carlos Santana. Karin Kortje is also invited back to pay tribute to her role model Aretha Franklin.
Karin Kortje
UK singer, songwriter and producer Phil Fearon was massive in the 80s with his band Phil Fearon and Galaxy. They had major dance hits like “I can prove it”, “What do I Do”, “Everybody’s Laughing” and “Dancing Tight”.
Judy Boucher is a cult figure in South Africa and her song, “Can’t be with you Tonight”, is a firm party favourite in many a household.
Born in St. Vincent in the Caribbean, Boucher relocated to High Wycombe, England around 1970 and later joined musician brother Bruce's band - which became Judy Jack and the Beanstalk.
After the band broke up, Judy went solo and scored a No. 1 hit on the reggae charts with "Dreaming of A Little Island" in 1985, with the debut album "Can't Be with You Tonight" following in 1987.
Choko is becoming increasingly popular around the globe with his reggae and soca beats.
Born in Liverpool, England and now a resident of Vienna, Austria, Andrew Young has been classically trained from the age of 8 in both Clarinet and Saxophone.
After completing Saxophone and Clarinet studies in London, Andrew moved to Germany to pursue a desire for a broader and more eclectic involvement in all genres of music.
Appearing as soloist with various Symphony Orchestras in Holland and Germany, Andrew engaged in session work and concerts alongside Pop/Jazz/Funk luminaries such as Matt Bianco and the Precious Wilson Band. In 2010 he performed with Gino Vanelli, from Canada, in Holland.
Andrew’s Album “Magic Life”, with sales attaining Gold status, was recorded with Producer Garo Mafya in Istanbul.
Andrew Young
Andrew has performed at various music festivals in South Africa, including: The International Jazz Festival, Cape Town, Jazz on the Rocks, National Arts Festival in Grahamstown and the Rand Easter Show.
Afro Fiesta is a renowned World Music group and with their infectious beat they have endeared themselves to fans around the globe.
The MosJazz Festival enjoys a unique setting with the stage located on the Rocks in the sea. The best vantage point for the music onstage is knee-deep in the water itself.
The combination of music in pristine natural spaces has enabled significant successes for the festival owners Camissa Solutions. Camissa has similar experiences on offer at Tietie’s Bay, Clanwilliam Dam, The Paarl Arboretum and the annual Love Jazz Cruise to Walvis Bay.
The International MosJazz Festival happens from 17 to 20 January 2019 at De Bakke Santos Resort. Tickets in Mossel Bay will be available at the Fork and Train.
A weekend pass costs R460, a day pass R175, a weekend pass for minors (12 – 18) R230 and kids younger than 12 get in for free.
Call 0215915208, email camissa.mark@gmail.comor visit the Facebook page MosJazz for more information.
While huge plans for the multi-million rand harbour development in Mossel Bay are enthusiastically announced by the stakeholders and port authority, locals and small business owners are hovering on the cusp between cautious optimism and concern - especially since the public and small business owners have thus far been excluded from all discussions and stakeholder meetings."Whilst we are hopeful that something may happen after many years of speculation, let's hope there are not too many barriers to entry for existing local tourism & hospitality establishments. "There are a lot of vested interests involved, once again, with closed meetings with the municipality being of concern. The Mossel Bay municipality rates itself as a business competing with small business - instead of an enabler of business - and I am not aware of any invitations being extended to local small businesses who are the heartbeat of tourism services to attend the 'TNPA’s business breakfast on August 22'.Here's hoping this opportunity is used to make the business environment less hostile to small businesses." Concerned local. Development of Mossel Bay Waterfront gets the go-ahead4 September 2018Transnet National Ports Authority (TNPA) has announced plans for Mossel Bay Waterfront, during a two-day stakeholder engagement roadshow in the town, to explore how the Port of Mossel Bay can better serve South Africa’s Garden Route region.
Sessions took place on August 21 and 22, where the TNPA leadership team engaged with customers, government representatives, business sector representatives, captains of industry and media, to provide an update on strategic developments for SA’s smallest commercial port.
Chief Executive of TNPA, Shulami Qalinge, outlined TNPA’s plans for a multimillion-rand transformation of the harbour that would include a mixed-use waterfront development, a dock for cruise line passengers to disembark and various other business opportunities.
“We are pleased to be moving forward with the Mossel Bay Waterfront to make the Port of Mossel Bay an even bigger attraction on this beautiful coastline, with a mixed-use waterfront that could include retail, commercial and industrial facilities,” said Qalinge.
She added: “A bit further down the track, we have in our sights a facility that will enable cruise passengers to disembark directly on to the quayside, instead of arriving by ferry. This is in response to calls from the Municipality and the local business community. Such a development would help to ensure that the port provides a world-class experience for the tourists who arrive by cruise ship in the Garden Route.”
Part of TNPA’s role as an implementing agent for the South African government’s Operation Phakisa: Oceans Economy programme, a slipway upgrade, is in the pipeline for the port to support the local fishing industry amongst others. However, broader consultation needs to be effected in order to establish how best the project and facility could assist the Mossel Bay community. TNPA has also partnered with Petro SA through its PetroSA Centre of Excellence to train 14 learners from disadvantaged communities in the Eden District Municipality as welders, turners, fitters and boilermakers to meet the skills development objectives of the Operation Phakisa initiative.
Other speakers at TNPA’s business breakfast on August 22 included Paul Hoffman, Director of the South Cape Economic Partnership, who provided an economic overview of the Garden Route and its business climate. Remarks were also shared by Municipal Manager of Eden District Municipality, Monde Stratu, and Executive Mayor of the Mossel Bay Municipality, Alderman Harry Levendal.
TNPA’s roadshow included separate closed sessions with the Executive Mayor of Mossel Bay Municipality on the waterfront development, as well as with one of the port’s most important stakeholders, Petro SA, to discuss their strategy, future plans and joint training initiatives.
Port of Mossel Bay receives multi-million rand transformation
22 August 2018Sagree Chetty
Image: Afristay website
The expansion will increase the number of luxury ships that dock at the port.
Transnet National Ports Authority has announced a multi-million rand transformation for the Port of Mossel Bay in the Southern Cape.
The new port will include a waterfront, a dock for cruise line passengers to disembark and various other business opportunities.
The company says the facelift will be a key catalyst for economic growth in the Garden Route.
The Port of Mossel Bay is the smallest along our coastline. But big plans are in store for it in the next five years.
Transnet wants to bring it in line with other ports around the country.
Shulami Qalinge, Transnet national ports authority chief executive says: “One of the major programmes that we are looking at is the development of the waterfront at the port of Mossel Bay. It’s meant to grow the economy, its meant to grow the business at the port itself and its meant to create job opportunities for the community.”
The plans have been welcomed.
Community Leader Bongani Swartbooi says: “It’s a new development everyone has been waiting for, we are grateful. Transnet also engaged the community, requested input for this development.”
Mossel Bay Business Chamber’s Johan Claassen says: “The more we can use the harbour to do exports, imports, tourism, we can get cruise ships here and that creates jobs.”
However, businesses leasing port property fear they’ll be side-lined.
Seavuna Fishing Company’s Raymond Williams says: “It could be that our factory has to move out at some stage which is a big concern for us. Seavuna has been in the harbour for the last 30 years and provides work for hundreds of people.”
Transnet say the port’s modification is all part of their plans for radical economic transformation in the region.
Die Opspraakwekkende robwelpie-saak op Velddrif het 'n sinistêre en grusame verloop wat 'n mens laat wonder watter mense tot sulke wreedheid in staat is.
Die persoon wat aanvanklik die gru-video oor die marteling van die robwelpie openbaar gemaak het, moes Donderdag hartseer afskeid neem van 'n vierde hond sedert die video aan die lig gekom het.
Drie van sy honde is sedert die begin van die jaar op verskillende tye en op geheimsinnige wyse vergiftig en die laaste hond - 'n pragtige Belgiese skaaphond/labrador-kruising, se hart is uitgesny nadat die dier vermoedelik ook gemartel en agter 'n voertuig gesleep is.
Die hond se lewelose liggaam is Donderdag langs die pad in Voortrekkerstraat 177 in Velddrif gekry - met die uitgesnyde hart 'n entjie daarnaas. Die Swartland & Weskus Dierebeskermingsvereniging het nou 'n beloning van R8 000 uitgereik vir enigeen met inligting wat kan help om die skuldige(s) aan te keer. Die vereniging het in 'n verklaring gesê hulle is deur offisier Harry Benson van die Bergrivier-wetstoepassingseenheid in kennis gestel van die dooie hond.
'n Beroep word op moontlike ooggetuies of mense met inligting gedoen om na vore te kom om diegene wat verantwoordelik is vir dié afgryslike daad aan die pen te laat ry. Ooggetuies se name en identiteit sal beskerm word. Hulle kan die nommer 082 414 7153 vertroulik skakel.
Dié gru-daad kom net meer as twee weke voor die twee beskuldigdes in die robwelpie-saak op 17 September in die hof moet verskyn op verskeie klagtes wat verband hou met wreedheid teenoor diere, dieremishandeling en verwante oortredings van bepalings van die departemente van Seevissery en Omgewingsake.
Die gru-video wat in Junie vanjaar skokgolwe op sosialemedianetwerke veroorsaak het, toon duidelik hoe twee mans in 'n boot 'n jong robwelpie genadeloos met 'n mes in die gesig kap, rondgooi en teen die boot vasslaan terwyl hulle lag en mekaar in kru taal aanmoedig.
Die beeldmateriaal was so grusaam dat dit landwyd opslae gemaak en ook in hoofstroomkoerante gaan draai het oor die doelbewuste wreedheid en sadisme van die betrokke jong mans.
"Enigeen wat só onmenslik wreed teenoor enige dier kan optree, kan dit ook teenoor 'n mens doen", is van die kommentare wat op Facebook-groepe gelewer is.
Abrie Bester, wat destyds die video bekom en op sosiale media versprei het in 'n poging om die skuldiges op te spoor, het ná Donderdag se gru-dood van sy vierde geliefde hond, Wollie, gesê hy voel hy word doelbewus geteiken sedert die rob-voorval aan die lig gekom het.
"Vier honde sedert die begin van die jaar is 'n bietjie té toevallig. Veral Wollie se grusame verminking en die hart wat uitgesny is, lyk soos 'n afskrik-boodskap - asof iemand my probeer bang maak. Tog is die hofsaak heeltemal buite my beheer en het ek eintlik niks meer daarmee te doen nie," het hy gesê.
Abrie, 'n natuur- en diereliefhebber, het Wollie sowat vyf jaar gelede as 'n weggooi-hond van Katu onder sy vlerk geneem. Een van die babahondjies wat vroeër vanjaar vergiftig is, was hoeka een van Wollie se kleintjies. "Ek het Wollie 5 maande gelede nog laat regmaak . .. en nou dit", het hy hartseer gesê.
Die pragtige Wollie voor sy grusaam doodgemaak en haar hart uitgesny is.
Die twee jong Weskus-manne wat onder meer daarvan beskuldig word dat hulle ‘n robwelpie grusaam gemartel en mishandel het, het hulself vandag vrywillig by die Polisie op Velddrif aangemeld toe hulle hoor daar word na hulle gesoek om ‘n dagvaardiging op hulle te beteken.
Mosselbayontheline is vertroulik deur ingeligte bronne meegedeel dat die twee beskuldigdes ook onderneem het om hul volle samewerking in die saak te gee. Hulle sal deur dieselfde prokureur verteenwoordig word.
Hulle moet op 17 September 2018 die eerste keer in die hof verskyn op verskeie klagte wat verband hou met wreedheid teenoor diere, dieremishandeling en die oortreding van verwante wetgewings van marienelewe en omgewingsake.
Die ondersoek na dié voorval wat in besonderhede op ‘n video verfilm en wyd op sosiale netwerke versprei is, het lank geduur omdat die Dierebeskermingsvereniging sowel as die departemente van omgewingsake en seevisserye daarby betrokke is. Die outentiteit van die video moes ook behoorlik deur kenners bevestig word voordat dit as bewysstuk in die hof voorgelê kan word.
Foto: ‘n Skermgreep uit die video.
Die skokvideo waarop duidelik gesien en gehoor kan word hoe twee jong mans ‘n hulpelose robwelpie herhaaldelik met ‘n mes op die snoet kap en steek en teen die boot vasslaan terwyl hulle lag en mekaar in kru taal aanmoedig, het landwyd heftige publieke reaksie ontlok.
Die video is destyds na Mosselbayontheline en Weskusonteline gestuur in ‘n poging om die identiteit van die plek en die twee manne te help vasstel. Dit het oombliklik ‘n ontploffing van kritiek, verontwaardiging en woede op sosiale media ontlok en was binne ‘n paar dae ook op radiostasies en die voorblaaie van nasionale koerante. Die video is intussen van die internet verwyder hangende die hofsaak.
Die identiteit van die beskuldigdes van 19 en 22 jaar onderskeidelik sal eers ná hul verskyning in die hof bekend gemaak kan word.
Volgens ingeligte bronne is dit in ‘n mate ook ‘n toetssaak vir die gebruik en toelaatbaarheid van sosialemedianetwerke en -hulpmiddels in ‘n hof om misdaad te help bekamp.
Die voorblad-foto’s is net ter illustrasie en is nie die betrokke welpie in die video nie.