Wolwedans Game Farm Ponto Grille and Carvery Top Up Service Station Delfinos.Passion for food-Passion for life Skorpios Security Property Pointer Oyster World Reflexions Professional Hair Beach House Restaurant

 

MosselbayonTheline | First With The News

Die oudste media-truuk in die boek om publieke breinspoeling en meningsvorming te bewerkstellig,  is om die lelikste foto’s te gaan uitkrap en publiseer van iemand wat verdag gemaak of in ‘n slegte lig gestel moet word.  Dit sien en beleef ons daagliks in wêreldmedia waar veral politici soos Donald Trump en kie soms bespotlik gemaak word met die mees onvleiende foto’s wat ‘n fotograaf kán vaslê, teenoor subtiel-geredigeerde glansfoto’s soos dié van wyle Prinses Diana wat van haar ‘n wêreldikoon gemaak het.

Wanneer dié tendens egter ook in ernstige misdaad- en moordberigte insluip waar ‘n ondersoek nog in ‘n beginstadium is, kan dit lewensgevaarlike gevolge inhou wanneer publieke vooroordeel en woede voortydig geskep word deur subjektiewe, partydige berigte en foto’s.

Dit het pas weer gebeur waar die enigste beskuldigde tot dusver in die opspraakwekkende sluipmoordaanval op lt. kol. Charl Kinnear al bykans ‘n maand lank in polisie-aanhouding is terwyl daar glo steeds gesoek word na ‘n “veilige” hof waar sy borgtogaansoek aangehoor kan word.

Kinnear gesin met foto van Pa

Wyle lt.kol. Charl Kinnear se vrou, Nicolette Kinnear, en hul twee seuns  Casleigh (links) en Carlisle by 'n foto van hul geliefde Pa. Nicolette het reeds in Januarie vanjaar vertel hoe die gesin in vrees lewe sedert polisiebeskerming aan hulle onttrek is.  www.iol.co.za/capeargus/news/top-cops-family-disappointed-and-betrayed-after-police-withdraw-their-protection-41064000?

Die gemeenskap van Bishop Lavis soek wraak vir die grusame skiet-dood van dié top-speurder wat op die punt was om die bendegeteisterde Kaapse woongebiede ‘n veiliger plek te maak deur senior polisiebeamptes se betrokkenheid by dié grootskaalse rampokkery oop te vlek.

Die 39-jarige Zane Kilian van Springs is feitlik onmiddellik ná Kinnear se moord geïmpliseer deur Jerome (Donkie) Booysen wat skielik onthul het dat sy (Booysen) se selfoon óók gemonitor (geping) is en dat ene Zane Kilian dit gedoen het.  ‘n “Kontak in Pretoria” het Booysen glo hiervan ingelig ten tye van Kinnear se moordondersoek.

" cl

Hoe gerieflik. Herlei die aandag dadelik na Springs en vergeet van die jong moordenaar wat oral op beeldmateriaal vasgevang is in Bishop Lavis se strate tot hy die doodskote op die niksvermoedende Kinnear afgevuur het en daarna blykbaar spoorloos verdwyn het in ‘n wit wegkommotor wat na bewering ook op die beeldmateriaal sigbaar is.

Veertig SAPD-lede het dadelik ‘n middernagtelike klopjag op die slapende Kilian se huis in Springs uitgevoer en uiteindelik is net op twee selfone beslag gelê – geen teken van gesofistikeerde toerusting soos “Grabbers” of selfs ‘n rekenaar nie en sonder die nodige lasbrief of dagvaarding.

Boonop is Kilian dadelik aangekla van moord, medepligtigheid aan moord en die oortreding van die wet op telekommunikasie deurdat hy glo Kinnear se foon onwettig gemonitor (geping) het.  Hy sal nou uiteindelik op 26 Oktober 2020 in die Bellville-hof verskyn vir borgaansoek nadat hy die SAPD se aanbod om as Artikel 24-staatsgetuie op te tree in ruil vir beskerming vir hom en sy gesin geweier het “omdat hy niks van die moord op Kinnear of die beplanning daarvan weet nie.”

Beeldmateriaal van Zane Kilian in ‘n apteek in Springs waar hy medikasie vir sy seun, Zayden, gekoop het ten tye van die sluipmoord op Kinnear.

Kilian se naasbestaandes en vriende het ook met verbasing in die media gelees dat Zane en “die mense na aan hom” glo gedreig is “dat hy sy bek moet hou of hy is dood”.  Nie sy pa, vrou of enige van sy familie of vriende is bewus van so ‘n waarskuwing nie en niemand behalwe sy advokaat word al sedert 21 Oktober by hom toegelaat nie – nie eens sy naaste familie nie. Kon die media wat sulke bewerings publiseer, nie maar net seker gemaak het van hul bronne en hul feite nie? Wie het die dreigemente gemaak en wie het dit gesê? Word sulke vals bewerings doelbewus gemaak om ‘n saadjie te plant dat Kilian iets weet en uit vrees eerder sal stilbly?

Intussen het die soektog na die jong skieter wat doodluiters verby talle ooggetuies deur Bishop Lavis se strate gestap het, blykbaar steeds niks opgelewer nie ondanks ‘n beloning van R1 miljoen wat deur Forensics for Justice uitgeloof is. Het niemand die jong man geken of herken nie, of is hulle te bang om te praat?

Sterk vermoedens dat die veiligheidsbewuste Kinnear dalk sy jong moordenaar geken het en dus niksvermoedend opgetree het toe hy oor die pad na sy motor aangestap gekom het, bevestig hardnekkige gerugte dat die jong skieter kort daarna “uitgehaal” is om te keer dat hy praat. Ook gerugte dat sy liggaam langs dié van Kinnear in die lykhuis gesien is, is nog nie bevesig of ontken nie.

Die ondersoek sloer en fokus deurgaans net op Kilian se kwalifikasies en hoe hy met basiese selfoontegnologie die ligging van Kinnear se selfoon sedert Maart gemonitor het. Intussen het dit aan die lig gekom dat Militêre Intelligensiedienste óók Kinnear se selfoon gemonitor het, terwyl enigeen met die gevorderde GRABBER-tegnologie dit ook kon doen sonder om ‘n spoor te los.

Kilian het nooit ontken dat dié betrokke selfoonnommer (van Kinnear) een van talle is wat hy namens kliënte monitor in sy skuldinvorderings- en ondersoekwerk nie. Hy het uit die staanspoor gesê hy moes die ligging van dié nommer namens ene Mohammed monitor wat glo bewyse van owerspel teen sy vrou soek. Mohammed se telefoonnommer(s) is steeds op Kilian se foon en in die polisie se besit.

Die onbeantwoorde vrae wat pla, is:

  • Hoekom sal enigeen wat willens en wetens by ‘n sluipmoord op ‘n hoëprofiel-speurder betrokke is, van die mees basiese moniteringstoerusting gebruik maak as hy weet dit kan maklik na hom teruggevoer word?
  • Hoekom moet iemand in Springs Kinnear se bewegings monitor as die meeste bendeleiers en figure in die Kaapse onderwêreld oor Grabbers beskik en SAPD-lede en regeringsamptenare dit wettig kan gebruik?
  • Hoekom is die ligging van Kinnear se selfoon hoegenaamd belangrik in die beplanning van ‘n sluipmoord by sy huis as almal weet waar hy al 25 jaar woon en elke aand slaap?
  • Hoekom het die Polisie STEEDS nie onthul wie verantwoordelik was vir die onttrekking van beskermingsdienste aan Kinnear en sy gesin nie?
  • Hoekom is die dossiere wat Kinnear met groot moeite voor sy dood opgestel het oor polisielede se betrokkenheid by die Wes-Kaapse rampokker-sindikaat nooit verder ondersoek nie en is stappe al gedoen teen die spesifieke amptenare wie se name hy pertinent noem?

Wie en wat is Zane Kilian en wat is sy betrokkenheid by Kinnear? 

Hoe het dit gebeur dat die jongste en grapmaker-lid van ‘n bekende en gerespekteerde gesin van Springs – nogal dié van ‘n polisiekolonel en sy geliefde vrou – oornag midde-in dié Kaapse tragedie en rampokkerwêreld beland het? ‘n Joviale oud-rugbyspeler en spiertier wat bekend is vir sy poetsbakkery en nes sy Pa nog nooit sy mond aan enige drank of rookding gesit het nie?

Zane is die jongste van vier kinders van die afgetrede oud-lt.kol. Hein en Heila Kilian wat sy lewe lank op Springs woon. Kilian (snr) was jare lank ‘n gerespekteerde onluste-bevelvoerder en vuurwapen-instrukteur in die area en het ná sy aftrede in 1992 nog vuurwapenopleiding aangebied.

Zane het professionele rugby gespeel vir die Valke en die Griekwas tot sy rugbyloopbaan in 2012 kortgeknip is nadat hy sy rug gebreek het. Sy laaste besoek aan Kaapstad was juis tydens ‘n rugbywedstryd op Nuweland in 2012.

Daarna het hy saam met sy Pa en oom vir maatskappye soos Rent to Own en ABSA begin werk om voertuie op te spoor en terug te neem weens agterstallige paaiemente. Zane het ook geldinvorderings vir banke en kliënte gedoen. Wanneer die skuldiges vlug, moet hulle regoor die land gesoek en opgespoor word – soms met behulp van kontakte landwyd – en dit is waar die ondersoek en opsporing (tracing) inkom.

Ná die moord op Zane se Ma in April 2018 tydens ‘n gewapende rooftog by haar suster en swaer se huis buite Stilbaai, is die familie tot stilstand geruk. Zane se pa was gebroke en het hom van die besigheid onttrek, terwyl Zane emosioneel so getraumatiseer was dat hy al sy hare afgeskeer en die woord MOM en ‘n hart aan die kant van sy kop laat tatoeëer het. Zane en sy Ma was baie geheg aan mekaar en was die twee gesinslede wat altyd saam gelag en grappies gemaak het. Ná haar tragiese dood het die pyn van dié naaldkuns ‘n mate van ontvlugting en ‘n uitlaatklep vir sy emosionele pyn geword en hy het al hoe meer tatoeëermerke oral op sy lyf laat aanbring – meesal met ‘n Christelike inslag soos die woorde In God I Trust.

Diegene wat Zane goed ken, beweer daar is nie ‘n manier wat dié saghartige reus doelbewus by enige bendelede of onwettighede betrokke sou raak nie – daarvoor het hy té lank saam met sy polisie-pa gewerk en was hy té lief vir sy voorbeeldige Ma.  Boonop is hy die enkelouer van ‘n sewejarige seuntjie met spesiale behoeftes wat voltyds sorg en aandag nodig het.

Hulle glo dis juis sy naïwiteit en sorgelose geaardheid om almal te vertrou en te wil help, wat hom ‘n maklike teiken vir lede van die berugte Kaapse onderwêreld gemaak het.

“Zane ken nie eens mense in Kaapstad nie en weet so min soos ek van die Kaapse bendewêreld. Hy werk meesal telefonies met honderde kliënte landwyd wat hy nooit ontmoet nie en as jy die ligging van ‘n selfoon vir iemand moet monitor, weet jy nie eens wie se selfoon dit is nie tensy dit pertinent vir jou gesê word.

“In dié geval het hy aanvaar hy monitor ‘n foon vir ‘n man wat sy vrou verdink van buite-egtelike verhoudings . . . en toe kom dit uit dis al die tyd dié van ‘n top-speurder van die Kaap wat boonop nou vermoor is. Zane was dalk agtelosig en naïef om ‘n kliënt goedsmoeds te vertrou, maar deel van ‘n moordkomplot en dit nogal op ‘n top-speurder?

“Nooit as te nimmer – hy is geframe en hoe gouer hulle die regte mense opspoor, hoe beter!”

Related Articles:

While Zane Kilian's scheduled bail application in the Kinnear investigation this morning was botched AGAIN by Covid and the sudden announcement that additional charges have been laid against him, it appears as if the prominent footage of the actual killer and his helper in a getaway car has completely slipped the mind of the investigators?

Kilian skieter3

The 39-year old former rugby player of Springs has been in custody since 21 September 2020 and appears to be the ONLY focus and (very unlikely) suspect in the shocking assassination of lt.col. Charl Kinnear on 18 September 2020 in broad daylight in front of his Bishop Lavis home.

Zane Kilian mooi1

Tired, 20 kg lighter and traumatized by the past 6 weeks' ordeal, Kilian was in better spirits yesterday afternoon and looking forward to this morning's long-awaited bail application in the Bellville magistrate's court .

No sooner had his attorney Eric Bryer and adv. Eckhardt Rösemann left him at the Bellville holding cells late yesterday afternoon after preparing for his court appearance, when police officers visited him again in an attempt to negotiate a plea bargain and/or persuade him to become a state witness. Kilian refused to address them in the absence of his attorney and Bryer had to be called back.

They were informed that the same National Prosecuting Authority (NPA) who earlier refused to investigate Kinnear's serious allegations of a rogue crime intel unit operating illegally in the Western Cape, are now planning to add several additional charges against Kilian - including conspiracy to kill Cape Town attorney William Booth and fraud for claiming to work as a private detective when he was allegedly not registered with the Private Security Industry Regulatory Authority (Prisa). Booth was allegedly involved in an attempted hit at his home in April this year.

William Booth

 Cape Town attorney William Booth

In the light of the above and because the presiding magistrate had apparently been diagnosed with Covid-19, the application did not go ahead and was postponed till the earliest available date on 27 November 2020.

Zane Kilian's attorney Eric Bryer

Furious and frustrated family members of Kilian are concerned about his health and mental state and the power games being played.
"The Police had almost six weeks to investigate this high-profile case and all they concentrated on till now is Zane's cellphone tracking records and 'qualifications'. Where is the real killer and the people who gave the orders? Why is nothing ever mentioned about the footage showing the shooter walking around in Bishop Lavis for six hours prior to the shooting without ever speaking on a cellphone? Why did they have to wait till the night before Zane's bail application to come forward with these additional charges?
"This was a devious ploy to arrest him immediately again if bail was granted!" a relative said.

Zane attorneys

Zane Kilian's legal eagles adv. Echardt Rösemann and lawyer Eric Bryer at the Bellville magistrate court

Kilian's family and friends are convinced that he was set up as a convenient scapegoat and decoy to derail the investigation in order to protect the same rogue police officers and gangsters whose criminal activities Kinnear exposed in a lengthy 59-page Affidavit that the slain police officer compiled and sent to the highest authorities in 2019. The docket apparently contains prima facie evidence of criminal intent in the SAPS and centred on the corrupt activities of a rogue crime intel unit operating illegally in the Western Cape under disgraced Police General, Elvis Jula.

Kinnear also prominently mentioned the names of six suspects whose activities were supposed to be investigated at top level. Apparently, the docket was investigated by the Independent Police Investigative Directorate (IPID) who in turn sent it around July 2019 to the National Prosecuting Authority (NPA) in the Western Cape for a decision. Shortly after Kinnear's untimely death, it came out that the Kinnear docket had been “nollied” or closed (nolle prosequi) by the NPA.

Charl Kinnear murder scene

Top-detective Charl Kinnear was gunned down by a lone shooter while sitting in his car outside his house less than ten months after police protection for him and his family was mysteriously withdrawn  

The Police had also still not revealed who gave the orders to cancel the authorized police protection for Kinnear and his family in November last year after Kinnear submitted all the evidence to proof that his life - and those of his family - were in danger.

About allegations that Kilian had pinged up to 10 000 numbers in six months, an expert in the field of tracking people for debt collection and vehicle repossession said it averages 55 pings per day - which is standard procedure as you sometimes have to ping the same numbers more than 10 times in order to track them.
"People who owe money always duck and dive and use more than one cellphone, so you have to keep trying until you can track them to the nearest cellphone tower. With a ping, you don't get an exact location - only a radius of approximately 800 metres."

There is also concern that Kilian is continuously being intimidated and cajoled into confessing or revealing information that he has no knowledge of. He has repeatedly offered to participate in any polygraph or lie detesting test, but to no avail.

Kilian was apparently one of many in the trade who bought their "ping bundles" with an accompanying unique login code from Bradley Goldblatt, who apparently also works for the SAPD.

Questions are now raised about how many people bought these ping bundles and tracking facilities from Bradley Goldblatt and whether they could use the same code to ping locations? Apparently Bradley had many clients in the Cape underworld.

What are the responsibilities and liability of these companies offering access to cellphone tracking facilities to prevent foul play?

While the investigation into Kinnear's murder seems to drag and focus entirely on an outsider from Springs with an insignificant one-man-business, not a word is mentioned about a police hunt for the young killer who was prominently captured on camera and those behind it.

No identikit of the killer's face was made in an attempt to get public assistance in identifying him and allegations that his body was seen in the morgue next to Kinnear's have not been refuted or confirmed.

https://www.noseweek.co.za/article/4246/Rogue-unit-skills-for-sale?

https://www.noseweek.co.za/article/2299/Investec-knows-what-you-did-last-summer

http://www.bcps.co.za/team.php

http://www.corporatecodes.co.za/the-rosen-conspiracy/

https://www.thesouthafrican.com/news/zane-kilian-attorney-william-booth-kinnear-cape-town-26-october/

Also read: https://nuus.net/kinnear-sluipmoord-die-vrae-wat-die-media-doelbewus-vermy/

Related Articles:

Skokkende bewerings dat die jong man wat wyle lt. kol. Charl Kinnear (52) koelbloedig voor sy huis doodgeskiet het, kort daarna óók doodgeskiet is en dat sy lyk langs Kinnear s'n in die lykhuis gesien is, is pas weer uit betroubare bron bevestig.

Die jong man, geklee in 'n rooi kappietop wat duidelik op beeldmateriaal vasgevang is waar hy verby mense in Bishop Lavis se strate stap voor hy Kinnear doodluiters deur sy motorruit doodskiet, het sedertdien skynbaar spoorloos verdwyn . . .

Kilian skieter

Die bewerings versterk die vermoede dat die einste korrupte SAPD- en bendelede wat al jare lank saam 'n gedugte misdaadsindikaat in die Wes-Kaap bedryf en op wie se spoor Kinnear was, agter Kinnear se sluipmoord sit.

Bewyse is na bewering ook gevind dat Kinnear se selfoon deur lede van Militêre Intelligensie gemonitor is.

Bogenoemde verwikkelinge versterk ook die vermoede dat Zane Kilian (39) van Springs doelbewus deur dié sindikaat by die saak ingesleep is as sondebok en aandag-afleier, wetende dat hy oor geen inligting oor die Kinnear-moord beskik wat hulle aan die kaak kan stel nie.

Zane Kilian

Kilian is al sedert 21 September in aanhouding en al sy pogings om om borgtog aansoek te doen, is telkemale uitgestel omdat 'n "veiliger" hof glo geïdentifiseer moet word vir sy verskyning weens die woede van die inwoners van Bishop Lavis.

HOEKOM is dié inwoners so kwaad vir Kilian as die beeldmateriaal duidelik wys dit is NIE hy wat Kinnear vermoor het nie? Hoekom plaas die gemeenskapskoerant Die Son nie die foto's van die skieter om die gemeenskap se gemoedere te laat bedaar sodat die ware moordenaar(s) vasgetrek kan word nie?

Kilian is glo boonop deur SAPD-lede aangemoedig om as Artikel 24-staatsgetuie op te tree in ruil vir "beskerming vir hom en sy gesin". Kilian het dit van die hand gewys omdat hy geen inligting het oor Kinnear se moord of die beplanning daarvan nie.

Skadevergoedingseis teen polisie

 

 

Kilian beplan glo om 'n skadevergoedingseis van tussen R20 en R35 miljoen teen die SAPD in te stel vir sy onregmatige opsporing, inhegtenisneming, aanhouding en beswaddering deur die media sonder dat die SAPD die vereiste lasbrief en dagvaarding gehad het.

Kilian is kort ná Kinnear se moord by die saak ingesleep nadat die bekende Kaapse bendeleier Jerome (Donkie) Booysen, glo gesê het 'n Pretoriase kennis het hom (Booysen) gewaarsku dat iemand sy selfoon monitor en dat dit glo ene Zane Kilian is.

Jerome Donkie Booysen

Jerome (Donkie) Booysen, 'n bekende in die Kaapse onderwêreld

'n Middernagtelike klopjag is dadelik op Kilian se huis in Springs uitgevoer en nadat dit deursoek is vir gevorderde telekommunikasietoerusting, is niks gevind nie en net op sy selfoon beslag gelê.

Owerspelige vrou se bewegings moes gemonitor word

 

 

Bewyse is wel daarna op Kilian se selfoon gekry dat hy die ligging van Kinnear se selfoon gemonitor het, maar die persoon (ene Mohammed) wat hom dié nommer gegee het onder die voorwendsel dat Kilian sy "owerspelige vrou" se selfoon moet monitor, het blykbaar elke keer 'n ander simkaart gebruik (ghost phone) sodat die nommers nie meer bestaan of opgespoor kan word nie nie - 'n ou, bekende gebruik in die Kaapse onderwêreld.

Sy regsverteenwordiger, adv. Eckardt Rösemann, het vroeër dokumente en bewyse by die hof ingedien waarin hy aanvoer dat sy kliënt nie moord gepleeg het, sameswering tot moord gepleeg het of die wet op telekommunikasiewetgewing oortree het nie, aangesien hy wettig geregistreer is by die betrokke beheerliggaam om ondersoek- en selfoonmoniteringswerk te doen.

'n Woedende familievriend het vanoggend gesê: "Zane was agt jaar laas in die Kaap, hy het verlede jaar eers die skuldinvorderings- en private ondersoekwerk van sy huis af in Springs begin doen en het nie eens geweet van Kinnear se bestaan nie. Hy is deur 'n man (Mohammed) gekontak wat glo van sy vrou wou skei oor haar owerspelige gedrag en Zane moes haar bewegings deur dié nommer monitor.

Die polisie het AL die bewyse en nommers, maar Zane word steeds geteiken

 

 

"Al die nommers van die persoon (Mohammed) wat Zane gekontak het, is steeds op sy foon, maar is "spooknommers" en bestaan nie meer nie. Kort ná Zane se inhegtenisneming het sy vrou, Nicolene, ook 'n whatsapp ontvang wat vra dat al "Mohammed" se nommers van Zane se foon verwyder moet word. Niemand weet hoe dié persoon (Mohammed) ook Nicolene se selfoonnommer bekom het nie. Dié whatsapp aan haar en al die nommers van ene Mohammed op Zane se selfoon is in die Polisie se besit", het hy gesê.

  • Intussen is die Valke se ondersoekspan in Kinnear se moord ontslaan en is 'n brigadier van Pretoria en 'n polisiekolonel van Kimberley ingeroep om die saak oor te neem.

Charl Kinnear1

Zane is steeds in aanhouding in Bellville en sal Woensdag eers weer in die hof verskyn om te hoor "watter distrikshof is veilig genoeg om sy borgtogaansoek aan te hoor".

Van die tergende vrae wat steeds nie beantwoord is nie, is:

*  WIE het die opdrag gegee om die polisiebeskerming aan Kinnear en sy gesin te staak?;

*  Hoekom het Militêre Intelligensie Kinnear se selfoon gemonitor?;

*  Hoe kan 'n jong man binne sekondes nadat hy 'n speurhoof helder oordag in Bishop Lavis doodgeskiet het, van die aardbol verdwyn en hoekom is sy bewegings ná die moord nie ook op beeldmateriaal vasgevang nie?

*  Wie is die persoon (Mohammed) wat Kinnear se selfoonnommer onder valse voorwendsels aan Kilian gegee het? Is Kilian juis as gerieflike sondebok geteiken omdat hy buite die Kaapse bendewêreld woon en 'n klein, eenman-besigheidjie in Springs bedryf wat geen risiko van uitkenning vir lede van die Kaapse onderwêreld inhou nie?

Kilian skieter3

 

Related Articles:

Twee onafhanklike senior SAPD-lede van Pretoria en Bloemfontein onderskeidelik is nou betrek in die ondersoek na die sluipmoord op die Wes-Kaapse speurhoof, lt.kol. Charl Kinnear op Vrydag 18 September 2020.

Kilian skieter3

Tot dusver is géén deurbraak blykbaar nog gemaak in die opsporing van die jong skieter wat die Wes-Kaapse bobaas-speurder helder oordag koelbloedig voor sy huis doodgeskiet het nie, of die persoon/persone wat die opdrag gegee het nie.

Ook die ondersoek na wie verantwoordelik is daarvoor dat die polisiebeskerming vir Kinnear en sy gesin afgelas is en nie dringender prioriteit geniet het nie ondanks al die bewyse dat Kinnear geteiken is, het nog niks opgelewer nie.

Kinnear gesin met foto van Pa

Wyle lt.kol. Charl Kinnear se vrou, Nicolette Kinnear, en hul twee seuns  Casleigh (links) en Carlisle by 'n foto van hul geliefde Pa. Nicolette het reeds in Januarie vanjaar vertel hoe die gesin in vrees lewe sedert polisiebeskerming aan hulle onttrek is.  www.iol.co.za/capeargus/news/top-cops-family-disappointed-and-betrayed-after-police-withdraw-their-protection-41064000?

Dié nuwe wending om onafhanklike polisielede van buite die Wes-Kaapse bendegebied by die hoëprofiel-ondersoek te betrek, bring dalk lig in die tonnel vir die 39-jarige Zane Kilian van Springs wat al sedert 21 September 2020 in aanhouding is.

Publieke kommer neem sterk toe dat Kilian gerieflikheidshalwe die "sondebok" gemaak word om die aandag af te lei van die Polisie se gebrek aan vordering om die ware moordenaar op te spoor en dié wat daaragter sit.

"Terwyl Kilian in die media as die hoofverdagte uitgemaak word, kry die ware skuldiges kans om hul spore dood te vee. Hy hou ook geen bedreiging vir hulle in nie, want hulle weet hy weet niks van die moord nie en kan hulle dus nie verklap nie," het 'n ontstoke familievriend laat hoor.

Zane Kilian borgfoto

Mense wil ook weet of die ooggetuies wat die skieter duidelik in die straat sien loop het onderweg na Kinnear se huis, al ondervra is.

"Hoe is dit moontlik dat niemand die jongman ken of herken het nie en dat hy ná die skietery spoorloos van die aardbol kon verdwyn?", is gevra.

Kilian skieter

Die enigste "klag" teen Kilian is blykbaar dat hy vanuit sy huis in Springs basiese selfoonmonitering vir kliënte landwyd gedoen het as deel van sy skuldinvorderingsbedryf en dat Kinnear se selfoonnommer een van dié is wat hy namens kliënte gemonitor het.

Intussen het dit aan die lig gekom dat die selfoonmonitering wat Kilian doen, basiese tegnologie behels wat maklik na hom teruggevoer kan word, terwyl die gesofistikeerde "GRABBER"-tegnologie deur enigeen in die Polisie of Regering gedoen kan word en nie nagespoor kan word nie. Verskeie mense kon dus Kinnear se selfoon gemonitor het sonder dat dit na hulle terugverwys kan word.

Kilian se tweede hofverskyning om aansoek te doen vir borgtog is vanoggend wéér uitgestel tot Woensdag 14 Oktober nadat 'n brigadier en kolonel van buite nou by die saak betrek is. Kilian bly in aanhouding tot dan om te hoor in watter hof sy borgaansoek aangehoor sal word.

Sy verskyning in die landdroshof in Bishop Lavis is weer gekenmerk deur 'n sterk polisie-teenwoordigheid en 'n ontstoke skare mense wat hom luidkeels toesnou. Dit is duidelik dat mense wraak soek vir die moord op Kinnear en Kilian is tot dusver die enigste beskuldigde op wie hulle hul woede en frustrasie kan fokus.

Outside Bishop Lavis Magistrate's Court

Foto: Jenni Evans, News24

Kilian se regsverteenwoordiger, adv. Eckhard Röseman, het aangedring om dokumente ter stawing van sy kliënt se onskuld in te dien. Hy het onomwonde verklaar Kilian het NIE moord gepleeg nie; hy het NIE saamgesweer om moord te pleeg nie en het ook nie die wet op telekommunikasie oortree nie, aangesien hy wettig geregistreer is by die betrokke beheerliggaam wat hom in staat stel om opsporing en selfoonmonitering te doen.  

Uit betroubare bron is verneem as geen verdere bewyse teen Kilian gevind kan word en hy nie lig op die sluipmoord op Kinnear kan werp nie, sy borgaansoek nie teengestaan sal word nie.

Intussen is 'n aanlyn-petisie geloods teen Kilian se langdurige en "ongrondwetlike" aanhouding sonder borg en die kans om sy saak in 'n hof te stel.

'n Paarlse gebedsgroep is ook vir hom gestig en lede het gister heeldag gevas en vir sy veiligheid in aanhouding gebid.

http://chng.it/SWxB4qwL

* Kilian is 'n enkelouer-pa wie se sewejarige seuntjie met spesiale behoeftes, Zayden, grootliks van hom afhanklik is. Zayden word intussen deur Kilian se pa, oud.kol. Hein Kilian (68) versorg en verstaan nie wat aangaan dat sy Pa hom nie eens kan bel nie.

Lees ook: https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2848242345407014?

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2844909662406949?_

Related Articles:

Kinnear assassination: WHY was this explosive evidence of Police rogue crime units in the Western Cape swept under the carpet?

While the country and the entire Police force are in an uproar over the opportunistic assassination of lt.col. Charl Kinnear in broad daylight in front of his well-known Bishop Lavis home, nothing is mentioned in the sensational media reports about the lengthy and explosive 59-page Affidavit that the respected, slain police officer compiled and sent to the highest authorities in 2019.

Kilian skieter3

The docket apparently contains prima facie evidence of criminal intent in the SAPS and centred on the corrupt activities of a rogue crime intel unit operating illegally in the Western Cape under disgraced Police General, Elvis Jula.

Kinnear also prominently mentioned the names of six suspects whose activities were supposed to be investigated at top level. Apparently, the docket was investigated by the Independent Police Investigative Directorate (IPID) who in turn sent it around July 2019 to the National Prosecuting Authority (NPA) in the Western Cape for a decision. Shortly after Kinnear's untimely death, it came out that the Kinnear docket had been “nollied” or closed (nolle prosequi) by the NPA . . . ?

https://www.iol.co.za/capeargus/news/top-cops-family-disappointed-and-betrayed-after-police-withdraw-their-protection-41064000?

Instead of focusing on these shocking revelations and finding the culprits who ordered the withdrawal of police protection for Kinnear and his family and nollied the docket, the police ambushed and raided the Springs home of 39-year old single dad Zane Kilian and arrested him for murder, conspiracy to commit murder and illegal interception of communication - just because he, as a father of a special needs son, was trying to make a living as a debt collector and doing tracking and investigations for various companies and people?

Zane en Zayden vermom

Zane, a former rugby player for the Falcons and Griquas, appeared under heavy police protection in the Bishop Lavis Magistrate’s Court last Friday and is held in custody in Bellville until his due court appearance and bail application on Monday.

Kilian had allegedly been tracking Kinnear’s cellphone for months, but according to reliable sources Kilian did cellphone tracking for various clients and didn't even know most of them or the people whose cellphones were tracked - including Kinnear.

In the light of the apparent high-level police involvement in Kinnear's assassination, it is feared that Kilian has been framed and used as a convenient "scapegoat" to protect Kinnear's rogue Police colleagues.

Concerned friends and family members now ask:
"Is Zane a convenient decoy because he is white, a former rugby player and the son of a former police colonel? Apart from his work, Zane has a full-time job as a single father taking care of his seven-year-old son who attends a school for children with special needs and requires constant supervision and care.

"Zayden suffers from cerebral palsy, Obsessive Compulsive Behaviour (OCB) and also needs medication for epilepsy. Furthermore, Zane hasn't set foot in Cape Town for years", an informed source said.

Zane is the youngest of four children of retired lt.col. Hein Kilian and the late Heila Kilian. Heila was tragically killed in an armed robbery in April 2018 during a visit to her sister and brother-in-law, Brenda and David Thomas, at their remote farmstead near Stilbaai. Zane's father, Hein (68), a respected former riot police commander in the Springs area, retired in 1992 already.

stilbaai Hein en Heila

The random killing of Zane's beloved mother, also dubbed Lovey thanks to her loving personality, caused a global outcry of protest against farm murders in South Africa. The five accused have appeared in the regional district court in Mossel Bay earlier this year, but the court case is still ongoing.

The Kilian family - especially Zane who was extremely close to his mother - is still battling to accept her senseless killing and waiting for justice to be served in order to find closure. The bereaved Hein and all four children carried Heila's coffin into church at one of the biggest and most emotional memorial services in Springs. Close to a 1000 people paid their last respect to the well-loved Heila in the AGS Lofoord Church in Springs in 2018.

Zane Kilian en Heila

A family member mentioned that Heila was one of those people whom everybody loved. "She was beautiful inside and outside and would probably not have been able to deal with the horror that Zane has now been pulled into."

After his mother's death, Zane shaved his hair and had a heart and the word "MOM" tattooed on the side of his head as a tribute to his beloved mother.

Zane Kilian met MOM op sy kop

While Zane is kept in custody awaiting his bail application, Zayden stays with his grandfather, Hein, and visits his mother over weekends.

"Zayden does not know what is going on and why his father does not phone him. Zane is his idol and anchor and the only person who can truly handle and comfort him. Zayden's physical and mental health is deteriorating fast and he is clutching out.

"We told him Zane is working in Cape Town, but he knows his father would never have left him without calling him regularly," an emotional Hein said.

Hein is bitter at the way his law-abiding son had been ambushed at night by 40 armed policemen apparently looking for a fancy office with sophisticated high-tech equipment and computers.

"I told the police officers I will take them to Zane's nearby home and even open the door for them as Zane was sleeping, but they nevertheless went ahead and broke down the back door . . . and in the end left with only Zane's two cellphones as he does not even HAVE computers or sophisticated equipment.

"All we want now is for Zane to be released and to get the opportunity to testify and tell his side of the story as soon as possible so that he can come home to Zayden."

* The underneath was leaked and is going viral on social media:

WHY WAS THE CRIMINAL DOCKET THAT WAS OPENED BY THE LATE COLONEL CHARL KINNEAR AGAINST THE ROGUE CRIME INTEL UNIT CLOSED BY THE NPA???

---------- Forwarded message ---------
From: Colin Arendse <
Date: Mon, Sep 28, 2020 at 6:56 AM

Subject: ASSASSINATION OF POLICE COLONEL CHARL KINNEAR – NPA ‘COMPLICITY’

To: <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;, <This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.;

Minister R. Lamola
Ministry of Justice
Pretoria

Dear Minister Lamola

1] You are no doubt aware of the assassination of Police Colonel Charl Kinnear outside his home on 18 September 2020 in Bishop Lavis, Cape Town.

2] In 2018/2019, Colonel Kinnear penned a 59-page Affidavit about the rot of corruption inside the SA Police Service and forwarded this docket to national police management and IPID.

3] It is common cause and not in dispute that the docket contained prima facie evidence of criminal intent and centred on the corrupt activities of a rogue crime intel unit operating illegally in the Western Cape under disgraced Police General, Elvis Jula.

4] It is also in the public domain that the six suspects mentioned by Colonel Kinnear in his Affidavit are:

Brigadier Sanjith Hansraj
Captain Alfred Barker
Captain (f) Nadine Britz
Warrant Officer "Martin" Titus
Warrant Officer Riedwaan Titus and
Sergeant Billy Burrows

5] The docket was investigated by IPID and, in about July 2019, IPID sent the docket to the National Prosecuting Authority (NPA) in the Western Cape for a decision.

6] Now, I state for the record that this NPA office has already been captured and I have proof of this which prima facie evidence Police General Jeremy Vearey will provide to you (relating to a separate case involving two other disgraced Police Generals).

7] A few days after the assassination of Colonel Kinnear, I received a tip-off that the Kinnear docket had been “nollied” or closed (nolle prosequi) by the NPA.

8] During a program called #TheFix by Karima Brown (eNCA) on national tv on Sunday, 27 September 2020, she confirmed this and made public the recommendations of IPID which reads as follows:

“CONCLUSION:
There was an obvious collusion between Captain Alfred Barker, Captain Nadine Brits, Warrant Officer Riedewaan Titus and Warrant Officer Martin Titus to open cases that had been closed to intimidate and harass witnesses to make false statements against members whom they have a grudge against. It is also confirmed by the Divisional Commissioner of Crime Intelligence that these members are a rogue unit trying to derail the investigation against certain underworld high flyers in the Western Cape. The suspects also defamed the character of members by spreading rumours that they are corrupt policemen.

IPID RECOMMENDATION:
Based on the above information contained in the case docket, the IPID recommends that Captain Alfred Barker, Captain Nadine Brits, Warrant Officer Riedewaan Titus and Warrant Officer Martin Titus be prosecuted for Defeating and/or Obstructing the Course of Justice, Intimidation and Crimen Injuria”. End

9] Minister Lamola, I put it to you that for all of his working life in the Police Service (three decades), Colonel Charl Kinnear was a dedicated police officer who stood against corruption and, there was a very particular reason why he opened this docket – he was taking a stand against the deep rot of corruption in the Police Service.

10] Colonel Kinnear would never have accepted this captured decision of the NPA and would’ve taken this corrupt decision on review.

11] To put it to you bluntly, Minister Lamola, there is simply no basis in law for the NPA to have made this decision in view of the prima facie evidence in the docket.

12] That’s not all Minister. It was also brought to my attention that there were eight other police dockets (attached to the IPID docket) that were also “nollied” by the captured NPA; one of which was the Spur shooting docket that Colonel Kinnear mentioned specifically in his 59 page Affidavit. Kinnear highlighted how certain dirty cops had attempted to interfere with the police investigation into a 2018 shooting incident at a Spur restaurant involving another alleged underworld figure.

13] The information that I received, Minister, indicates that all these eight dockets have already been returned to their respective police stations where they were originally opened and - have been archived as closed.

14] Minister Lamola, Government has gone on record as having encouraged all our citizens to act against all forms of corruption wherever it manifests itself. I have been doing this for more than two decades but have nothing to show for it.

15] I don’t really know why the President preaches from the rooftop about what the Government is doing in the fight against corruption when the reality on the ground is, very obviously, quite different.

16] Minister Lamola, it is now up to you to help me draw that line in the sand.

17] I instruct you, as I hereby do, to reopen the IPID docket as well as the eight other SAPS dockets and to commence the process of crushing all dissent in our collective fight against corruption. If you cannot do this, Minister, then it simply means that you are also captured and I will have to resort to another plan to make myself heard.

18] Kindly also speak to your colleague, Minister Bheki Cele about immediately suspending the six members of the rogue crime intel unit which matter I referred to the office of the National Police Commissioner on 1 October 2019 – there has been no action to date except that the complainant, Colonel Charl Kinnear has now been assassinated.

The clock is ticking Minister ….

Sincerely

Colin Arendse

copied to:

Minister of Police: Mr B. Cele
The President: Mr MC Ramaphosa
Advocate Shamila Batohi, National Director of Public Prosecutions, NPA Pretoria

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2844909662406949?

Related Articles: