Wolwedans Game Farm Beach House Restaurant Delfinos.Passion for food-Passion for life Top Up Service Station Ponto Grille and Carvery Reflexions Professional Hair Oyster World Skorpios Security Property Pointer

 

MosselbayonTheline | First With The News

'n Week ná die hartverskeurende gesinstragedie waarin Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders, Cozette (6) en Hugo (2) sowat 110 m by 'n krans afgestort het by die Voëlklip-uitkykpunt in Heroldsbaai, is daar steeds meer vrae as antwoorde.

Heidi Scheepers Hugo se verjaardag

Heidi en Etienne Scheepers met die verjaardagkoek op klein Hugo se tweede verjaardag. Foto verskaf

'n Amptelike verklaring wat Heidi se man, Etienne (36) Maandag uitgereik het in reaksie op die oorweldigende publieke reaksie wat dié tragedie ontlok het, het eerder die raaisel verdiep as om antwoorde te bring.

Dit is uitgereik terwyl die soektog na Cozette in die onstuimige see steeds voortgaan. Cozette is gebore met holoprosenkefalie, 'n seldsame afwyking wat veroorsaak dat die brein nie normaal ontwikkel nie. Sy was 'n geliefde leerder by die Up with Downs-skool vir leerders met spesiale behoeftes in George.

Heidi Scheepers 2 kids

Klein Hugo (2) en sy sussie Cozette (6) het 'n hegte band gehad. Foto: George Herald 

Die liggame van Hugo en Heidi, asook die wrak van hul Volkswagen Caravelle-kombi, is reeds uit die see gehaal.

Die finale uitslag van 'n nadoodse ondersoek om moontlik meer lig te werp op die omstandighede van die tragedie word nog afgewag. Volgens die Suid-Kaap se polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, het die voorlopige verslae van sowel Hugo en Heidi se outopsies bevestig dat hulle verdrink het, wat beteken dat albei nog gelewe het toe hulle in die water beland het.  Hy het gesê onstuimige seetoestande bemoeilik steeds die volgehoue soektog na Cozette.  

In die verklaring, wat Etienne glo Maandag eksklusief aan die George Herald beskikbaar gestel het, ontken Etienne alle gerugte van finansiële probleme, versekeringsbedrog, skuld, huweliksprobleme of 'n buite-egtelike verhouding. Volgens die verklaring het Heidi ook nie meer anti-depressante gebruik nie nadat sy verlede jaar 'n tyd lank vir depressie behandel is toe sy deur 'n moeilike tyd gegaan het.

Heidi Scheepers Etienne huilHeidi Scheepers Etienne huil1

'n Gebroke Etienne Scheepers (36) word ondersteun terwyl die liggaam van sy vrou, Heidi (35) verlede Saterdag uit die see gehaal word. Foto's: George Herald

Heidi Scheepers reddingsfoto1 Kristy Kolberg

Hy noem dat hulle die volgende dag (Woensdagoggend) op 'n familie-vakansie na Mosambiek sou vertrek en dat Heidi eers die Dinsdagaand kort voor die tragedie vir hom gesê het dat sy en die kinders nie (meer) saamgaan Mosambiek toe nie. Die gesin sou die betrokke namiddag saam op die strand gaan stap, maar weens gure weer het hulle in die kombi gesit en gesels. Etienne het na bewering toe gesê hulle kan later by die huis oor Heidi se besluit praat.

Daarna is hy glo te voet na 'n bouperseel oorkant die strand en daarvandaan na sy winkel Heroldsbaai Kafee om sy eie voertuig te kry, terwyl Heidi en die kinders solank na hul huis in Oubaai sou terugkeer. Hulle het egter nooit by die huis opgedaag nie en 'n volskaalse polisie-soektog het uiteindelik gelei tot die grusame ontdekking van die motorwrak en die liggame in die see in die omgewing van Voëlklip.

Heidi Scheepers Burger roete

Hardnekkige vrae gedy egter nou meer as ooit op media- en sosialemediaplatforms:

 * Hoekom sou 'n gelukkige getroude vrou en ma van twee jong kindertjies nie voorsiening maak vir 'n stranduitstappie deur minstens eet- en drinkgoed, fopspene of doeke vir die kleingoed saam te neem nie;

 * Hoekom het Heidi eers die aand voor hul beplande vertrek na Mosambiek besluit om nie meer saam te gaan Mosambiek toe nie - só 'n reis/vakansie verg immers grootskaalse vooraf-beplanning en reëlings, pakkery, ens. waar jong kindertjies betrokke is;

 *  Hoekom sou Heidi in gure weer op 'n weeksaand nie terugry huis toe nie, maar die ompad na die gevaarlike Voëlklip-terrein neem as sy nie ontsteld of ongelukkig was nie?

'n Leser het spesiaal 'n video van die sowat 3km lange grondpad tot by die Voëlklip-uitkykpunt gestuur om verwarring oor die omgewing en die plek waar die voertuig oor die afgrond is, uit te skakel. 

Die video toon die roete langs die serwituutpad tot by die Voëlklip-uitkykpunt. Die afstand is sowat 3km en dit neem sowat 8 minute om dit veilig af te lê. Die presiese plek waar die Scheepers-gesin se voertuig oor die afgrond is, is sowat 6 minute in die video en is vasgevang op die skermgreep hieronder - by die swart kruis waar drie jong mans in 2015 ook afgestort het en NIE by die parkeerterrein van die Voëlklip-uitkykpunt soos blykbaar verkeerdelik algemeen aanvaar is nie. Dié is nog 'n hele entjie verder. Volgens motorbandmerke en bronne blyk dit dat die Scheepers-voertuig hier by die skoongemaakte area langs die pad stilgehou het en toe reguit daarvandaan by die afgrond afgery en bo-oor die swart kruis geval het. Dié is intussen weer regop geplant.  (Die area langs die pad is destyds skoongemaak vir noodreddingsvoertuie nadat MarNic Els (20), Luandro Jansen (21) en Werner Finger (20) op 15 November 2015 in die vroeë oggendure gesterf het toe hul Toyota Hilux-bakkie hier oor dieselfde afgrond in die see gestort het. Els en Jansen se liggame is destyds gevind, maar Finger s’n is nooit gekry nie.)

Voëlklip video snapshot

Emosionele reaksie en pleidooie dat die serwituut-pad na Voëlklip toegemaak moet word, of dat veiligheidsrelings langs die pad aangebring moet word, het skerp kritiek van inwoners wat dié geliefde plek ken, ontlok. 

Een inwoner het geskryf: 

 "IS VOËLKLIP NA 'N PAAR STERTES DAAR, WERKLIK SO GEVAARLIK?
Ek merk in die oningeligte media dat Voëlklip by Heroldsbaai nou skielik so onveilig is dat dit met 'n teerpad en/of staal-reëlings beveilig ..of straks gesluit moet word.. :-(
 
Voëlklip is 'n pragtige natuurlike plek met 'n asrmrowend uitsig oor Haroldsbaai aan die ooste-kant en die hele kuslyn tot by Mosselbaai-punt aan die weste-kant. Walvisse in die wintermaande en skole dolfyne van selfs honderde kan reg deur die jaar daar besigtig word.  Almal wat die pragtige plek ken en hulself al daar aan die natuur verwonder het, weet jy kannie daar roekeloos of met jou dronk-lyf gaan rondjaag nie. Die plek is nie onveilig vir enige redelike mense nie. Jy maak nie daar 'n ongeluk, behalwe opsetlik of nalatig nie. So moet dit asseblief nie gaan ontsier met 'n klomp onnodige staal-reëlings nie. Sit eerder net 'n paar spoed en ander waarskuwingstekens op waar absoluut noodsaaklik. Meeste mense wat daar oor die jare dood is, is in elk geval vissermanne wat onder van die rotse af geslaan is en daar in die kolkende branders verdrink het.  Wat wel hartseer is dat sekere onkonsidirerende mense, (veral mense wat nie hul geliefdes daar op Voëlklip verloor het nie) ook nou hul eie onooglike betongrafte en grafstene daar op Voëlkliphoogte by die grond-parkeerterrein gaan oprig het.  Dit lyk al soos 'n onversorgde munisipale bergraafplaas daar. Die George Munisipaliteit/Eden Streeksmunisipaliteit behoort eerder al hierdie permanente strukture wat die omgewing esteties besoedel permanent te verwyder. Slegs tydelike houtkruise of amptelik goedgekeerde publieke gedenkbankies van beton behoort daar toegelaat te word."

 

Uittreksels uit Etienne Scheepers se verklaring lui:

"We are personally financially sound and our businesses are doing well. We are in no financial plight. I also did not commit any form of fraud, have any affairs or beat my wife and children."

"We took a drive down to the beach to spend time with the children. We, however, did not get out of the car as the weather was bad. We discussed our upcoming holiday to Mozambique when Heidi informed me that she would be staying behind. We had a big consignment of stock arriving at the shop [Herold’s Bay Café] and one of our employees had suddenly resigned. I told her that we’d talk about it at home. We did not have an argument of any kind,” Ettienne said.

"Heidi said she and the children would see me at home. After the site visit, I walked back to the shop where my car was parked. I connected the boat to the vehicle and drove home."

When he arrived at their house in Oubaai, Heidi and the children were nowhere to be seen.

"I asked our housekeeping staff if they had seen anyone and they told me the last time they saw Heidi and the children was when we left for the beach. Heidi had left her phone at home as it was just going to be a quick trip to the beach. She also didn't pack anything like bottles or dummies for the children.

"I started worrying and phoned her cousin who lives in Herold’s Bay. She, however, did not answer. I also phoned some of her close friends. No one had seen her. I called my brother to find out if he had seen Heidi and the kids. He said that he hadn’t seen them either.”

After phoning numerous times, Ettienne drove to Heidi’s cousin’s house to see if she and the children were there. "They were sleeping already and hadn't seen Heidi and the kids. I drove to the police station in George where I reported them missing. The officer told me that he would inform all their patrol vehicles to be on the lookout for Heidi and the kids in our VW Caravelle, the vehicle we drove to the beach with.”

"I would also like to clear up that the reason I had not visited the scene is because when I asked if I could visit the scene, I was told by a senior police officer on Wednesday that no one would be allowed on the scene at Voëlklip."

Due to numerous requests from people wanting to help or make donations, the Scheepers family stated that they don't need anything at this stage. Instead, they requested that people rather make donations or contributions to Up with Downs.

Banking details:

Up with Downs School
ABSA bank George
Account: 405 090 1991
Branch: 632 005
* Holoprosencephaly is an abnormality of brain development in which the brain doesn't properly divide into the right and left hemispheres.

Lees die volle berig/verklaring hier: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2531325180432067?

 
 Lees ook ons vorige Facebook-berig met foto's:

Terwyl sterk stormwind en gevaarlike seetoestande vir die Wes- en Suid-Kaap voorspel is, bemoeilik dit ook die soektog na die laaste Scheepers-gesinslid van Heroldsbaai wat Dinsdagaand in hul voertuig oor 'n afgrond by Voëlklip gestort het.

Geen teken is tot dusver van die 6-jarige Cozette gesien nie, ondanks uitgebreide soektogte deur polisieduikers en seereddingspanne langs die kuslyn.

Cozette is Dinsdagaand laas saam met haar Ma, Heidi (35) en tweejarige boetie, Hugo, in hul Volkswagen Caravelle-kombi gesien ná 'n gesinsuitstappie op die strand by Heroldsbaai. Heidi se man, Etienne (36), het nie saam met sy gesin teruggery huis toe nie, maar is te voet na sy onderneming Heroldsbaai Kafee daar naby.
Dit is steeds 'n raaisel hoekom Heidi en die kinders nie na hul huis in Oubaai toe is nie, maar die ompad na die gevaarlike Voëlklip-uitkykpunt gery het.
Geen rem- of uitswaaimerke is op die grondpaadjie gekry nie en volgens bronne lyk dit of die voertuig reguit oor die afgrond gery het.

Die wrak van die voertuig, sowel as Hugo se lykie, is reeds Donderdag uit die see gehaal, terwyl die liggaam van die vrou wat Saterdag uit die see gehaal is, vandag deur familielede uitgeken is as dié van Heidi.
Die uitslag van die nadoodse ondersoek wat vandeesweek op haar uitgevoer sou word in 'n poging om te probeer vasstel wat tot die gesinstragedie aanleiding gegee het, is nog onbekend.

Die hartseer tragedie wat dié oënskynlik gelukkige gesinnetjie getref het, het die land aangegryp. Boodskappe van meelewing, onderskraging en simpatie met Etienne word daagliks op sosiale media gedeel, terwyl die aanvanklike hoop dat Cozette dalk nog lewend gevind sal word, verander het in hoop dat haar liggaam wel gevind word ter wille van afsluiting.

Die seetoestande waar die wrak gevind is, is onstuimig en inhamme en grotte langs die kuslyn bemoeilik die opsporingstaak.  

Ons plaas ook spesiaal die pragtige reënboogfoto's wat Riaan Hammond vandag langs Hartenbos geneem het as 'n boodskap van hoop te midde van lewensstorms en wanhoop. 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2530653813832537?

Image may contain: ocean, sky, outdoor, water and nature
 

 

 

Related Articles:

Vier dae ná die onverklaarbare verdwyning van Heidi Scheepers en haar twee jong kinders, Cozette (6) en Hugo (2) op Dinsdagaand in die skilderagtige kusdorpie Heroldsbaai, is daar nog geen nuwe leidrade wat lig kan werp op die omstandighede wat tot dié hartseer gesinstragedie gelei het nie.

Heidi Scheepers

Klein Hugo se liggaampie is Donderdag uit die see naby die Voëlklip-uitkykpunt gehaal waar dit nog in sy motorstoeltjie vasgegespe was. Ondanks 'n uitgebreide soektog is geen teken nog van Heidi en Cozette gevind nie. Hul liggame was ook nie in of naby die wrak van hul VW Caravelle-kombi waarin die drie vermoedelik Dinsdagaand ná 'n gesinsuitstappie op die strand oor die afgrond by Voëlklip gestort het nie. Die soektog is intussen uitgebrei om die kusgebied van Mosselbaai tot Knysna in te sluit.

Heidi Scheepers karwrak

Die motorwrak, waarvan blykbaar net die wiele en onderstel oor was, is Donderdag uit die water opgehys nadat dit sowat 100 - 120 m ver by die afgrond afgestort het. Nie Heidi of Cozette is gevind nie. Foto: Sosiale Media

 

voëlklip

Dit is nie bekend presies hoe en waar die Caravelle oor die afgrond gestort het nie, maar polisie-woordvoerder kapt. Malcolm Pojie het bevestig die wrak is opgetrek in die gebied waar MarNic Els (20), Luandro Jansen (21) en Werner Finger (20) op 15 November 2015 in die vroeë oggendure (by Voëlklip) dood is toe die Toyota Hilux-bakkie waarin hulle gery het oor ’n afgrond in die see gestort het. Els en Jansen se lyke is gevind, maar Finger s’n nooit nie.  

Die hartseer gesinstragedie het landwyd mense se verbeelding aangegryp en 'n ongekende stormloop van vertroosting, simpatie, kommentare, vals gerugte en bespiegelinge op sosialemedianetwerke ontlok.

Heidi Scheepers en Etienne

Die laaste profielfoto wat Heidi in Julie vanjaar op haar Facebook-blad opgesit het waar sy en Etienne gesellig verkeer.

'n Spesiale gedenkdiens by kerslig is Vrydagaand vir klein Hugo by sy kleuterskooltjie Little Farm in George gehou. 

Heidi Scheepers memoriam Hugo

 

Heidi Scheepers Memoriam Hugo1

Foto: Kristy Kolberg

Heidi Scheepers Hugo Memorium

Vanweë die polisie se volgehoue soektog na Heidi en Cozette wat voorrang geniet en die tragiese omstandighede, is min besonderhede bekend oor hoekom Heidi se man, Etienne, nie saam met sy gesin teruggery het huis toe nie en hoekom Heidi en die kinders op 'n weeksaand die ompad na dié spesifieke gevaarlikse uitkykpunt by Voëlklip gery het.

Dit is nie op hul roete huis toe nie en die grondpad na Voëlklip is boonop moeilik en die terrein onherbergsaam. Etienne het Dinsdagaand omstreeks 20:30 die polisie ontbied nadat sy vrou en kinders nog nie teruggekeer het huis toe nie. 

 Heidi Scheepers Burger roete

Foto-illustrasie: Die Burger

In ander mediaberigte is genoem dat Etienne en die res van die familie deur 'n baie hartseer en moeilike tyd gaan en self ook baie vrae het oor presies wat Dinsdagaand gebeur het. Sover bekend, het Etienne nog nie self met die media gepraat nie behalwe om te sê dat baie aspekte van die gebeure vir hom onduidelik is.

 

Heidi Scheepers dogtertjie

Daar word nog onverpoos gesoek na klein Cozette (6) en haar Ma, Heidi

Intussen gaan die soektog na Heidi en Cozette die naweek voort. Onstuimige seetoestande en talle inhamme en kleiner grotte in die omgewing bemoeilik egter die kanse om iemand op te spoor. 

Kapt. Pojie het gesê geen misdaad word vermoed nie en alle moontlikhede word ondersoek.

 

Heidi Scheepers roete

Baie vrae heers oor hoekom Heidi Scheepers Dinsdagaand met haar jong kinders op dié onherbergsame pad by Voëlklip gaan draai het.   

 

Lees ook ons vorige berigte:

 http://www.mosselbayontheline.co.za/index.php/klein-hugo-scheepers-2-se-liggaampie-in-see-gekry

 

 

 

 

 

Related Articles:

Die tragiese lewensdrama wat sedert Dinsdagaand die ganse Suid-Kaap in spanningsvolle hoop en afwagting gehou het, blyk ongelukkig wel 'n tragiese einde te hê . . .

George Herald foto

Die Suid-Kaap se polisiewoordvoerder, kapt.Malcolm Pojie, het bevestig dat die liggaam van 'n jong kind uit die water gehaal is by Voëlklip naby Heroldsbaai waar 'n uitgebreide soektog en reddingsaksie sedert Dinsdagaand aan die gang is na die vermiste Heidi Scheepers (35) en haar twee jong kinders, Hugo (2) en Cozette (6).

Heidi Scheepers

Die Scheepers-gesin in gelukkiger tye. Foto: Facebook

Die kinderlykie wat Donderdagmiddag in die see gevind is, is positief geïdentifiseer as dié van klein Hugo. Hy het op die water gedryf en was steeds in sy motorstoeltjie vasgegespe. Die soektog na Heidi en Cozette gaan onverpoos voort.

George Herald foto2

Heidi en die kinders het blykbaar Dinsdagaand spoorloos verdwyn nadat hulle omstreeks 19:00 op die strand op Heroldsbaai naby hul huis gaan stap het. Haar man, Etienne, was blykbaar saam op die gesinsuitstappie omdat hy die volgende dag vir besigheid uitstedig sou wees.

Hy het egter nie saam met hulle in die gesin se donkergrys Volkswagen Caravelle (kombi) teruggery nie, maar met 'n draai huis toe gestap om by hul besighede in te loer. Etienne is die eienaar van die Heroldsbaai Kafee en Heidi behartig die verhuring van vakansieverblyf.

Toe hulle teen 20:00 nog nie terug was nie, het Etienne die Polisie gekontak. Sedertdien is 'n volskaalse soektog na die ma en kinders op tou gesit. Gisteraand is stukke van 'n wrak wat soos die gesin se vermiste kombi gelyk het, onder in die see by Voëlklip gesien. Dit het onmiddellik die vrees laat ontstaan dat hulle by die steil krans afgery en verongeluk het.
Die see was egter gistermiddag te onstuimig om die wrak te probeer herwin.

Image may contain: ocean, sky, outdoor, nature and water

Die spanningsvolle drama het 'n ongekende emosionele reaksie op sosiale media ontlok, aangevuur deur vals gerugte sodat die polisie herhaaldelik 'n beroep op mense moes doen om nie bespiegelinge en vals gerugte te versprei nie.

George Herald foto1

Die joernalis Kristy Kolberg was deurentyd op die toneel en het vroeër vanmiddag bevestig dat sy gesien het hoe personeel van forensiese dienste 'n kindermotorstoeltjie teen die hange van Voëklip opdra met "iets wat soos 'n klein lyfie in 'n wit sak lyk" daarin. Kapt. Pojie het later bevestig dat 'n kinderlykie uit die water gehaal is.

Sy het ook gesê dat Etienne nog nie by Voëlklip gesien is sedert die soektog na sy gesinslede daar begin is nie.

George Herald foto3

Kolberg het 'n tydjie gelede berig die George Herald se webblad gee probleme weens die oorweldigende publieke reaksie en kommentare. Die polisie en noodreddingspanne is steeds op die toneel by Voëlklip om die voertuig, wat vermoedelik wel die gesin se VW Caravelle is, te probeer herwin.

Kapt. Pojie het gesê die ondersoek is in 'n sensitiewe stadium en 'n amptelike polisieverklaring sal uitgereik word sodra hulle meer inligtng het.

Die soektog na Heidi en Cozette duur voort.

Die reddingsdrama het 'n ongekende stortvloed kommentare op sosiale media ontlok en vrese is uitgespreek oor die veiligheid van die Voëlklip-uitkykpunt, wat ook 'n gewilde hengelplek is. Voorstelle is gemaak dat veiligheidsrelings dalk bo die afgrond aangebring moet word.

wrak van Scheepers gesin

Die gebied waar die Scheepers se voertuig gekry is, is naby die plek waar die wrak van die Toyota Hilux-bakkie steeds lê waarin drie mans - MarNic Els (20), Luandro Jansen (21) en Werner Finger (20) - op 15 November 2015 in die vroeë oggendure gesterf het toe hulle by dieselfde afgrond afgestort en in die see beland het. Els en Jansen se liggame is destyds gevind, maar Finger s’n is nooit gekry nie. (Foto bo).

 

wrak van Scheepers gesin1

 Jongste inligting bygewerk:

 

Hugo Scheepers

 'n Gedenkmuur word spesiaal vanaand (25 Oktober) om 19:00 vir klein Hugo Scheepers (2) by sy kleuterskooltjie Little Farm in Heather Park opgerig. Hugo se lykie is gistermiddag uit die see naby Voëlklip gehaal. Die soektog na sy ma, Heidi (35), en sussie, Cozette (6), duur nog voort nadat hul voertuig Dinsdagaand teen 'n afgrond by die Voëlklip-uitkykpunt afgestort het. Die voertuig is intussen herwin, maar geen teken van Heidi en Cozette is nog gevind nie. Hugo se pa, Etienne, het almal wat eer en huldeblyke aan klein Hugo wil betoon, uitgenooi na vanaand se eerbetoning by die skooltjie in Witfonteinstraat 7, Heather Park.

Nog foto's op ons Facebook-blad: 

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2526355510929034?

Related Articles:

Amper drie weke ná die wolkbreuk op 29 September 2019 wat miljoene rande se skade aan huise, paaie en infrastruktuur in veral die Hartenbos-omgewing aangerig het, wag 'n paar ontredderde inwoners wie se huise heeltemal verwoes is, steeds op antwoorde.

Dié relatief nuwe huis in die Monte Christo-spogkompleks in Hartenbos is een van 'n paar wat die spit moes afbyt toe die stormwater op dié Sondagoggend soos 'n rivier reg op hul huise afgepyl en plaveistene meegesleur het.

Die ontredderde eienaars moes onmiddellik die huis ontruim en elders tydelike blyplek vir minstens drie maande lank soek terwyl die skade bepaal word en hul verwoeste meubels en besittings stuk vir stuk weggery word. Op die einde het net die basiese skelet van die huis oorgebly - selfs die skuifdeure moes verwyder word weens die skade wat die modderwater aangerig het.

Wanda Horn15 NB

Wanda Horn, wat tydens die wolkbreuk alleen by die huis was omdat haar man elders werk, het in hartverskeurende Facebook-inskrywings haar aanvanklike vrees, skok en totale ontreddering beskryf.

 

Wanda Horn17

Die foto's, videos en FB-inskrywings waarmee sy stapgewys "dagboek" gehou het om emosioneel staande te probeer bly en sin te probeer maak uit die verwoesting, herinner sterk aan die ontreddering van Seemeeupark se inwoners wie se huise drie jaar gelede deur 'n grondverskuiwing verwoes is.  

Wanda Horn16 NB

"Ons hele lewe soos ons dit geken het, is daardie dag binne minute verwoes. Ons moet onsself fisiek en emosioneel opbou. En ek soek antwoorde . . . "

In 'n SAUK-onderhoud met die Mosselbaai Munisipaliteit is die reuse-skade en ontwrigting afgemaak as iets gering wat weer "reg" sal wees sodra "al die stormwaterpype oopgemaak is" . . .   

Vir die inwoners van Monte Christo is dit egter 'n ramp soortgelyk aan dié van Seemeeupark-huiseienaars wat hul lewe onomkeerbaar verander het.

Hoewel die Horn-egpaar se versekering gelukkig die ergste van die sowat R1,2-miljoen se skade en uitgawes dek, is daar ook baie ekstra uitgawes waarvoor hulle uit hul eie sak moet opdok. "Ons moet intussen TWEE huise se munisipale heffings, elektrisiteit, ens. betaal, ons hond en kat moet elders gehuisves word, ons het al meer as 1 000 km heen en weer gery om assessore, ingenieurs en ander belanghebbendes te gaan sien . . . ons het nie net 'n huis verloor nie, ons het letterlik die lewe wat ons geken en hard voor gewerk het, in 'n oogwink verloor."  

Intussen het die egpaar baie onbeantwoorde vrae en wil hulle weet wat gaan gebeur as dit in die volgende paar maande wat die huis moet "uitdroog" wéér hard reën.

"Hoewel die munisipale bou-inspekteur (mnr. Terence Ludick), die Maandag ná die vloed hier was, het hy net gesê dis die pad se infrastruktuur en nie die munisipaliteit se verantwoordelikheid nie . . . Sedertdien het niemand nog enige aanspreeklikheid aanvaar of selfs net 'n hand uitgereik om ons te ondersteun of uit te vind of ons oukei is nie . . .

"Dis al amper drie weke ná die oorstroming en ons weet steeds nie wie aanspreeklik is of wat nou nie", het sy gesê. 

 

16 Oktober 2019: 

Opvolg tot op hede

Ons huis moet nog staan en son en hitte absorbeer. Dit is glo die rus periode, die settle periode. Maar so kom die een kwotasie en koste berekening na die ander, water het groot skade gemaak en modder nog meer.

Ons hoop vir kalmte die vlg 2 weke verder totdat die groot kap, breek en bou begin. En mag die gemoed ook elke dag beter en sterker word.

Dan weereens baie dankie, soveel reik uit en soveel oproepe en boodskappe nogsteeds. Baie dankie. Ek en Theo waardeer elke oproep, boodskap en gesels in die beweeg so baie.
Dankie, duidende dankies.
 
 
 Wanda12
 
 
 Wanda Horn

Very last things to be dumped. Now our home is only a house. A skeleton of what was . . . 

 Wanda HornWanda Horn1
 
 
 Wanda Horn2Wanda Horn4
 
October 9 at 11:29 AM
 

Aaklig om deur jou huis te stap en niks is meer bekend nie, ek stap in en hoendervleis oorval my. Asof ek in n vreemde instap.....

Ek ontvang soveel bdskpe en oproepe en probeer nogsteeds elkeen antw, maar dit sukkel. Ek sal daagliks n opvolg pos dan weet almal waar ons "track". Baie dankie weereens.

Dit het begin . . . 

Image may contain: sky, tree and outdoor
 
 

To my kids, family, friends and FB friends, I can not thank you enough for all the support, calls, messages and just for being there. My house took a bad water knock, the damage is extensive. I had to vacate the house, my puppy is with friends and my kitten with us at mother-in-law. The real damages will only be determined in the following days, but nothing in my house can be salvaged and structures outside have been washed away.
Thank you from the bottom of my heart.

Wanda Horn14 NB

 

Wanda Horn5

 

Wanda Horn6

Wanda Horn7

Wanda Horn8

Wanda Horn9

12 Ure later. En watter hectic deurmekaar dag gewees. Motor was eerste dinge ingeboek ens. En toe kom die oproepe, die baklei, die probeer te laat verstaan aan die ander kant van die lyn wat dit beteken as water enkel diepte deur jou huis is en net modder en slik agterlaat.

Hoe ongeduldig ek as mens raak as beloftes gemaak word, ons bel u oor n uur en daai uur word 3. Dat jy moedeloos raak, jy het nie krag nie, jy verstaan nie hoe mense nie kan verstaan as jy sê, ek het nie n bed om op te slaap nie, my huis stink, my matte vrot, weet jy hoe lyk jou huis as 'n rivier daardeur is?

En ek twee keer in my vuil badkamer gaan staan en net toegelaat dat rou snikke deur jou liggaam ruk, en dan kry jy weer moed. En dan sê jy hardop, kyk net op en weet waar jou hulp vandaan kom. En dan bel jy weer en dan hou jy aan. Dan kom jou kind en gee jou drukkie en sê, mamma is okay, ek is lief vir mamma. En my skoonseun wat my laat lag.......ma kon darem die huis n slag skoongemaak het. Bietjie humor.


Maar teen 5 uur het ons reeds genoegsame antwoorde, ek wag nog vir my roerende bates versekering om net asb more hul beloftes na te kom en my wel te kontak, glo 24 uur voor eis geregistreer en senior konsultant my sal kontak. My huis is vandag onveilig verklaar vir bewoning, ABSA versekering was so flink van hul kant. Assessors, ingeneurs ens was reeds daar, ABSA sal self n rescue en skoonmaak span instuur en alles uitpluk en net die leë huis los en laat rus totdat al die water sy loop en alles gedoen het. Dan sal alles van vooraf begin.

En asb net vir almal sê, my hondjie wat so rondloop en flink daar tussen die video's gehardloop is, sy is veilig en saam vriende op die plaas en gelukkig. Dankie Johan en Sonette.
My kat, Kayla waaroor my hart so seer was, sy is so angstig en bang en sy is vanaand in n "catery" ingeboek. Arme dingetjie verstaan niks nie.

Dan wil ek net weer vir elkeen, vreemdelinge, vriende, kennisse, familie, kinders so baie dankie sê vir jul oproepe, boodskappe, messenger boodskappe, whatsapp's. Jul woorde van bemoediging, krag en ondersteuning, elkeen beteken so so baie. Jul sal nie glo hoe ek dit waardeer nie.

My skoonma, ma baie dankie. Ek het in een dag tot ma se huishouding kom omkrap, baie baie dankie vir n warm bed, warm maaltyd, my net vasdruk. Dankie ma.

Dankie, duisende dankies.

Wanda Horn18 NB

 Lees ook ons vorige en verwante artikels hieroor:

Wolkbreuk rig reuse-skade aan in Mosselbaai/Hartenbos

Onse eie Water-kaskenades van Sondag  29 september 2019 - huiseienaar se humoristiese herskouing

Seemeeuparkers se vrese, verlies en frustrasies word net erger namate hofsaak sloer en nuwe huise verrys

Seemeeupark-huiseienaars eis miljoene nadat hul spoghuise ineenstort

Seemeeupark: Jy word soos 'n sleg ding op straat uitgesmyt omdat kortpad gevat is met die ontwikkeling. Hoe lank moet ons nog wag?

 

 

Related Articles:
 
'n Groot groep gemeenskapslede en vroue van die aksiegroep Besorgde Vroue van Mosselbaai het vandag met plakkate in en buite die Mosselbaaise landdroshof geregtigheid geëis vir Michaela Booysen (17) wat verlede Sondag wreed vermoor is.

hof Michaela7

Dit het aan die lig gekom dat die 21-jarige beskuldigde, Vusumzi Mafuduka van KwaNonqaba, ook 'n mede-beskuldigde is in 'n ander moordsaak in 2017 toe 'n 19-jarige met 'n mes doodgesteek is.

hof Michaela1

Mafuduka was ten tye van dié voorval ook 19 jaar oud. Een van die vier verdagtes in dié voortslepende saak is intussen vermoor en die saak is glo steeds hangende in die streekhof.

hof Michaela2

Die gemeenskapslede het vanoggend 'n petisielys met meer as 3 000 handtekeninge by die hof ingedien om borgtog aan die beskuldigde teen te staan. Mafuduka het verskyn om aansoek te doen vir regshulp en 'n moontlike borgaansoek.

hof Michaela8

Mej. Tashleen Kadir van die regshulpraad is as sy regsverteenwoordiger aangestel en sy borgaansoek is laat vaar. Hy bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning op 30 Oktober 2019.

Mafuduka is een van drie verdagtes wat kort ná Michaela se dood aangekeer is vir ondervraging. Die tiener is met 'n piksteel oor die kop geslaan toe sy en haar 24-jarige kêrel, Kealin Michaels, glo in die vroeë oggendure in Dywilistraat geloop en gesels het. Net Michaela se swart tekkies is gesteel.

Michaela1

Volgens die ondersoek-beampte, adj. Geoffrey Moos, is die ander twee verdagtes, wat albei maar 17 jaar oud is, intussen vrygelaat weens gebrek aan bewyse en sal hulle as staatsgetuies optree.
Buite die hof het ontstoke gemeenskapslede gesê hulle is keelvol dat daar niks aan die dwelm-, misdaad- en bendeprobleme in Aslapark en omliggende woongebiede gedoen word nie ondanks hul noodkrete.

hof Michaela4

Michaela se dood, asook dié van 'n mede-leerder van Hillcrest Sekondêre Skool, Khuselo Ndanda (17), wat verlede Maandag deur mede-leerders op die skoolterrein met messe doodgesteek is, het 'n kruitvat in die gemeenskap laat ontplof wat al lank prut.

Khuselo Ndanda 4

Vrees is ook uitgespreek dat Michaela se moordverdagte al twee jaar lank vry in die gemeenskap rondloop terwyl hy verhoorafwagtend is in 'n ander moordsaak.

"Ons en ons kinders lewe in vrees terwyl die dwelmbase ons kinders se lewens vernietig. Twaalf laerskoolkinders van 'n plaaslike laerskool is verlede week huis toe gestuur omdat hulle dagga gerook het. Nou vra ek jou - waar kry 12-jariges dagga en tik in die hande en hoekom word die tikhuise en sjebeens waar gesteelde eiendom verkoop of geruil word vir dwelms nie toegemaak nie?

"Ons wys die owerhede waar die tikhuise is en ons word vertel om nie reg in eie hande te neem nie, maar die polisie en owerhede doen niks om die probleem op te los nie!", het 'n ontstoke ouma en een van die vrouegroeplede gesê.

'n Deurnag-biduur (wake) vir Michaela Booysen (17) word eerskomende Woensdagaand 16 Oktober 2019 om 19:00 in die St Blaize Rooms-Katolieke Kerk in Sampsonstraat, Uitbreiding 23, gehou.

 

Lees ook meer hier: http://www.mosselbayontheline.co.za/…/gemeenskap-staan-borg…

Image may contain: 27 people, people smiling
Image may contain: 1 person
Image may contain: 1 person, smiling, closeup and outdoor
Image may contain: one or more people and indoor
 
 
 
 
 
Geweldsmisaad in Mosselbaai ruk nou handuit
14 Oktober 2019 

Ná 'n heerlike sportfeesnaweek in sonnige weer het die Maandag in Mosselbaai wéér met 'n donker wolk van geweldsmisdaad aangebreek . . .

In twee gevalle is mense met vuurwapens deur rowers aangehou en beroof, terwyl 'n man en 'n 14-jarige ook in een van die voorvalle raakgeskiet is.

In die eerste geval gisteraand omstreeks 20:30 is werknemers by 'n taverne in Civic Park - bekend as Hemo se Tavern - deur drie gewapende mans oorval en gyselaar gehou terwyl die rowers die kassier kort voor toemaaktyd gedwing het om die kluis oop te sluit.

Die rowers het met 'n onbekende bedrag geld gevlug. 'n Skoot wat blindelings afgevuur is, het blykbaar 'n man en 'n 14-jarige skrams getref.

In 'n ander voorval is 'n egpaar van Mosselstraat in Glentana vanoggend omstreeks 03:00 deur vier gewapende mans wat met klapmusse vermom was, oorval, vasgebind en gevange gehou terwyl die rowers die huis leeggedra het.

Die vrou het na bewering iemand deur die badkamervenster op die onderste verdieping gesien en haar man op die boonste verdieping geroep.

Toe hy haar te hulp snel, het hy hom vasgeloop in drie mans by die voordeur. Een van die rowers het 'n vuurwapen op die slagoffer gerig en hom beveel om terug te staan, waarop hy die ruit langs die voordeur stukkend geskiet het.

Die vier rowers het die egpaar op stoele laat sit en hul hande en voete vasgebind voordat hulle die huis deursoek het.
Hulle het weggekom met goedere ter waarde van sowat R72 000, waaronder 'n TV-stel, selfone, 'n kamera, skootrekenaars en juwele.
Sover bekend is die egpaar nie ernstig beseer nie.

Niemand is nog in hegtenis geneem in enige van die twee voorvalle nie en mense met inligting wat dalk in die ondersoek kan help, word versoek om die polisie in KwaNonqaba en Groot-Brakrivier onderskeidelik te bel.

https://web.facebook.com/mosselbayontheline/posts/2515767918654460?

Image may contain: one or more people
 
 
 
 
 
 
Related Articles: